Oefenklere; bekendes se gunstelinge

Drie bekendes wat hardloop, gim, fietsry, swem, boks en selfs ballet doen, deel met ons waarna hul kyk wanneer hulle oefenklere koop. Hulle deel ook hul gunsteling handelsmerke waarin hulle self oefen en verklap daardie een oefen-item waarop ’n vrou ’n klein bietjie meer geld mag spandeer. Lees gerus wie geniet watter tipe oefening en maak solank ’n inkopielysie vir jou volgende oefenklere-koop sessie. Deur Justine Kroes

17/03/2023

Mia Spies

Joernalis, nuusleser en aanbieder van haar eie TV-program “Wie’s Nuus” bly aan die beweeg met ballet, draf en meer onlangs boks. Mia sê:

“Ek is nou maar eenmaal nie een vir ’n gimnasium nie, ek staan gewoonlik net voor die oefenmasjiene en gewigte en weet nie eintlik wat om te doen nie. Dit is vir my lekker om ’n oefening te doen waar ek kan sien hoe ek vorder en verbeter en ook een wat ek saam met ander mense kan beoefen. Ek is seker maar ’n bietjie van ’n tropdier.”

“Dit is ook vir my belangrik dat dit nie soos oefen moet voel nie, maar eerder soos ’n stokperdjie. Ballet, boks en draf is vir my soveel pret, ek vergeet skoon ek oefen!”

Liezel van der Westhuizen

Bekende aanbieder en kranige sportvrou Liezel van der Westhuizen deel met ons: “Ek geniet enige tipe oefening – en ek is dankbaar dat dit deel vorm van my werk as radio-omroeper vir fiksheidsinsetsels op drie verskillende radiostasies; Cape Talk; KFM 94.5 asook Talk Radio 702.” Dit gun my die geleenthede om klomp verskillende tipes oefeninge te toets en te probeer.

Ek het onlangs deelgeneem aan die Ironman 70.3 wat beteken ek swem, ry fiets en hardloop graag. Ek doen ook kragoefeninge in die gim. Ek geniet ook “Lagree” klasse,

Lagree is ‘n hoë intensiteit lae impak oefening (bekendes soos Kim Kardashian, Jennifer Aniston en Michelle Obama geniet ook Lagree klasse).

Clarita Smit

Die meeste van julle sal vir Clarita Smit ken as modebekende @my.daily.mirror op Instagram. Clarita, ’n sakevrou en ma van twee, sê

“Ek is baie lief vir beweeg, met ‘n bietjie musiek. Ek geniet veral my step en shape klasse by die gim”

My nuwe gunsteling stokperdjie is om te draf met musiek.

Waarna kyk jy wanneer jy oefenklere kies/koop?

Mia kies kwaliteit bo kwantiteit:

“My oefenuniform is ’n swart spanbroek, ’n hemp en tekkies, dit laat my gemaklik en selfversekerd voel. Dis nie lekker om te oefen as jy selfbewus in ongemaklike klere voel nie. Ek het een paar tekkies, 5 oefenhemde en 5 oefenbroeke en hulle lyk almal dieselfde, alles swart. Ek volg nie modegiere nie, as ek ’n item kry wat lekker pas en waarvan ek baie hou koop, ek sommer ’n paar daarvan, en dit hou my jare. Ek belê in oefenklere wat van ’n goeie liggewigmateriaal is, reg pas en my nie seermaak of skaaf nie. As ek buite oefen het ek altyd ’n pet en langmouhemp aan om my teen die son te beskerm.”

Liezel kies goeie materiaalstof:

Wanneer dit kom by oefenklere kies, is die “moisture management en breathability” van ’n kledingstuk vir my uiters belangrik. Kwaliteit is ook belangrik en ek is gewoonlik op soek na ’n item wat my nog lank gaan hou. Ek hou veral daarvan om eko-vriendelike oefenklere te kies en volhoubare klerekeuses te maak.

Clarita se oefenklere moet goed pas:

“’n Goeie oefenbra is beslis vir my belagrik en moet goed pas. Ek glo ook natuurlik aan ’n oefenbroek wat my “mamma-pouch” pas en op sy plek kan hou.”

Wat is jou gunsteling oefenklere handelsmerke om te dra?

Mia oefen in:

Mia sê “Ek verkies Nike, Adidas en Under Armour oefenklere.”

Liezel oefen in:

Liezel sê “My gunsteling oefenklere is van ’n Suid-Afrikaanse handelsmerk – Core Merino. Die Core Merino se kledingstukke word van merino skaapwol gemaak. Ek dra die “base layers” wanneer ek oefen tydens somer en wintermaande. Ja, glo dit of nie, wol in die somer! Baie mense weet dit nie, maar wol is ’n fantastiese materiaalstof wat vog absorbeer en jou liggaamstemperatuur reguleer. Ek kry nooit te warm of te koud wanneer ek oefen nie.

Die pluspunt is dat Merinowol produkte reuk-weerstandig is en boonop anti-mikrobiese eienskappe het wat beteken dat slegte bakterieë nie kan bind aan die wol nie. Dit beteken ook dat jy nie so gereeld hierdie kledingstukke hoef te was nie en daar word geen sweet- reuk op die klere agtergelaat of geabsorbeer nie. Ek het dit selfs op ’n 10-dag fietsrytoer oor die Himalayas gedra waar ek nie toegang gehad het tot ’n stort of plek om klere te was nie.”

Vir gim of Lagree klasse dra ek graag Maaji of Under Armour oefenklere.

Liezel by Leopard Lagree

Vir hardloop dra ek Asics. Vir joga dra ek graag my Core Merino jogabroek en Core Merino hemp.

As ’n sakpas oefenklere-opsie geniet ek ook graag die nuwe LIVE FIT reeks van Pick n Pay.

Vir fietsry onderlagies (base layers) dra ek ook my Core Merino oefenklere.

Vir swem kies ek graag Arena.

Clarita oefen in:

Clarita sê Ek is baie lief vir Akima Active se oefenbroeke en leggings, dit sit vir my lekker gemaklik, sak nie af nie en hou daardie “mamma-pouch” in toom.

Ek is ook ’n groot aanhanger van Burnt Clothing – hulle ontwerpe is vir my stylvol, en ek is veral gaande oor hulle sportbra’s. Burnt se oefenbroeke is ook lieflik en bly net mooi waar hulle moet. 

Op watter oefenkledingstuk mag ’n vrou maar gerus ’n bietjie ekstra geld spandeer?

Al drie vroue stem hier saam, ‘n goeie sportbra is beslis ‘n moet.

Mia sê “’n Goeie sportbra. Ek het vir my ’n hoë-impaksportbra gekoop by Under Armour toe ek begin draf het, en dit het die wêreld se verskil gemaak.”

Liezel sê: “Ek sou defnitief sê spandeer daardie ekstra geld op ’n baie goeie sportbra. Ek sien so baie vroue wat hardloop met die verkeerde sportbra. Spandeer die geld en word professioneel gemeet en pas gerus ’n hele klompie aan voor jy koop. Spring op en af in die winkel terwyl jy aanpas en maak seker jy vind iets wat vir jou werk. Onthou ’n hoë impak sportbra word benodig vir hardloop en enige ander hoë impak oefeninge”.

Lees ook: Oefening en jou vel

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die nuwe kragpak; Mia Spies se “power suit” wenke
error: Content is protected !!