Pantone se 2024 kleur van die jaar is “Peach Fuzz”, wat deur die Pantone Institute beskryf word as ’n sagte perske skakering so tussen pienk en oranje. Ons loer na wie die kleur kan dra en ‘n paar moet-hê “Peach Fuzz” mode-items wat ’n modieuse element na enige uitrusting sal bring. Deur Justine Kroes
02/02/2024
Meer oor ‘Peach Fuzz’
Ons sien elke jaar uit na die aankondiging van die volgende Pantone kleur van die jaar en hoe die mode-, dekor- en skoonheidswêrelde rondom ons hierdie kleurvoorspelling aanpak.
Die direkteur van die Pantone Institute, Laurie Pressman, beskryf die skakering so:
“’n helende kleur wat ’n spasie skep om te net te wees, te herkalibreer asook ’n spasie om heel en stil te raak en vanuit daardie spasie te floreer”.
Hierdie sagte oranje/salmpienk skakering is ’n amper neutrale skakering. Ons was verbaas om te sien by hoe baie ander kleure by die “Peach Fuzz” pas.

Op die loopplanke by Patou, Alaia, Missoni, Denzil Patrick en Prabal Garung (spring summer 2024) het manne sowel as vroue ewe netjies gelyk in hierdie sagte perske skakering.
Die kleurkenner se raad
Stylkonsultant en kleurkenner Susra Matthee verduidelik “Die Peach Fuzz is ’n mooi maar tricky skakering om te dra indien jy dit naby jou gesig wil dra – omrede die perske skakering nie by baie veltone pas nie. Dit raak baie ingewikkeld – die veltone wat wel die kleur kan dra wissel tussen “cool light, warm light en dark cool”, in ander woorde beteken dit die met sekere ligte gelaatstrekke en ander met sekere donker gelaatstrekke sal dit kan dra. Dus sal sekere ligtekoppe en sekere donkerkoppe goed lyk hierin (maar ook nie almal nie).

As jy onseker is, sê Susra, hou die kledingstuk met die “peach fuzz” skakering naby jou gesig en kyk of dit jou vaal en uitgewas laat lyk. As jy huiwerig voel en glad nie weet nie, sou my voorstel wees om die sagte perskeskakering eerder in ‘n romp, broek, of bykomstigheid te dra verder weg van die gesig af eerder as ‘n kop tot tone uitrusting.
Hier is ’n klompie “Peach Fuzz” mode-items:
Kop tot tone “Peach Fuzz”
Broek en rompe
Hierdie is perfek as jy nie seker is oor die skakering naby jou gesig nie, ons is ook verbaas by hoeveel ander kleurskakerings hierdie sagte perskekleur pas.
Bykomstighede
Ons sê dit weer, bykomstighede is die heel maklikste manier om met ’n modetrend soos die “Peach Fuzz” skakering te eksperimenteer. Dit laat jou lyk asof jy weet wat tans in die modewêreld gons, en is ook ’n maklike manier om te toets of jy werklik daarvan hou om die kleur te dra.