Boer soek ’n vrou aanbieder Marciel Hopkins se modestyl is gemaklik, maar stylvol. Sy vertel meer oor haar styl, gunsteling winkels en gee goeie raad, veral vir vroue met kurwes. Deur Suzanne Kotzé.
Marciel Hopkins se modestyl. So beskryf sy dit.
Girl next door, gemaklik maar stylvol, eenvoudig en prakties.

Haar ‘go-to’ uitrusting?
Jeans, T-hemp en sneakers
Marciel se gunsteling styl:
Bo-stuk
’n Vars, wit V-nek T-hemp in die somer.

Broek
Noupassende denims wat hoog sit in haar middel. “H&M s’n is tans my gunsteling.”

Rok
’n Oorvou somersrok met mooi helder patrone wat om haar middel vasmaak.
Romp
’n Romp wat hoog in haar middel sit en reguit afhang, sonder om uit te klok.

Die items in haar kas waaraan sy die meeste geld bestee?
Jeans
Marciel oor die grootste aantrek-fout wat vroue met kurwes maak.
“Hulle probeer hulle kurwes wegsteek deur klere te dra wat loshang of te groot is vir hulle, wat al hulle natuurlike vorm wegneem.
Vroue met kurwes moet verkieslik klere dra wat stywer sit (figure hugging is), sodat hulle kurwes mooi beklemtoon word.

Marciel se beste stylraad

’n Mens moet klere dra wat by JOU en jou liggaam pas.
Ons hoef nie tendense te volg net omdat dit in die mode is nie. Styl is iets unieks en persoonliks waaroor ons vir onsself kan besluit.
Die beste stylraad wat sy al ontvang het.
“My ma sê altyd dra klere waarin jy gemaklik voel, want jou selfvertroue sal dan natuurlik deurskyn.
“As jy nie gemaklik is met wat jy aan het nie, kan jy nie heeltemal jouself wees nie.”
Annaline Bonthuys Hopkins (Marciel se ma)
Marciel se gunsteling winkels
Jeans – H&M
Onderklere – Woolworths
Rokke – BOH Button
Skoene – Aldo
Marciel Hopkins se modestyl op Boer soek ‘n vrou
Moes jy jou styl aanpas vir Boer soek ’n vrou?
“Die meeste van die klere wat ek dra is deel van my natuurlike styl, maar ek het myself hier en daar uitgedaag met items wat ek nie normaalweg sou dra nie.
Ek het vir die heel eerste keer in my lewe vellies gedra!”
Hoe sou jy aantrek as jy ’n op ’n plaas woon en werk?
Lekker harde, gemaklike skoene met jeans en flannel hemde waarvoor ek nie jammer is nie.
Marciel se modestyl keuses
Mom jeans of skinnies? Skinnies
Sliders of Birkenstock-styl sandale? Sliders
Oorvourok of slooprok? Oorvourok
Goue of silwer bykomstighede? Silwer
Hakke of tekkies? Tekkies
Denimbaadjie of leerbaadjie? Denimbaadjie
Blompatrone of polka-kolle? Blompatrone
Lees ook:
Langmeisie-mode: Vanes-Mari du Toit se beste wenke