pastel mode
pastel mode

Pastelle vir die winter? Ja beslis!

Dit mag dalk vreemd voel om pastelkleure vir die winter te kies, roomyskleure wat gewoonlik volop is in modewinkels tydens die lente en somermaande. Hierdie winter is pastelle, van kop tot tone, of selfs net ’n tikkie daarvan, ’n moet. As jy huiwerig is, lees gerus hier: Deur Justine Kroes

Dra jou pastelle vir die winter so:

Trendkonsultant vir Woolworths, Hina Rahman Reynolds, het onlangs by ’n stylwerkswinkel die pastel trend so mooi uitgebeeld –

“Hierdie seisoen se pastelkleure lyk soos ’n boksie makrolletjies – die allermooiste sagte en ook helder pastel skakerings saam.”

Hina Rahman Reynolds,

Vanjaar se winterpastelle is hier om te bly danksy die afgelope jaar van inperking en daardie gevoel van angs en onsekerheid wat by ons almal opgeduik het. Daar word geglo dat, as jy pastel skakerings aantrek, laat dit jou kalm, koelkop en rustig voel, en met winter hier is die snoesige teksture daarby ’n bonus.

As jy dalk skrikkerig is dat jy soos ’n tiener sal lyk in jou pastelklere, hier is ’n paar wenke oor hoe om dit te dra vir die winter en steeds gesofistikeerd te lyk:

1. Pastel bykomstighede

Dit is die makslikste (en goedkoopste) manier om te wys dat jy weet wat in die mode wêreld aangaan. Kies ’n handsak, serp, hoed, warm mussie of selfs skoene in ’n pastel skakerings by jou uitrusting.

That Shoe Lady Jeffrey Campbell Lenna Shoe (R2999)
Superbalist Elle Crossbody Bag (R299)
Mango Scarf (R399 Superbalist)
Country Road Zoe Bucket Bag (R1299 Woolworths)
Trenery Bini Embossed Belt (R292 Woolworths)
That Shoe Lady Dr Martens Vintage (R4699)

2. ‘n Pastel baadjie of jas

’n Pastel baadjie of jas hierdie seisoen is die perfekte manier om warm te bly maar ook modieus te lyk. Kies enige styl, ’n pofbaadjie, leerbaadjie of selfs ’n teddy-jas in pastelkleure -al die bogenoemde is hierdie seisoen ’n modewenner.

Wenk: Onthou as jy oorgroot of pofferige jasse en baadjies dra, hou die res van jou uitrusting noupassend sodat jou lyfvorm nie heeltemal verlore gaan nie.

Factorie Longline Teddy Jacket (R899 Superbailst)

3. Dra pastelle by jou denim

Een van die gewildste kombinasies vir ’n pastel-uitrusting is ’n poeierblou trui by jou ligte denim. Persoonlike stylkonsultant vir Trenery, Sally Mackinnon, sê denim werk fantasties (amper die heel beste) by pastel skakerings,

“Denim en pastel is ’n maklike kombinasie om by die huis self te probeer. Of dit nou jou poeierblou trui by jou denim is of jou denimbaadjie bo oor jou pastelkleur rok, die resultaat lyk moeiteloos maar steeds sjiek”.

Sally Mackinnon vir Trenery
Trenery Cotton Logo Sweatshirt (R799 Woolworths)
Blake Ribbed Knit Sweater (R399 Superbalist)
Trenery Merino Cashmere Cable Knit (R1599 Woolworths)
Mango Cardigan (R799 Superbalist)
Country Road Long Fringe Ribbed Scarf (R899 Woolworths)
Country Road Boucle Cardigan (R999)

4. Dra jou pastelle by neutrale kleure

Die neutrale wat die maklikste is om met pastelle te meng en pas, is beige, wit, swart en grys. By dié skakerings kan jy eindelose stylopsies saam sit. Besluit vooraf of die neutral- of die pastelkleur jou hoof fokuspunt gaan wees en stileer jou bykomstighede daarvolgens.

Trenery Wool Yak Stitch Detail Knit (R899 Woolworths)
Trenery Merino Cashmere Cable Rollneck (R1599 Woolworths)
Trenery Merino Alpaca Stripe Knit (R1499 Woolworths)

5. Dra pastelle van kop tot tone

Kies eerder effens verskillende skakerings van jou pastelkleur (ligter en donkerder) as jy toon-tot-kroon pastelle aanpak. Eksperimenteer met teksture van materiale wat in ’n soortgelyke skakering voorkom, byvoorbeeld ’n syromp, ’n gebreide trui met ’n meltonjas bo-oor. Die teksture skep diepte en sal voorkom dat jy soos ’n reuse eenkleur marshmallow lyk.

Selfs al is dit effense kleur- of tekstuurverskille kan jy dadelik meer definisie skep en jou figuur vlei.

Fotos: Country Road

6. Kleurblok of meng-en-pas pastelpatrone

Dra dramatiese pastelle en kombineer verskillende skakerings in jou uitrusting. As jy huiwerig is, begin dalk by een kledingstuk, byvoorbeeld in pienk en ’n bykomstigheid soos ’n handsak in lila.

Jy kan selfs kleurblok met sagter en helderder pastelskakerings, dit skep ook diepte en is vleiend vir enige lyfvorm. ’n Paar opsies wat goed saam werk is pastel ienk en helderrooi, mentgroen en donker-groen, sagte appelkoos by ’n helderder oranje kledingstuk.

The Romantic Collective Pastel City Dress (R760)

Nog van ons gunsteling pastelle, koop dit hier:

Superbalist crossbody bag purple (R349)
Cotton On Long Sleeve Mini Dress (R549)
Mr Price Colour Block Chunky Trainer (R219,99)
Mango Pastel Blue Blouse (R699)
Mr Price Shoulder Bag (R119,99)
Mr Price Quilted Slip On Stilettos (R100)
Country Road Shirt Dress (R1799 Woolworths)
RUBI Phoebe Brushed Tassel Scarf (R249)
That Shoe Lady Mint Green Pastel Dr Martens Vintage (R3499)
RE by Woolworths Fluffy Funnel Neck Sweatshirt (R449)
Mr Price Lilac Pleated Mid Skirt (R199)

The Romantic Collective Pastel City Skirt (R620)

Lees ook: 9 foute wat jy maak wanneer jy klere koop; Boetiekkenners gee raad

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sjiek-staatmaker; die wit kraaghemp
error: Content is protected !!