haarborsels
haarborsels

Ons gunsteling haarborsels

Van koeke uitkam sonder om aan haarverlenging te trek tot reguit blaas of vir volume; hier is ons gunsteling haarborsels. Jy sal verbaas wees watter verskil die regte haarborsel maak.

Haarborsels vir koeke 

Justine

Denman Tangle Tamer 

Hierdie Denman Tangle Tamer van Dis-Chem (R195) werk so wonderlik, ek kan eenvoudig net daarsonder nie. Ek gebruik dit op nat of droë hare en dit borsel sagkens genoeg sonder om my hare te trek of te breek. Die haartandjies is sag en steek nie my kopvel of trek nie aan my hare nie en die groot plat oppervlak maak dit eenvoudig om my lang hare sonder sukkel uit te borsel, boonop beskadig dit nie my haarverlengings nie. 

Denman Tangle Tamer Ultra (R195 Dis-Chem)

Suzanne

Tangle Teezer Original Detangling Hairbrush

Hierdie klein borseltjie is koningin van koeke uitkam. Ek gebruik dit om my en my kinders se hare. Ek weet daar is mense wat nie hou van die grootte nie, maar ek vind dat dit perfek in my hand pas en my goeie beheer gee om koeke uit te kam. Ek gebruik dit elke keer nadat ek my hare gewas het.

haarborsel tangle theater
Tangle Teezer Original Detangling Hairbrush Holographic Pink R320

Wenk: Klad altyd eers jou hare droog. Plaas een hand teen jou kopvel en hou jou hare vas sodat jy nie jou hare uittrek as jy koeke uikam nie. Begin altyd by jou haarpunte uitkam en werk dan boontoe. 

Haarborsels vir hare reguit droogbaas

Suzanne

Tangle Teezer Smoothing Brush

Ek gebruik hierdie borsel al jare lank. Elke keer as ek kantoor toe gegaan het nadat ek die borsel gebruik het, wou Justine weet: “Was jy by die salon?” Dit laat my hare glad en blink lyk dit is die borsel wat ek die meeste gebruik vir droogblaas.

haarborsels tangle teezer
Tangle Teezer Smoothing Brush (R370)

Psst Hierdie borsel is nie bedoel vir hare kam nie; die tandjies maak seer. My man het eendag die borsel gevat en sy hare gekam en wou toe weet: “Watse snaakse borsels koop jy wat mens so seer maak?”. Hy het beslis sy les geleer om nie weer my borsels te gebruik nie. 

Justine

Tangle Teezer The Round Tool (R370-R390)

Toe ek vireers hierdie borsel van die winkelrak afgehaal het, was ek baie huiwerig, die borsel en haartandjies is hard en van plastiek gemaak. Maar dit was die enigste droogblaas-borsel wat groot genoeg was (hoe groter die borsel hoe gladder en meer reguit kan jy jou hare daarmee blaas). 

Nou is dit al 10 maande later en hierdie is my gunsteling blaasborsel nog ooit! Ek krul graag my hare, maar op haarwasdag blaas ek altyd my hare reguit, en hierdie Tangle Teezer The Round Tool werk soos ’n droom. Ek het Easihair Pro-haarverlengings en hierdie droogblaasborsel haak glad nie aan my verlengings vas nie. 

Tangle Teezer The Round Tool (R390)

Ek het in die verlede altyd gebruik gemaak van ‘n haaryster om my hare ekstra glad te kry (partykeer doen ek steeds, veral wanneer ek haastig is), maar vind dat hierdie borsel my hare glad genoeg blaas. Dus minder hitte-stilering en meer gesonde hare. 

Vir volume

ghd natural bristle radial brush size 2  As my gewone bob-styl net te lank begin word en op my skouers begin hang, gebruik ek graag ’n ronde borsel om volume te gee. So lig ek my punte effens dat dit steeds korter voorkom. Die grootte van die borsel is ideaal vir my hare. Dit werk ook lekker as jy jou punte effens wil in-of uitblaas. Dit gee wonderlike volume op my wortels, sonder om my soos ‘n ‘pof-kop’ te laat lyk. 

Lees ook: Borsel jou hare reguit met die gcd-glide warmborsel

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sothys cryo eye treatment
Porseleinlepels vir pofferige oë met die Sothys Cryo-oogbehandeling
error: Content is protected !!