The Iris Apfel x H&M
The Iris Apfel x H&M

Stylhemel; Mode-ikoon Iris Apfel sterf op 102

Die legendariese Iris Apfel sterf op die ouderdom van 102. By haar het ons geleer dat jy nooit te oud is om ’n stylikoon te kan wees nie. Deur Suzanne Kotzé

Iris Apfel is op 1 Maart 2024 oorlede in haar huis in  Palm Beach, Florida oorlede.

Wie was Iris Apfel?

Foto H&M

Iris Apfel was bekend vir haar helder kleure, eklektiese styl, OTT bykomstighede en ronde swartraam bril. Sy was skaamteloos haarself en het haarself aan geen modereëls gesteur nie.

Sy is in 1921 in New York gebore en het kuns en mode studeer. Sy het as binneshuise versierder gewerk en later as mode-ontwerper ook.

Blogger en fotograaf Ari Seth Cohen van Advance Style het begin blog oor ouer vroue en hulle afgeneem en hulle styl gewys. Iris Apfel was een van die vroue wat hy afgeneem het. Sy was ook te sien in sy dokumentêr, Advanced Style, wat handel oor ouer vroue en hul styl.

Iris se styl was so legendaries dat van haar kleure selfs al by The Metropolitian Museum of Art in New York, uitgestal is.

In haar negentigs het sy begin model speel vir verskeie mode- en skoonheids-handelsname en het in die voorste ry van internasionale mode-weke gesit. Haar eiesoortige en glad nie vervelige styl het mense van alle ouderdomme, die wêreld oor, en dit sluit ons in, bekoor en aangemoedig om nie bang te wees om hulle eie styl, waarin hulle goed voel, te vier nie.

In 2015 is ’n dokumentêr oor haar persoonlike styl vrygestel. Loer gerus na die voorskou hier:

In 2022 nadat sy 100 geword het, het sy self ‘n The Iris Apfel x H&M versameling bekendgestel.

”Styl gaan nie daaroor om baie geld uit te gee nie. Dit gaan nie oor wat of wie jy dra nie, maar hoe jy voel as jy iets aanhet. Styl handel oor self-uitdrukking, en selfs belangriker, houding.”

Iris Apfel

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Michelle Ludek bubble skirt
Borrelrompe is ons nuwe somerstaatmakers
error: Content is protected !!