Winter beteken vir ons “leef in jou pantoffels soveel as wat jy kan”! Ons spandeer al lankal ons hakke-begroting aan mooi en gemaklike pantoffels. Elke mens het ’n gunsteling pantoffelstyl as voorkeur, vanaf aanglip, stewel tot wol of slider pantoffels. Loer hier vir 12 van die gunsteling pantoffels nou op ons koue voete radar. Deur Justine Kroes
13/05/2022
Stewelpantoffels
Veelsydig en tik al die nodige pantoffelboksies, warm, (vir hakke, enkels en tone!). Boonop cool omdat dit eintlik ’n stewel is wat ons saam met denims of slenterdrag winkels toe kan dra!
Slider-pantoffels
Justine en Suzanne se gunstelinge – pantoffels maar ook tegelyk lekker aanglipskoene vir wanneer ons vinnig kinders moet oplaai. Die styl is beslis nie vir almal nie maar dit is so gemaklik en veelsydig, boonop hou dit jou voete lieflik warm. Die meeste daarvan het ’n praktiese rubbersool, en jy kan jou donserige slider dra met jou pajamadrag tuis of selfs winkel toe vir ’n ubergemaklike uitstappievoorkoms.
Aanglippantoffels
In die aande is ’n aanglippantoffel ideaal vir Mammas (soos ek!) wat nog pajamadril in die middel van die nag moet doen. Maklik om aan te glip in die donker en steeds warm genoeg om vriesende voete te voorkom.
Wolpantoffels
Het jy geweet wol absorbeer tot en met 15% van sy gewig in water, wat beteken wol absorbeer enige sweet en hou jou voete droog. Die veselstruktuur van wol laat toe dat vog van binne af deur die pantoffel verdamp. Wol is ook bekend vir sy insulerende eienskappe en behou hitte vir langer. Hier is ’n paar gunstelinge: