Plaaslike winterkopies
Plaaslike winterkopies

Plaaslike winter-modekopies

Verlede winter het die meeste van ons kaste reggepak en min gekoop; hierdie winter het ek besluit om te belê in ’n paar plaaslike winter-modekopies. Met gemak en kwaliteit ’n voorvereiste. Deur Suzanne Kotzé

So lief soos ek daarvoor is om mode-inkopies te doen, het die streng inperking en kaste regpak, wegpak en uitgooi my wel twee keer laat dink oor hoe ek koop. Ek koop beslis minder en fokus op klere wat langer kan hou en meer gedra kan word. Jare gelede het ek ’n vertoning van die Britse TV-persoonlikhede Trinny & Susannah bygewoon, en as ek een ding baie goed onthou is dit hulle ‘cost per wear’ raad.

So dit help nie jy koop iets goedkoops omdat dit goedkoop is en jy dra dit net een keer nie, want dan is dit duur.

Koop jy egter iets duurder en duursaam en jy dra dit baie, is dit nie duur nie. Deel die prys deur die aantel kere wat jy dit dra. 

Plaaslike winter-modekopies

Klein leersakkie

Ek is gaande oor die plaaslike ontwerper Missibaba se handsakke. Behalwe vir die hoeveelheid detail en goeie vakmanskap is een van die ander dinge waarvan ek die meeste hou hoe mooi al die sakke binne uitgevoer is. Hierdie sakkie dra ek byna daagliks vandat ek dit so ’n paar maande gelede gekoop het. Ek dra dit dwars oor my lyf met my beursie, foon en masker binne-in en dit is ook al wat ’n mens deesdae nodig het. 

Soortgelyke sakkies hier (die style verander gereeld)

R2400 vir die Happy Dumpling sak, Missibaba

’n Jas wat gemaklik pas

Ek is gaande oor die Waterfall Coat (R1600) van Erre. Gooi hom oor en siedaar lyk jeans en ’n T-hemp elegant. Die jas is vir my soos ’n kruis tussen ’n lang oopknooptrui (cardigan) en ’n jas. Dit is so gemaklik soos ’n ligte trui, maar so elegant soos ’n jas. 

Plat leerstewels

Ek sukkel altyd met stewels. Óf die hakke is te hoog óf dit wil nie om my kuite pas nie. As ek ’n paar soos die Low Rider Boot (R2200) van Kaapse ontwerper Hannah Lavery kry, koop ek dit dadelik, want ek weet my cost per wear gaan goed wees. Ek dra gewoonlik gemaklike stewels vir baie jare en laat dit gereeld versool en sien leerstewels daarom as ’n belegging en kies eerder klassieke style. Ek dra die stewels pal saam met my opgerolde boyfriend jeans (en my Erre jas) of saam met langer gebreide rompe.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Oscar de la Renta Bella Tropicale
Word meegevoer deur die tropiese Oscar de la Renta Bella Tropicale fyngeur
error: Content is protected !!