Paasfees-pret, hier’s 13 Paasuitstappie-idees vir die hele gesin

Ons het die soekwerk gedoen sodat jy nie hoef nie. Kapenaars hier is 13 Paasvieringe wat jy kan bespreek in en rondom Kaapstad. Vinnig spring, Paasnaweek is amper hier!

Van luilekker aansit etes, piekniek uitstappies en versteekte Paaseiers tussen wingerde of  pragtuin-skattesoektogte hier is 13 Paasuitstappie-idees, en iets vir elke gesin. Deur Justine Kroes

Paasuitstappies, hier’s 13 idees:

1. Paasfees by Blaauwklippen

Met ’n kaart in die hand verken kinders die tuine, versamel stempels by toegewyde stasies, en sodra al die stempels ingesamel is, ontvang hulle hul spesiale Paasmandjie gevul met lekkernye.

  • Datum: Sondag, 5 April 2026
  • Tydgleuwe: 11:00 of 14:00
  • Kaartjies: R150 per kind* (12 jaar en jonger) sluit ’n individuele Paaspakkie in
  • Bespreek ’n tydgleuf – 11:00 of 14:00
  • Arriveer asseblief 10 minute vroeër vir  die skattejag begin stiptelik.

Belangrik: Beperkte plekke – kaartjies verkoop vinnig uit, bespreek hier

2. Paasete of High Tea by The President Hotel

Paasfees by President Hotel

Easter High Tea

Saterdag, 4 April 2026 | 14:00

Geniet ‘n luukse high tea met ’n Rooibos Spritz, vioolmusiek en kinderaktiwiteite.

R445 volwassenes | R275 kinders

Fees Sondag Middagete

Sondag, 5 April 2026 | 13:00

Buffet, musiek en pret vir kinders (Paaseier-soektog & gesigverf).

R645 volwassene | R355 kind

Kinderaktiwiteite sluit in:

Boba maak, gesigverf, versier paaseiers, paaseier-soektog

Bespreking noodsaaklik: WhatsApp 071 368 9529 | bookings@presidenthotel.co.za | www.presidenthotel.co.za

3. Boschendal Wine Estate

’n Kreatiewe Paas-avontuur vir kinders

Boschendal bied hierdie Paasfees ’n onvergeetlike “Artventure” vir kinders, waar elke deelnemer ’n begeleide Paaseierjag geniet—kompleet met hasie-ore en heerlike sjokolade lekkernye.

Die jag begin by die Werf-piekniekarea, en daar is ook ’n verskeidenheid prettige aktiwiteite soos wortelgooi-speletjies, eier-en-lepel-resies en ’n “bunny hop” hindernisbaan. As ’n spesiale ekstra ontvang kinders ook ’n saad-“eier” om tuis te plant.

Koste: R380 per kind | Bespreek via Quicket

Wanneer: 4 – 6 April 2026 | Tydgleuwe: 10:00, 11:00, 12:00 en 13:00

Waar: Pnielweg, Groot Drakenstein, Franschhoek

4. Century City Intaka Island Paaseier soektog

Intaka Island paaseier soektog sluit in; ’n paas-tema gesigverfstasie aangebied deur die Property World-span, en – as jy gelukkig genoeg is om hulle raak te sien – ’n opwindende fotogeleentheid saam met Captain Feathers!

Elke sessie duur 60 minute, so maak seker jy bespreek die tydgleuf wat jou die beste pas. Daar is beperkte plekke per sessie beskikbaar, so moenie hierdie een misloop nie!

Koste Kinders: R85 (sluit Paaseiers en aktiwiteit in). Kinders tussen 2 – 7 jaar moet deur ’n ouer/voog vergesel word.

Volwassenes: R37 (slegs toegang).

Hierdie prettige avontuur word aanbeveel vir kinders tussen 3 – 13 jaar, maar alle ouderdomme is welkom.

Beskikbare tydgleuwe:

  • 08:00 – 09:00
  • 10:00 – 11:00
  • 12:00 – 13:00
  • 14:00 – 15:00

Vir meer inligting, e-pos info@intaka.co.za of skakel 021 552 6889. Intaka Island is ’n voëlreservaat – geen honde word toegelaat nie.

Bespreek op Quicket hier

5. Vergelegen Wynlandgoed

’n Klassieke tuin-Paaservaring vir kleintjies

Geleë op een van die Kaap se mees ikoniese landgoedere, vind Vergelegen se Paaseierjag plaas in hul pragtige Octagonal Garden kompleet met hasie-ore, mandjies en hope versteekte lekkernye.

Wat om te verwag:

  • Tradisionele Paaseierjag in die tuine
  • Hasie-ore en mandjies asook paaseiers ingesluit
  • Veilige, gestruktureerde ervaring vir jonger kinders
  • Beste vir kinders 10 jaar en onder

Koste: ± R425 per kind

Besprekings: Via webwerf (noodsaaklik, beperkte plekke) klik hier.

6. Spier skattesoektog

Spier Wynplaas bied hierdie Paasfees ’n interaktiewe Paas-skattesoektog waar kinders hul breinkrag moet gebruik om verskeie leidrade op te los. Met ’n kaart in die hand moet klein avonturiers vyf leidrade versamel voordat hulle dit kan inruil vir ’n spesiale Paasverrassing.

Terwyl die kinders op hul soektog is, kan ouers ontspan en wyne geniet by verskeie proestasies langs die roete. Die ervaring is die geskikste vir kinders tussen 3 en 12 jaar.

