Mooi in monokroom ala Prinses Catherine; bypassende rompe en baadjies

’n Bypassende baadjie en romp is al lank ’n Stylvolstaatmaker en ons is van voor af verlief hierop nadat Prinses Catherine ook in die elegante monokromatiese voorkoms verskyn het. Hier is ’n paar baadjies en rompe wat goed kan saamwerk sodat ons ook koninklik kan lyk. Deur Suzanne Kotzé

Prinses Catherine in haar bypassende Dior romp en baadjie tydens die koninklikes se ontmoeting met Franse president Emmanuel Macron.

Drie redes waarvan ons so baie van die monokromatiese voorkoms hou

1. Dit lyk elegant

Dieselde kleur skep dadelik ’n elegante ‘old money’ gevoel.

2. Lank en slank

Dieselfde skakerings skep ’n vertikale lyn wat jou oog aftrek en kan jou langer en slanker laat lyk.

3. Dit is maklik om te dra

As jy nie weet wat om aan te trek nie, is hierdie altyd ’n maklike staatmaker opsies. En nee die skakerings hoef nie presies dieselfde te wees nie, dit kan een of twee skakerings liger of donkerder wees.

Monokromatiese baadjie en romp opsies

Ja, ons weet dit is nie Dior hierdie nie, maar enige iemand kan sjiek lyk in hierdie meer begrotingsvriendelike opsies.

Posey Petite Blazer (R1799, Forever New) Aurora Pleated Skirt (R1199, Forever New)
Jet Women’s Oatmeal Pleated Skirt (R269, Bash) Exact Women’s Natural Blazer (R399, Bash)
Cropped Blazer (R699, Foschini) Pleated Satin Maxi Skirt (R499, Foschini)
Slim Waist Covered Buttons Blazer (R799, Foschini) Aurora Pleated Skirt (R1199, Forever New)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
bypassende rompe en bostukke
Bypassende rompe en bostukke
error: Content is protected !!