Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

Marciel Hopkins deel met ons; 5 redes waarom die platteland goed is vir jou siel

As aanbieder van Boer soek ’n Vrou verken Marciel Hopkins behoorlik die platteland en sy vertel waarom sy dink die platteland is goed vir jou siel. Deur Suzanne Kotze

Marciel Hopkins vertel waarom sy dink die platteland is goed vir jou siel

1. Plattelandse gasvryheid

Die gasvryheid van mense op die platteland is soveel anders as in die stad.

Ek is mal oor plattelandse-mense en hulle opregte hart om jou te laat welkom voel.

Jy word altyd ingenooi, iets lekkers word op jou kussing gelos en hulle is bereid om met enige iets te help. Daar word vir ons kosgemaak en mense is trots op die dorpies waar hulle woon. In die stad praat mense nie noodwendig eers met hulle bure nie, want ek dink hulle is te besig.

2. Die rustigheid

Die rustigheid en stilte van die platteland is so goed vir ’n mens se siel om bietjie te kan afskakel. Mens hoor nie verkeer of karre wat jaag nie, so jy kan die sonbesies, uile en paddas se geluide hoor. Dit is spontane terapie om so naby aan die aarde te leef.

3. Natuurskoon

Die natuurskoon om jou op die platteland is ongelooflik mooi en ’n mens het weer opnuut waardering vir ons land se diverse skoonheid. Ons reis deur al die verskillende provinsies en dan sien ’n mens hoe elke klimaatstreek spesiaal en uniek is op sy eie manier. Ek het altyd my selfoon by my om te kan foto’s neem van mooi natuurtonele, plantjies, skape of kleurvolle blomme wat my inspireer.

4. Padstalle

Ons ontdek wonderlike padstalle met heerlike vars-gebak en stoute happies soos ons reis deur die land. Ek het seker dié lekkerste nougat-kaaskoek van my lewe geproe met die laaste Boer soek ’n vrou episode wat ons geskiet het. Ons proe beskuit, eet tuisgebakte koekies en drink moerkoffie soos ons van plaas na plaas ry. Dit help vir die gemoed op die dae wat ’n mens na die huis verlang.

5. Plaas- en troeteldiere

Dit is heerlik om weer met so baie plaas- en troeteldiere in aanraking te kom. Ons woon in ’n cottage in die stad, so ons het net spasie vir ’n huiskatjie. Ek het op ’n plaas grootgeword met my eie bokkies, kalkoene en ganse – ek is dus mal oor diere en mis dit om meer in aanraking met hulle te wees. Ek ontmoet oulike troeteldiere by die gastehuise waar ons woon en ek is mal daaroor om die boere te help met take wat hulle plaasdiere behels. Ek het onlangs met voltruise, bokkies en skape gewerk – so oulik en verfrissend!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Carmen Niehaus
Carmen Niehaus se gesonder ontbytresepte uit Lekker & Goed
error: Content is protected !!