Nivea Naturally Good
Nivea Naturally Good

NIVEA Naturally Good

Die nuwe NIVEA Naturally Good gesig-en-lyfreeks bevat bestanddele wat 99% natuurlik is. Die verpakking is ook meer omgewingsvriendelik en die sakpasreeks ruik en voel heerlik vars op jou vel. Deur Suzanne Kotzé

PROMOSIE

Dit is geen geheim dat ek ’n NIVEA aanhanger is nie. En die nuwe Naturally Good reeks is nie net meer omgewingsvriendelik nie, maar ook begrotingsvriendelik. Dis nie aldag dat jy gesigprodukte vir onder R100 kry nie!

Die NIVEA Naturally Good-velsorgreeks

Organiese aalwyn en arganolie is van die bestanddele in die produkte. Net soos die plante bekend is daarvoor om hul eie natuurlike vogvlakke te herstel, só probeer dit dieselfde vir jou vel doen.

NIVEA Naturally Good Organic Aloe Vera Radiance Day Cream (R89,99 vir 50ml)

Hierdie room voel heerlik vars en koel op jou vel. Dit gaan veral lekker wees vir die snikhete somersdae wat op pad is. Organiese aalwyn word al meer as 3000 jaar lank gebruik om vel te heel en bevogtig. Jojoba- en amandelolie is van die ander bestanddele en die room voel nie net vars nie, maar laat jou vel ook varser en helderder lyk.

Organic Argan Oil Regenerating Night Cream (R89,99 vir 50ml)

Hierdie room bevat organiese arganolie wat help om jou vel oornag te vernuwe sodat dit meer soepel voel as jy wakker word. Die arganolie bevat ’n baie hoë konsentrasie vitamienes en help om jou vel te hidreer en diep te voed. Soos die dagroom bevat hierdie room ook Jojoba- en amandelolie. Sy tekstuur is beslis ryker as die ligte dagroom en dit trek goed in.

Ek sou die Nivea Q10 Power Anti-Wrinkle Pearl-in Serum saam met hierdie gebruik, om teenverouding aan te spreek.

Organic Aloe Face Wash (R74,99 vir 150ml)

Ek is mal oor hierdie gesigwasmiddel! Dit voel so lekker vars en bevat ook organiese aalwyn. Ek het dit begin gebruik soggens as ek klaar geoefen het, en dit voel of dit dadelik my warm, rooi gesig afkoel, streel en reining. Dit skilfer ook liggies af en my vel voel skoon, maar glad nie droog of styf na die tyd nie. Nog iets waarvan ek baie hou is dat die bottel van 97% herwinbare materiaal gemaak is.

Die NIVEA Naturally Good-lyfreeks

NIVEA Naturally Good Body Lotions (R74,99 elk vir 350ml)

Die lyfrome word van 98% natuurlike bestanddele gemaak en is beskikaar in

  1. Natural Oat & Nourishment (vir droë tot baie droë vel)
  2. Natural Avocado & Pampering (vir droë vel)
  3. Natural Hemp Seed Oil & Calming  (vir baie droë vel).

Nivea se lyfrome is lank reeds ’n staatmaker vir my en Justine en dit is wonderlik om te weet dat hierdie nuwe formules vegan is. Een van die koelste goed van die bottels is dat dit van 50% minder plastiek gemaak word as enige van Nivea se ander verpakkings.

Die onderkant van die bottel is ook so ontwerp dat jy dit kan uitdruk, soos ’n buis. Dit maak dit makliker om die laaste bietjie te kan uitkry. Die bottels is ook baie ligter en dunner as ander bottels, ideaal vir vlieg, en neem ook minder plek in die drom op. Onthou om die bottels by jou herwinbare vullis te gooi!

NIVEA Naturally Good Oil Infused Shower Gel (R61,99 vir 300ml)

Die stortjel bevat 98% natuurlike bestanddele en die verpakking is meer omgewingsvriendelik en word van hewinbare plastiek gemaak.

Die stortjel is geskik vir droë en sensitiewe velle. Almal in ons huis, (selfs my man en seuns met baie sensitiewe velle) gebruik die stortjel sonder enige probleme. Sodra die jel met water in aanraking kom, verander dit in ’n sagte, liggies borrelende wasmiddel.

Die parfuum wat in die jel gebruik word, is anti-allergenies.

Dit is ook goed om te weet dat die formule 99% bio-afbreekbaar is (dit kan dus saam met jou gryswaterstelsel gebruik word) en dat dit ook veganisties is.

Die jel is beskikbaar in

  1. Cotton Flower Scent & Organic Oil Enriched (my gunsteling-geur)
  2. Honeysuckle Scent & Organic Oil Enriched
  3. Rose Water Scent & Organic Oil Enriched

NIVEA Naturally Good Deodorant (R28,99 vir 50ml)

Die deodorant word van 95% natuurlike bestanddele gemaak. Dit is ook veganisties.

Dit is in 2 geure beskikbaar

  1. Bio Aloe Vera
  2. Bio Green Tea

Albei weergawes ruik heerlik vars. Die deurskynende formule sal ook geen wit merke aan jou klere laat nie.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Pantoffels is op ons wenslysie
error: Content is protected !!