Een van die maklikste maniere om blitsvinnig ’n spasie op te kikker, is om ’n spieël aan die muur te hang. Maar het jy ook al gewonder of jy die regte spieëlvorm of grootte vir jou spasie kies? En of jy jou spieël op die regte plek hang? Die dekorduo van the Home Collective deel hul raad en spieëlkies-wenke. Lees meer hier voor jy jou volgende spieel-inkopie maak: Deur Justine Kroes
28/07/2023
1. Hou die spieëlgrootte en -vorm in gedagte
Heloise Louw van the Home Collective sê “Kies n vertikale spieël as jy wil hoogte wil skep in ’n spasie – dit trek oë opwaarts en laat die spasie meer oop voel. Gebruik oorgroot spieëls in klein spasies wat baie meer lig sal refeklteer (as ’n kleiner spieël) en die spasie groter laat voel. Hoe groter die spieël in skaal hoe groter voel die spasie. Moet nie bang wees om te eksperimenteer met vloer-tot-plafon spieëls in ’n piepklein spasie nie.
In ’n hoekige spasie kan jy gebruik maak van ronde spieëls om die spasie te versag, en wanneer jou meubels baie simplisties is met skoon lyne, kies dalk ’n teenoorgestelde styl spieël vir die spasie met kurwes en versierings. Dink aan jou spieëlkeuse as ’n kunswerk wat jou spasie komplementeer.

2. Balans is belangrik
’n Spieël moet in balans wees met die kassie of console onder hom verduidelik Heloise. Die spieël moet nie weerskante van die kassie oorhang nie en moet verkieslik kleiner wees en net binne die kassie se punte eindig. Indien die spieël baie kleiner is as die Kassie, kan ’n mens ook ’n mooi prent daarmee saam stileer, is Heloise se raad.

3. Die raam en spieël styl maak ’n verskil
Kies die raam van jou spieël noukeurig om die res van jou vertrek te komplementeer. Indien jou styl meer minimalisties is, kies dalk ’n dun of “frameless” spieël, of as jou spasie meer prettig en dopamiene dekor weerspieël, loer na elemente en rame met kurwes of spieëlrame in verskillende skakerings.
4. Waar jy jou spieël hang maak saak

Heloise verduidelik; ’n Groot langwerpige spieël, het die potensiaal om ’n vertrek groter te laat lyk, as dit op die regte plek hang. Maak seker jou spieël reflekteer soveel natuurlike lig as moontlik, ’n bonus sal wees as jou spieël die tuin of enige buite area na binne reflekteer. Dit laat die spasie groter en meer oop vertoon. Indien jy nie ’n venster in ’n vertrek het nie, posisioneer die spieël naby ’n lig – dit kan dieselfde effek skep.
5. Let op die spieël se hoogte
Jou spieël se hoogte moet nooit iemand se kop afsny nie en mense moet ook nie hulle nekke strek om hulself in die spieël te kan sien nie. Die spieël hoort eerder ’n duidelike prentjie te gee van die persoon wat voor die spieël staan. Dus is dit belangrik om korter asook langer mense in ag te neem wanneer jy jou spieël ophang. As jy jou spieel te hoog en na aan die plafon hang kan dit die spasie “disconnected” laat voel.
6. Laat leun die spieël
Dit is ou nuus dat ’n spieël teen ’n muur MOET hang – vandag is dit meer in die mode om jou spieël te laat leun teen die muur of bo op ’n kassie.

7. Spieëls in meubelstukke
Reflekterende elemente of spieëls word deesdae in meubelstukke ook ingesluit – dus kan jy ’n mirrored effek kassie of sideboard gebruik vir ekstra reflekterende lig en om ’n interessante ontwerpelement by jou spasie in te sluit.
Hier is ‘n paar pragtige spieëls wat ons onlangs raakgesien het:
Lees ook: Maak dit self huiskoonmaakprodukte