Montblanc Signature Absolue; ’n nuwe geurhoofstuk

Die nuwe fyngeur, Montblanc Signature Absolue, is sprankelend, helder en intens. Vars vrugtige sitrusgeure, sensuele blomme en verleidelike houtnote skep ’n geur wat ideaal is vir vroue wat hul eie karakter wil uitbeeld. Vroue wat nie skroom om hulself uit te druk nie. Deur Suzanne Kotzé

Promosie

Montblanc Signature; ’n fyngeur-handtekening

Links is Montblanc Signature en regs is Montblanc Signature Absolue

In 2020 het Montblanc hulle Signature fyngeur bekendgestel. Aangesien Montblanc se geskiedenis luukse penne is, wou hulle met die fyngeur ’n fyngeur handtekening vir ’n vrou skep. ’n Geur net so persoonlik en uniek soos haar handtekening.

Soos die pen in jou hand verantwoordelik is vir jou handtekening, ink op papier, so is die geur teen jou lyf verantwoordelik vir jou fyngeur-handtekening.

Montblanc Signature Absolue; ’n nuwe geurhoofstuk

Montblanc Signature Absolue EDP kos vanaf R1099 vir 30ml, R1299 vir 50 ml en R1599 vir 90ml. Beskikbaar by Truworths en Foschini winkels en by bash.com

Die nuwe fyngeur Montblanc Signature Absolue gee vroue die geleentheid om hulself uit te druk. Die handgemaakte goue voorpunt (nib) van ’n Montblanc pen word as die ‘siel’ van Montblanc penne beskou, en is die inspirasie agter die sprankelende, dog intense geur.

Hoe ruik Montblanc Signature Absolue?

Parfumiers Meabh McCurtin en Anne Flipo sê: “Ons het hierdie fyngeur ontwerp rondom die idee van ’n vars en sprankelende duo van mandaryn en Williams peer. Omvou in bedwelmende soetemaling en ilang note. As ’n huldeblyk aan vroue se kreatiewe siele, het ons gespeel met die sensuele houtkarakter van tonkabone en sederhout in kontras met die romerige geur van goue amber. 

Montblanc Signature Absolue note

Jy ruik eers die vrugtige geur van mandaryn en Williams peer gemeng met pienk peper, gevolg deur die blommegeur van soetemaling, ilang en frangipani. Tonkabone en sederhout gee die geurdiepte saam met sensuele goue amber.

Wat dink ons van die geur?

Gewoonlik is sitrusgeure vars en vrolik, heerlike elkedagdra somersgeure. Die Montblanc Signature Absolue het ons egter aangenaam verras. Ons is lief vir sitrusgeure, veral op warm dae, maar vir die winter verkies ons iets meer sensueels en dieper. En die fyngeur is beide. Die aanvanklik vrugtige en sitrusgeure gee so ’n tikkie energie en lewenslus, terwyl die blommenote jou verleidelik en vroulik laat voel. Die houtnote gee weer diepte wat die geur laat draal. Dit laat ons voel of ons ’n wip in ons stap het, vol selfvertroue en ’n bietjie verleidelik is, so asof jy ’n geheim het waarvan niemand anders weet nie.

Die mooi bottel en verpakking

’n Mens word beslis ook met jou oë verlei as jy na die verpakking en bottel kyk. Dit is dikwels die klein details, waarvan ’n mens nie eens altyd bewus is nie, wat bydra tot die gevoel van luuksheid.

Die glasbottel se vele kante laat ons dink aan die vele kante van vrouwees. Ons het ’n vrolike kant, ’n verleidelik kant, ’n ernstige dieper kant, om nie eers van al die rolle te praat wat ons daagliks speel nie. Vang die lig die mooi bottel reg, weerkaats die pragtige goudgeel fyngeur daardeur.  Die gesogte Montblanc-embleem is op die doppie, en jy voel klaar luuks en bederf terwyl jy die swaar doppie afhaal. Die oomblik as jy egter die geur aanspuit, begin jou nuwe geurhoofstuk. Geniet dit.

Montblanc signature absolue
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Geskenke vir onderwysers
error: Content is protected !!