Oulike selfsorgbykomstighede

Ons het onlangs hierdie oulike selfsorgbykomstighede gekoop; ideaal om alleentyd bietjie op te kikker of om ’n tikkie pret by jou daaglikse skoonheidsroetine te voeg. Deur Suzanne Kotzé

13/10/2023

‘Selflove’ badmatjie

100% Cotton Self Love Bath Mat (R99,95 Sheet Street)

Ons het hierdie oulike badmatjie by stilisvriendin Vicki Sleet raakgesien en het dadelik Sheet Street toe gegaan om dit te koop. ’n Wonderlike winskoop wat jou laat lekker voel. (Wees gewaarsku, as jy dogters in die huis het, sal hulle dit dalk wil steel.)

Pienk strikkie kopband

Vir gesigwas of wanneer jy ’n masker wil aansit. Hierdie oulike kopband laat jou sommer soos ’n pin up girl uit die vyftigerjare voel.

100% Cotton Self Love Bath Mat (R99,95 Sheet Street)

Hartjievormige spieëltjie

Ideaal vir ons wat soms sommer so by ons lessenaar grimeer. Die oulike liggie het ’n blou wit liggie (funksie) ideaal vir grimering, en die liggie kan ook verstel word na rooi, blou of pienk.  Dit werk met batterye of met ’n USB-kabel.

Typo Shaped Mirror Desk Lamp (Cotton On)

Handige vingerhoedjies om jou jelverf tuis te verwyder

Hierdie oulike Biosculpture Soakies (R80 vir ’n stel van 10, biosculpture.co.za) is ideaal as jy soos ons, net nie jou jelverf kan uitlos as dit begin lig nie. Vyl jou naels liggies om die seël te breek. Week watte in asetoon (te koop by apteke soos Dischem), sit dit op jou naels en sit dan die soakies bo-oor om dit in plek te hou terwyl jy vir so 10 minute wag voordat jy dit afhaal en die verf verwyder.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Ons nuwe gunsteling staatmaker; selfverbruiningsdruppels vir jou gesig
error: Content is protected !!