Maak jy hierdie voorkomsfoute?

Ons het almal al onbewustelik minstens een van hierdie voorkomsfoute gemaak. Ons as vroue verval maklik in ’n groef van gemak wanneer dit kom by ons voorkoms en hou eerder by dit wat ons ken en wat ons dink werk. Bekende stilis, voorkomskonsultant en stylkenner Marilize de Clercq deel met ons tien voorkomsfoute wat vroue (en selfs mans) gereeld maak. Hierdie tien voorkomsfoute kan jou maklik ouer en minder stylvol laat voorkom. Deur Justine Kroes

Een van die grootste foute wat ek by vroue sien, is dat hul nie hul eie styl-persoonlikheid verstaan nie, maar eenvoudig alles koop wat hul dink mooi is, hul kopies is dan nie veelsydig nie en hulle kan dit nie by als dra nie.

Marilize de Clercq

1. Jy verstaan nie jou lyfvorm nie

Baie vroue verstaan nie hul eie lyfvorm nie. Marilize sê “Lyfvorm is so belangrik wanneer dit kom by jou voorkoms, en jy hoef nie presies volgens die boeke aan te trek wanneer dit by jou lyfvorm kom nie. My raad is altyd – vat ’n kans en probeer style wat jy nooit in jou lewe gedink het gaan werk vir jou lyfvorm nie.”

Identifiseer heel eerstens jou lyfvorm/liggaamstipe en eksperimenteer met verskillende klere-items wat jou proporsies die beste balanseer. “Jy mag dalk net verras wees dat daardie mom-jean eintlik baie mooi lyk aan jou!” sê Marilize.

voorkomsfoute
Is jy ‘n appel, peer, omgekeerde driehoek, reghoekige of uurglas-figuur?

2. Jy hou by een styl

Ons almal ken dit, daardie styl waarin ons gemaklik voel en waarna ons neig. Vroue wat sê ‘my styl is ’n paar tights, met ’n lang truitjie bo oor want dis gemaklik!

“Ek vra altyd vir my kliente – het jy steeds ’n Nokia 2210 met ’n aerial langer as jou wysvinger? Die antwoord is natuurlik altyd nee, en so verduidelik ek hoe ons met die tye en selfs ons styl moet aanbeweeg, ons kan nie kliente altyd laat vasklou aan een styl nie”.

Marilize

“Dit beteken ook nie jy moet ’n vir modeslaaf word nie” sê Marilize. “Jy hoef nie elke week winkels toe te gaan en te koop en koop en koop nie. Daar is ’n gesonde rigtingverandering wat moet plaasvind wanneer jy uit daardie stylgroef ontwikkel en groei.”

3. Jou kopies is nie veelsydig nie

Een van die grootste voorkomsfoute wat ek by vroue sien, is dat hul nie hul eie styl-persoonlikheid verstaan nie, maar eenvoudig alles koop wat hul dink mooi is. Ek kom by hierdie kliente, maak hul klerekaste oop en vind  meestal klere-items wat hulle dan net by sekere ander klere-items kan dra, verduidelik Marilize.

As jy iets in jou kas het, en jy sê ek dra hierdie hemp, hierdie broek, of hierdie sak net by sekere ander items, en jy het net een manier om daardie kledingstuk te dra, dan het jy ’n fout gemaak en jy het jou geld gemors.

Marilize

Marilize vra altyd haarself die volgende – “Kan ek ’n plat skoentjie hierby dra? Kan ek ’n hak dra? Kan ek tekkies hierby dra? Kan ek dit feitlik na enige plek toe dra? As ek dan op meer as meer as driekwart van die vrae “Ja” antwoord, dan weet ek dit is ’n veelsydige kopie wat ek weer en weer kan dra en geniet.”

Marilize doen dit met elke liewe item wat sy koop sodat sy haar klere op verskillende maniere kan dra en geniet.

Marilize se raad: Die doel is altyd om ’n veelsydige klerekas te hê en jou geld op ’n wyse manier aan klere te bestee.

voorkomsfoute

4. Jou handsak en leesbril

Dink daaraan as die twee finale styl-items wat jy gebruik om jou voorkoms af te rond, amper soos die kersie op die koek, die finale items wat jy by jou uitrusting laat aanpas.

Wanneer jy nooit jou handsak verander nie en jy hou by dieselfde handsak dag in en dag uit, kan dit maklik ’n uitrusting minder modieus en selfs outyds laat lyk.

Marilize se raad: As jy die tipe mens is wat graag net een handsak wil gebruik, is dit baie belangrik dat jy seker maak jou pas by elke liewe uitrusting in jou klerekas. Dieselfde geld vir jou bril of leesbril. Jy gebruik dalk handsak reeds te lank dieselfde brilraam of die brilraam pas nie by jou styl of die items in jou klerekas nie.

5. Verkeerde haarkleur of haarstyl

Die verkeerde haarkleur kan jou vinnig verouder, jou hard laat lyk en ook veroorsaak dat jy jou grimering verkeerd doen.

“Ek praat nou nie van eksentrieke vroue wie se stylpersoonlikhede meer kreatief en uitdagend is nie, maar eerder vroue in die korporatiewe wêreld. Baie vroue probeer om hul grimering by hul haarstyl te laat aanpas en op die ou end laat beide jou grimering en jou haarstyl jou net ouer lyk.” Sê Marilize.

