9 foute wat jy maak wanneer jy klere koop; Boetiekkenners gee raad

Ons het vir vyf van ons gunsteling boetieks gevra wat die grootste foute is wat hul vroue gereeld sien maak. Ons is self skuldig aan ’n paar van die foute, is jy dalk ook? Lees gerus meer oor die boetiekkenners – Nicci Boutiques, Therapy, Desray en Habits se kundige raad en advies. Deur Justine Kroes

1. Jy skuif nie uit jou mode gemaksone nie

Die boetiekkenners van Nicci Boutiques sê: “Wees versigtig as jy nooit nuwe style en klere aanpak nie om nie in ’n stylgroef te verval nie. Dit is belangrik om elke nou en dan te eksperimenteer met nuwe modes, skakerings en trends. Om jou voorkoms te verfris gee jou daardie jeugdige edge en verhoed dat jy outyds lyk. Onthou om, nadat jy inkopies vir nuwe klere gedoen het, jou ou klere wat jy nie graag meer dra nie vir ’n liefdadigheidsorganisasie te skenk.”

Nicci Boutiques

Ons vriende by Therapy Boutique stem saam “Partykeer is dit nodig om buite jou gemaksone te beweeg – probeer ’n nuwe styl, hoe moeilik dit ookal mag wees, jy mag dalk net verras wees met jou voorkoms!”

2. Jy koop die verkeerde grootte

Voormalige eienaar van Purr Clothing Francisca Nieuwoudt van verduidelik dit so goed:

”Respekteer en wees lief vir die lyf wat jy vandag het en maak aankoop keuses vir nou sodat jy daai items onmiddelik kan geniet.”

Francisca Nieuwoudt

“Om ’n groter grootte te moet neem maak nie van jou ‘n mislukking nie. Kies kledingstukke wat reg, goed en gemaklik pas. Moenie behep wees met die grootte wat jy voel jy behoort te dra nie – elke ontwerper se snitte verskil en jy sal nie altyd byvoorbeeld ’n medium wees in elke kledingstuk nie. Dit is nie wat op die grootte-etiket staan wat belangrik is nie, en as dit jou werklik pla, knip dit uit en vergeet daarvan.”

Die boetiekkenners span by Nicci Boutiques stem hiermee saam “groter vroue met kurwes wat oorgroot klere dra met die hoop dat dit sekere areas sal wegsteek en verbloem. Dit doen feitlik die teenoorgestelde en laat jou groter lyk as wat jy werklik is. Omhels daardie kurwes en kies klere om dit te beklemtoon, nie weg te steek nie.”

3. Jy maak gereeld impulsiewe kopies

Die Habits span glo: “Bestee eerder jou geld aan ’n volhoubare en veelsydige kapsule-klerekas eerder as om geld te mors op quick-fix mode-items.”

Habits botiek in Kaapstad

Die Desray boetiekkenners se raad om impulsiewe kopies te verhoed:

  • “Weet waarvoor jy inkopies gaan doen voor jy die winkels besoek, maak ’n lysie van items wat jy werklik in jou klerekas benodig.
  • Dink aan jou gunsteling ‘styl-ikoon’ en kies net die items waarvan jy hou om dit jou eie te maak. Gebruik Pinterest of mood boards om jou eie navorsing te doen.
  • Gaan doen eers inkopies in jou eie kas voor jy werklike klere inkopies doen, jy sal verras wees om agter te kom jy het baie keer reeds die items waarvoor jy soek.
  • Begin met die basiese items eerste, en koop eers daarna meer dramatiese kledingstukke wat ’n stelling maak.”
Die Desray Span

4. Jy verstaan nie jou kleurpalet nie

“Ons sien gereeld vroue wat die verkeerde kleurpalet kies vir hul veltoon, wat jou uitgewas laat lyk en boonop net mooi niks doen vir jou voorkoms nie”. Habits span se boetiekkenners.

