maak dit self huiskoonmaakprodukte
maak dit self huiskoonmaakprodukte

Maak dit self huisskoonmaakprodukte

Van matsjampoe tot matrasskoonmaak, hierdie maak dit self huisskoonmaakprodukte is so maklik om te maak, en die meeste van die bestanddele het jy waarskynlik tuis. So volgende keer as jy nie die regte skoonmaakmiddel in jou kas het nie, probeer gerus een van die. Deur Suzanne Kotzé

Maak dit self huisskoonmaakprodukte

Maak maar seker jy koop van nou af sommer asyn en koeksoda op groot maat aan! Van hierdie resepte sal jou nie net geld spaar nie, maar dit is ook gerieflik om te gebruik wat jy reeds by die huis het.

Sjampoe vir alle merke

Van matte tot gordyne, tafeldoeke, beddegoed, en klere.

(Hierdie resep het my pa by sy suster gekry, en my ma en pa het al met ’n bottel van hierdie mengsel kom kuier om op my matte en banke te sit, en dit werk!)

Dit het jy nodig

  • 1 x bottel ammoniak
  • 1 x bottel pers spiritus
  • 125 ml Sunlight liquid
  • 5 l lou water

Maak dit so

  1. Gooi alles saam in ’n groot houer (nie plastiek nie) en meng deeglik
  2. Gooi in glasbottels (plastiese houer word deur ammoniak gevreet)
  3. Voor gebruik: gooi twee koppies van die mengsel in 2 l warm water
  4. Wend aan merke met borsel
  5. Klad droog
  6. Skrop liggies met borseltjie of lap

Blomkos vir jou blomme (in blompotte)

Ons het grootgeword in ’n huis vol blomme en my ma gebruik hierdie om blomme langer te laat mooi bly.

Dit het jy nodig

  • 1 eetlepel suiker (gee blomme lewe)
  • 1 teelepel jik (om bakterieë dood te maak )
  • 1 teelepel asyn (om blomme nuwe lewe te gee)
  • 2 l kraanwater

Meng en gooi in blompot om blomme langer te laat hou

Om jou matras skoon te maak

Dit het jy nodig

  • ’n spuitbottel
  • ½ koppie wit asyn
  • ½ koppie afgekoelde kookwater
  • 15 druppels essensiële olie (’n goeie kombinasie is vyf druppels elk laventel, suurlemoen en kruisement)
  • Koeksoda (genoeg om die merke toe te maak, 1-2 houertjies na gelang van die vlekke en merke)
  • Borseltjie
  • Stofsuier (verskieslik een wat ook ’n aparte kop het vir meubels skoonmaak)

Doen dit so

  1. Gooi water, asyn en essensiële olies in ’n spuitbottel
  2. Begin deur eers jou matras te stofsuig
  3. Spuit asynmengsel op vlekke, maar wees versigtig om jou matras nie te nat te maak nie.
  4. Klad droog met ’n lap
  5. Borsel liggies met ’n borseltjie om vlekke te help uitkom (wees versigtig om nie hard te skrop en jou matras te beskadig nie).
  6. Laat staan todat dit droog is, verkieslik in helder sonlig.
  7. Gooi koeksoda (’n sif help vir beter verspreiding) oor die vlekke.
  8. Laat dit staan vir ’n halfuur
  9. Gebruik jou stofsuier (sit die stoffeersel-aanhegting aan as jy een het) om die bakpoeier op te suig (maak seker jy suig in al die voue en nate ook).
  10. Laat jou matras behoorlik droog word voordat jy weer beddegoed oorsit.

Om jou dreine skoon te hou

Hierdie werk veral goed vir kombuiswasbakke!

Dit het jy nodig

  • 1 koppie koeksoda
  • 2 koppies wit asyn
  • Suurlemoensap
  • Lappie

Doen dit so

  1. Gooi die koeksoda by jou prop in, gevolg deur die wit asyn.
  2. Sit ’n skoon lappie bo-oor en laat staan vir 10 minute
  3. Spoel dit met louwarm water af
  4. Gooi ’n bietjie suurlemoensap na die tyd oor (om van die asynreuk ontslae te raak).

Om ontslae te raak van houtsnyborde se reuke

Dit het jy nodig

  • Bakpoeier
  • Suurlemoen

Doen dit so

  1. Maak jou houtbord effens nat
  2. Sprinkel met koeksoda en los vir 10 minute
  3. Vryf met die halwe suurlemoen oor die bord
  4. Spoel af en laat goed droog word

Jou eie gesteriliseerde kombuislappies

Hierdie oulike plan het ons raakgesien by skoonmaak-entoesias Carolina McCauley op Instagram Loer gerus na haar blad vir oulike skoonmaak-idees!

In plaas van die gesteriliseerde weggooilappies wat ’n mens deesdae te koop kry, werk hierdie wonderlik en dit is veel beter vir die omgewing en dit ruik ook heerlik.

Dit het jy nodig

  • ’n glasfles
  • 2 koppies water
  • 1 koppie wit asyn
  • ½ koppie ‘rubbing alcohol’
  • 20 druppels essensiële olies (opsioneel, probeer gerus suurlemoen of kruisement vir ’n lekker vars reuk).

Doen dit so

  • Meng alles in die glasfles en sit jou kombuislappies in die fles.
  • Skud die fles

Gebruik dit om enige oppervlak skoon te vee.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sukkel jy met jou groen vingers? Hier’s hulp vir jou huisplante
error: Content is protected !!