Wanneer die styl van jou hare nie by jou gesig of lyfvorm of selfs persoonlikheid pas nie, kan dit jou ook sommer gou ouer en selfs outyds laat lyk.

voorkomsfoute

6. Verkeerde grimering

Ons moet aanvaar dat, namate ons ouer word, ons ons grimering daarby moet laat aanpas.

“Een van die grootste voorkomsfoute wat ek sien wat vroue maak, is daardie harde oogomlyner-grimeer-voorkoms – vermy dit liefs!”

Marilize

Marilize se raad: Ons sien wêreldwyd die beweging in die rigting van die ‘minder is meer’ tendens met betrekking tot grimering (en selfs mode). Dit beteken vroue moet eerder hul natuurlike skoonheid omhels en uitleef. Verby is die dae van daardie harde oogomlyner om jou oë, neig eerder na sagter, natuurlike grimering.

voorkomsfoute

7. Verkeerde bykomstighede

“As jy nog tossel-oorbelle in jou kas het, is nou is ’n goeie tyd om ontslae te raak daarvan! As daar ’n trend is, wees deel daarvan. Moenie ’n jaar later eers besluit jy gaan nou hierdie modevoorkoms aanpak nie, dit laat jou dadelik minder stylvol voorkom.” sê Marlize

“Onthou jy is nie ’n krismisboom nie, weereens as dit deel is van jou styl-persoonlikheid en jy is omtrent ’n Vivienne Westwood, pak dit aan en maak dit jou eie. Maar as jy nie eksentriek is nie, hou dit eerder minimalisties en simplisties.”

Nog ‘n baie algemene modeblaps wat vroue maak, sê Marilize “jou serpie red nie noodwendig jou uitrusting nie.” Dit is ’n mode-item wat naby aan jou gesig gedra word en die meeste van die tyd kry vroue die skakerings, patrone en style so verkeerd. As jy ’n serpie wil dra moet jy seker maak die styl is splinternuut en hoogmode. Dit moet nou-se-motief, nou-se-styl wees. Jy kan wegkom met die pleinste klere onderaan, maar daai serpie moet hoogmode wees.

voorkomsfoute

8. Hoe jy jou rokke dra

Jy kies rokke wat nie reg pas by jou lyfvorm nie of jy dra jou rok met daardie gordel op die verkeerde plek, vra jouself ook af “het ek ooit nodig om hierdie gordel te dra?”sê Marilize.

Marilize verduidelik ook:

Ek weet dit is moeilik vir vroue – ekself is regaf gebou en ek moet vorm skep wanneer ek rokke dra, maar vermy eerder die gordel, want dit kan enige iemand groter laat lyk as wat hul werklik is, veral as daardie gordel op die verkeerde plek sit.

Marlilize

Rokke wat te lank of te kort is vir jou liggaamsvorm’n styl wat nie jou lyfvorm vlei of goed laat lyk nie, is die groot probleem. Op die ou einde wil ons almal daardie uurglasfiguur verkry. Pas dus aan om uit te vind wat vir jou werk, dit sluit weer aan by die belangrikheid daarvan om jou lyfvorm te verstaan.

voorkomsfoute

9. Skoene

Die verkeerde skoene is van die grootste modeblapse wat ek vroue (en mans) sien maak. Skoene kan jou vinnig outyds of ouer laat voorkom en is vir baie mense ’n nagedagte wanneer dit by hul voorkoms of uitrusting kom.

Marilize verduidelik: Probeer altyd om jou skoene netjies te hou en probeer hou by nuwe neigings en style – want jou skoene kan maklik jou eietydse styl outyds laat lyk. Kies ook die regte tipe skoen – byvoorbeeld, tekkies by ’n rok is steeds ’n groot trend maar ek sien so baie dat vroue die verkeerde tekkies by ’n rok dra en dan flop die styl.

10. Baadjies

Die baadjie wat jy dra kan maklik die era verklap waarin jy steeds in jou stylgroef vasgevang is.

Moenie die mag van ’n baadjie onderskat nie – dit is ook die maklikste manier om jou styl op te dateer en te verfris, veral met iets soos ‘n moto-styl baadjie.

Marilize

Marilize se raad: Wanneer jy baadjies kies moet jy ’n besluit neem: Gaan jy jou geld spandeer op hoogmode baadjies wat moontlik na ’n seisoen nie meer so modieus sal wees nie. Of gaan jy eerder hou by klassieke style? As jy ja gesê het vir die klassieke style moet jy seker maak jy kies baadjies met ’n enkele knoop of geen knope nie. Dan weet jy hierdie baadjie gaan sekerlik ’n paar seisoene hou. Kies ook ’n baadjie wat jy weet jou ligaamstipe gaan vlei en hou dit minimalisties.

Kontak gerus vir Marilize de Clercq om van haar kudige voorkoms raad gebruik te maak hier.

Maak jy enige vand hierdie voorkomsfoute?

Lees ook: Ken jy jou hoede?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Oefenklere; bekendes se gunstelinge
error: Content is protected !!