“Nie alle skakerings werk vir almal nie, moet nie net die klere koop omdat dit goed lyk aan die model nie. Eksperimenteer met verskillende skakerings, neem fotos (die spieël en kamera vertel gewoonlik twee verskillende stories). As jy steeds onseker is, oorweeg dalk ’n konsultasie met ’n voorkomskonsultant.

Desray Boetiek span

“Kies byvoorbeeld ’n slag ’n ander kleur as swart, dit is ‘hard’ op jou gelaatskleur, kan jou ouer laat lyk (veral daardie donker kringe onder die oë!). Kies dalk eerder navy, of maak seker jy dra nie die swart reg langs jou gesig nie. ’n Serpie in ’n ligter skakering naby jou gesig sal dadelik jou gelaat meer helder laat lyk.” Desray

5. Jy dra die verkeerde onderklere

Die span by die Habits boetiek is altyd so behulpsaam, hul belangrikste raad: “Om die regte onderklere te dra is die belangrikste bykomstigheid wat jy kan dra. Veral belangrik by sekere materiale en styfpassende truie. Ons ken dit almal – die perfekte uitrusting maar die verkeerde onderklere laat als net onnet lyk!”

Boetiekkeners by Habits

“Om die regte onderklere te dra laat jou uitrusting foutloos voorkom en dit gee jou selfvertroue ’n reuse hupstoot as jy gemaklik voel en als pas soos dit moet.” Therapy Boutique

6. Jy hou by ou modereëls

Bridget Pickering Therapy Boutique sê “Breek daardie modereëls darling! Moenie na al die stemme in jou kop luister oor jou ouderdom en hoe jy gepas moet aantrek nie. Gooi al daardie idees van “jy kan of kan nie” by die deur uit en omhels die ouerword-proses en geniet die modes waarvan JY hou!”.

Bridget Pickering van Thereapy Boutique en ontwerper van RuffTung

7. Jy dra ’n uniform

Die boetiekkenners van Desray sê “Moet nie ’n klompie skakerings van iets in presies dieselfde styl koop nie, jy sal baie vinnig verveeld raak en sal sommer lyk asof jy ’n uniform dra.”

desray boetiek eienaar
Desiree mede-eienaar van die Desray Boutiques

Francisca se wenk “Moet nie in die slegte gewoonte verval om altyd dieselfde dinge te koop nie, of dit styl of kleur is nie. Wees nou en dan ’n bietjie waaghalsig en probeer iets nuuts wat nie alreeds in jou klerekas is nie.”

8. Jy is oorhaastig en pas nie aan nie

Francisca van Purr Clothing se raad: “Ruim genoeg tyd in om items aan te pas, want wat jy dink mooi gaan lyk is nie noodwendig die heel beste beskikbare opsie nie. Dit is baie beter om verskillende style, kleure en groottes aan te pas en dan ’n besluit te neem. As jy nie weet waar om te begin nie, vind ’n winkel waar die verkoopsdames goed opgelei is en jou gemaklik laat voel. By Purr is die verkoopsdames eintlik meer soos stiliste en baie kundig oor modeneigings en snitte en hoe om elke kliënt by te staan om goeie aankoopkeuses te maak.”

9. Boetiekkenners sê – Jy dra klere vir “ander”

“Hoewel ons almal na daardie tweede opinie smag moet jy onthou, jy moet dra wat JOU goed gaan laat voel, dit gaan nie net oor wat jou vriendin of ander mense sê nie, jou opinie is die belangrikste.” Therapy Boutique

boetiekenners
Therapy boutique
boetiekkenners
Therapy boutique

Nicci Boutiques stem hiermee saam “Wees gemaklik in jou eie lyf en omhels jou persoonlike styl, filter al die negatiewe opinies uit en wees selfversekerd genoeg om te weet wat die beste pas by jou leefstyl en lyfvorm”.

Lees ook: Ons gunsteling ontwerpers by vanjaar se SAFW

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Zetske van Pletzen se 5 moet-hê mode-items
error: Content is protected !!