Geskenke vir die manne

Wag eers voordat jy daardie soap on a rope, Old Spice of sokkies by dosyne uitkies vir die man/manne in jou lewe. Hier is ’n paar oulike geskenke vir die manne vir Kersfees: Deur Justine Kroes en Suzane Kotze

27/11/2023

Braai, braai en nog braai

Braai enige plek

Met hierdie Everdure by Heston Blumenthal Cube Charcoal Portable Braai (R3 999 yuppiechef.com) kan jou man besluit om enige plek te braai – tydens ’n strandsessie, kamp langs die rivier of selfs by ’n piekniek. Die porselein vuurboks is maklik genoeg om skoon te maak en het ’n gaatjie vir ’n hout snybord, slim! Beskikbaar in swart, grys, khaki en oranje.

Braai blaaie

Leather Braai Glove and Braaiblaai Gift Set (R325) gebruik die karton “braaiblaai” om te keer dat daar op die vloer of braai area gemors word wanneer vleis gedraai word. Die blaai is vol oulike resepte, en wenke om ’n beter “braaier” te word!

Leather Braai Glove and Braaiblaai Gift Set (R325)

Braaibroodjie is ‘n kuns

Jou braaibroodjies sal nooit weer uitmekaar uitval met hierdie slim braaibroodjie “basket” nie

Braaibroodjie basket (R399)

Pizza perfeksie

As jy vuur kan maak kan jy ’n Pizza Braai gebruik – werklik so maklik! 5 minute is al wat jy nodig het vir ’n vuurgebraaide pizza! Die bonus – jou Pizza Braai kan saam met jou op vakansie gaan. Die resepopsies is eindeloos – van pizza tot lamspastei en soete smores is ’n paar van die vele disse wat deur die Pizza Braai span getoets is.

geskenkeidees vir mans
geskenkidees vir mans
Pizza Braai with Pizza Spade and Pizza Cutter (R2949)
pizza brai geskenke idee

Handige stoorplek

Kyk net hoe netjies is die Arrow Leather Goods Knife Roll Bag (R1059 yuppiechef.com). ’n Gaatjie vir elke mes – daar is plek vir 4 kleiner asook 4 groter messe.

geskenkidees vir mans
Arrow Leather Goods Knife Roll Bag (R1059)

Biltong voor die braai

Gebruik hierdie Yuppiechef UltraTec Bamboo Biltong Slicer with Carbide Knife Sharpener (R579) vir biltong of selfs om groente op te sny. Die kerwer het ook ’n plek waar messe skerpgemaak kan word – beslis ’n veelsydige kopie.

UltraTec Bamboo Biltong Slicer with Carbide Knife Sharpener (R579)
UltraTec Bamboo Biltong Slicer with Carbide Knife Sharpener (R579)

Hou dit skoon!

Die is nou ’n ordentlike voorskoot: Arrow Leather Goods Canvas & Leather Apron (R1099 yuppiechef.com)

Stylvol en funksioneel – hierdie voorskoot is ontwerp om te hou – die seil-agtige materiaal vee maklik skoon en die leerafwerkings raak net mooier met tyd!

geskenkidees vir mans
geskenkidees vir mans

Sjiek hoede

’n Panama bly nou maar net ’n stylvolle hoedkeuse, maar is ook nie elke man se styl nie – ’n keps is dalk ook ’n slim geskenkidee. Loer hier na ’n paar mooi opsies:

Woolworths Straw Panama Hat (R229)
Country Road Heritage Cap (R499)
Superdry vintage cap (R499)

Die watersportman

Slim aantreksak

Kyk net hoe handig is die Vissla changing pad (R499,95) Staan bo op die sak om jou wetsuit aan en uit te trek. G’n meer nat swemklere in jou kattebak nie!

Vissla changing pad (R499,95)
Vissla changing pad (R499,95)

Aantrek handdoeke

Hierdie is n moet-hê vir ’n man wat graag surf, SUP of in die see swem – dit maak nie net die langs die kar aantrek- en uittrekproses makliker nie maar is ook so lieflik warm na ’n yskoue swem!

La Roche Apparel Swim & Surf Towels (R950)

’n Netjiese sakke

Is jy ook al moeg vir daardie ou uitgewasde sakke wat jou man alewig inpak? Kies vir hom ’n tydlose naweeksak, laptopsak en oralheen-gaan sak, handig en mooi!

Country Road Organically Grown Cotton Heritage Duffle Bag (R999) beskikbaar in 4 skakerings
Sealand Upcycled Slim Laptop Bag (R1350)
Sealand Recycled Moon Bag (R895)

Drankie fynproewer

Hierdie drankie-bykomstighede is so mooi dit moet eenvoudig uitgestal word.

Poetry Scalloped Bar Tool Set with Wooden Stand (R599)
Poetry Scalloped Bar Tool Set with Wooden Stand (R599)

Vir al daar skemerkelkies:

Country Road Stratford Cocktail Shakers (R699)
Country Road Stratford Cocktail Shakers (R699)

Vergeet van soda en sprankelende water by dosyne aankoop vir jou Aperol en Negronis die feesseisoen – kyk net hoe slim (en o so mooi!) is hierdie Aarke Carbonater 3 (R4 399)

Aarke Carbonater 3 (R4 399)

Stoor die wyn mooi met hierdie Serious Cook Table Top Wine Rack (R649)

Serious Cook Table Top Wine Rack (R649)

’n Lekker water bottel

Manna Moda Sport Navy Blue Bottle 532 ml (R259,99) Hopelik sal hierdie mooi waterbottel die mans aanmoedig om meer water te drink! Hierdie waterbottel beloof om drankies tot en met 24 uur koel te hou en warm drankies tot 12 ure warm te hou. Veral handig vir iemand wat dalk baie reis.

Manna Moda Sport Navy Blue Bottle 532 ml (R259,99)

Vir die metroman

Skeer skoon

Maak versorging en baardskeer net ’n plesier met hierdie slim Philips One Blade 3 Combs Hybrid Styler (R1599) Hierdie elektroniese skeermes kan enige lengte hare knip – vir gebruik op lyf, baard en op jou kop. Die elektroniese skeermes se battery hou tot 45 minute lank.

geskenke mans

ClarinsMEN Stocking Filler (R399 Superbalist) is die ideale grootte produkte vir jou man se reis sakkie.

ClarinsMEN Stocking Filler (R399 Superbalist)

Prettige swembroeke

A Love Supreme se Board Shorts (R690) is ’n beperkte uitgawereeks met die allermooiste patrone. Hierdie swembroeke is gemaak van Poly Micro Peachskin wat super vinnig droog word.

Koffie vir enige plek

Die Wacaco Minipresso Handheld Espresso Maker (R1379 yuppiechef.com) is klein, lig en kompak om in enige sak te druk – al wat jy benodig is gemaalde koffie en warm water vir jou koffie -geen elektrisiteit nodig nie. Loer na die video hier vir aanwysings en om te sien hoe dit werk.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
natuurlike lipkleure
Elkedagse natuurlike lipkleure
error: Content is protected !!