Wanneer: 3 – 5 April 2026

Waar: Spier Wynplaas, R310, Baden Powell-rylaan, Lynedoch, Stellenbosch

Besprekings: Via Spier se webwerf of Quicket

Stylvol-wenk: Bespreek ’n piekniekplek en maak ’n hele dag daarvan in die Wynlande.

7. LEO Sky Farm piekniekdag

Vier Paasfees in die hart van die Wynlande met ’n ontspanne middag op die grasperke by LEO Sky Farm. Dis die perfekte kombinasie van vars lug, goeie kos en gesinspret in ’n pragtige omgewing.

Wat om te verwag:

  • Paaseierjag vir kinders
  • Ontmoet die Paashaas
  • Lewendige musiek
  • Kosvragmotors en Fleet Coffee
  • Gesigverf en speletjies
  • Ontmoet die plaas se donkies

Bring jou eie piekniekkombers en mandjie en maak jouself tuis onder die oop Wynland-lug.

Bonus: Hou uit vir die Goue Eier—jy kan ’n 2-nag verblyf vir 4 by LEO Sky Farm wen (T’s & C’s geld).

Koste: R150 per persoon (kinders onder 2 gratis) bespreek op Quicket

Belangrik: Geen eie drankies toegelaat nie | Kontantkroeg beskikbaar

MiniMakers paasvieringe:

8. Mini Makers: Teddy Bear & Popcorn

’n Speelse, kreatiewe werkswinkel waar kinders hul eie sagte teddiebeer-tema ervaring geniet, saam met popcorn-lekkernye. Perfek vir ’n ontspanne, hande-vuil Paasaktiwiteit met ’n fokus op pret en kreatiwiteit.

Klik hier om te bespreek op Quicket

9. Mini Makers: Bracelet & Keyring Making

’n Kreatiewe maak-en-neem werkswinkel waar kinders hul eie armbandjies en sleutelhouers ontwerp. Ideaal vir klein makers wat hou van kleur, handwerk en persoonlike bykomstighede.

Klik hier om te bespreek op Quicket

10. Bunny Bag Workshop & Easter Egg Hunt

’n Kombinasie van kreatiwiteit en Paaspret—kinders maak hul eie hasie-sakkie en neem daarna deel aan ’n Paaseierjag. ’n Lekker gebalanseerde ervaring van knutsel + avontuur, met ’n feestelike Paasgevoel.

Klik hier om te bespreek op Quicket

11. Steenberg Plaas

Vir dié wat ’n rustiger, meer gekureerde ervaring verkies, bied Steenberg ’n boetiek-styl Paaseierjag saam met ’n pragtige eetervaring.

By Tryn skep sjef Kerry Kilpin gunstelinggeregte met ’n moderne aanslag, plaaslike volhoubare bestanddele met ’n globale flair.

Geniet ’n heerlike 3-gang Paasete met keuses, plus: amuse-bouche, warm kruisbolletjies, ’n sorbet, sjokoladetruffel en ’n glas Steenberg Chardonnay Cap Classique. Kinders geniet ‘n 2 gang ete plus die paaseier soektog.

Wat om te verwag:

  • Paaseierjag deur tuine en wingerde
  • Tematiese mandjies en lekkernye
  • Perfek om te kombineer met ’n ontspanne Paasete

Koste R955 per persoon

Kinders: R450 (2 gang maaltyd plus paaseier soektog)

Datum Sondag, 5 April 2026

Tryn middagete: 12pm – 3pm, paaseier soektog 1pm.

Kontak 021 713 7178, info@tryn.co.za

12. The Cellars-Hohenort Hotel

’n Elegante Paasete in die tuine. Vier vanjaar Paassondag by The Conservatory met ’n elegante driegang-middagete in die hart van die historiese tuine. Die spyskaart fokus op seisoenale disse soos gerookte lamsrib met hot cross bun-puree en beet-gekureerde salm sashimi.

Kleintjies word ook bederf met ’n toegewyde kinder-spyskaart, sowel as die jaarlikse Paaseierjag in die tuine ’n perfekte balans tussen verfynde uiteet en gesinspret.

Koste: R895 per volwassene | R425 per kind (sluit driegang-ete en eierjag in)

Besprekings: Bespreek direk met die hotel

Wanneer: 5 April 2026 | 12:00 – 14:30

Waar: 93 Brommersvleiweg, Constantia

13. Durbanville Hills Easter Trail

’n Prag-en-pret Paas-roete vir die hele gesin

Vier Paasfees by Durbanville Hills met ’n unieke soektog dag met The Great Durbanville Hills Easter Trail waar prentjiemooi uitsigte, goeie wyn en gesinspret saamkom. Die plaas bied “The Great Durbanville Hills Easter Trail” aan ’n selfgeleide avontuur oor die landgoed vir beide kinders en volwassenes.

Met ’n geïllustreerde roetekaart in die hand kan gaste vyf pragtige plekke op die plaas verken, van die olyfboord tot wingerduitsigte, terwyl hulle Paasplakkers versamel en leidrade volg na die volgende stop.

Vir kinders gaan dit alles oor die soektog by elke stasie soek hulle ’n versteekte Paasplakker om hul kaart te voltooi. Sodra alles versamel is, kan hulle dit inruil vir ’n soet Paasbederf.

Vir volwassenes sluit die roete ook wynproe-ervarings by uitgesoekte stoppe in die perfekte manier om die uitsigte oor die wingerde en na Tafelberg te geniet.

Koste: R230 per persoon | Kaartjies via Webtickets

Wanneer: 3 – 5 April 2026 | 11:00 daagliks

Waar: Tygerbergweg, Durbanville

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stralende en glansende gelaat; die velsorgreeks vir die alledaagse vrou
error: Content is protected !!