Jou gids tot “layering”; raak jou herfsklerekas baas

Klink hierdie bekend? Bibberkoud in die oggend en teen middagete is dit so warm, jy wens jy het koeler aangetrek. Die tussenin weer is eindelik hier en hoewel ons baie opgewonde is oor mode vir die winter is dit nog nie heeltemal tyd vir ons dikste warm jasse nie. Vir jou herfsklerekas is “layering” jou antwoord. Met hierdie manier van aantrek kan jy steeds jou somersrokke aantrek met ’n paar lae by. Hier is raad, wenke en voorbeelde om “layering” te bemeester. Deur Justine Kroes

Wat is layering?

’n Modieuse aantrekstyl waar jy klere van beide jou somer- en wintersklerekaste kan kombineer vir herfs of “tussenin” weer.

Dink polonektruie of t-hemde onder jou gunsteling somersrok, kraaghemde onder vessies of truie, baadjies oor rokke en rompe, die stylopsies is eindeloos!

Layering word gewoonlik in 3 verskillende lae verdeel:

Die basislaag (eerste laag) is gewoonlik iets dun en meer noupassend – ’n ligte cami, t-hemp, polonekof kraaghemp.

Die middelste laag is meestal items wat ’n bietjie ekstra warmte bied – soos ’n trui, moulose vessie, onderbaadjie of cardigan.

Die laaste laag word beskryf as die “outer layer” of “outerwear” – dink jasse, baadjies, blazers, shackets of pofbaadjies.

Dit het jy nodig om te “layer”:

Jy sal verbaas wees – jy het heel moontlik al reeds al die layering items in jou klerekas beskikbaar.

Layering is ’n volhoubare manier van aantrek om die meeste dra uit al ons klere items te kry.

Afhangend van jou persoonlike styl kan jy items op die lysie gebruik vir ’n “layered” voorkoms: Plein polonek hemde of truie, katoen kraaghemde (vir onder dra). Ligte v-nek styl truie of moulose trui-vessies, serpe, en toppies om bo oor te dra. Ligte “outerwear” soos trench styl jasse, blazers, shackets, cardigans en selfs ’n leerbaadjie.

9 Layering wenke

1. Hou onderste lae noupassend

Maak seker al die onderste lae is effens meer noupassend as die res van die items. Dit maak die aantrekproses makliker en laat die hele voorkoms meer netjies lyk. G’n bonkige kreukels.

2. Hou die lae dun

Hou al die verskillende lae dun – met die metode sal die layering steeds sjiek en vleiend lyk.

3. Een bonkige laag op ‘n slag

Dra net een dik/bonkige laag op ’n slag – kombineer lig en swaar items om balans te skep en om nie jou lyfvorm te oorheers met ’n klomp groot items bo-oor mekaar nie. Hou byvoorbeeld jou “pofbaadjie” of oversized bomber baadjie die enigste bonkige item in jou klerekas.

4. Kies monokroom

As jy onseker is oor watter skakering by watter lae te dra – kies ’n monokroom kleur uitrusting. Dit beteken kleur skakerings wat min of meer dieselfde is.

5. Kombineer teksture

Eksperimenteer met teksture – dit laat ’n uitrusting dadelik meer interessant lyk. Kombineer ’n noupassende langmoutop onder ’n syerige cami, met ’n wollerige oop trui en dalk ’n leer/pleather broek daarby. Die gebruik van teksture skep diepte en laat enige uitrusting sommer meer luuks voorkom.

6. Dra ‘n serp

Dra ’n serp – een van die maklikste maniere om te “layer”, as jy warm kry deur die dag kan jy maklik jou serp in jou handsak druk. Probeer oorgroot style vir ’n meer trendy serp-voorkoms.

7. Bykomstighede is ‘n moet

Gebruik bykomstighede soos gordels en sakke wat oor jou lyf kruis om meer vorm te gee aan jou uitrusting as jy dalk voel dit lyk te lospassend.  Dra jou gordel oor jou jasse/baadjie/hemde/truie om jou middel in te trek en jou figuur te vlei.

8. Eksperimenteer met verskillende proporsies

Speel rond met verskillende proporsies om seker te maak jou boonste gedeelte lyk nie te “swaar” nie. Probeer byvoorbeeld items soos cropped truie bo oor langer hemde, of denims/ rompe wat hoog in die middellyf sit.

9. Meer is meer!

As jou klerekas en stylpersoonlikheid dit toelaat – eksperimenteer met verskillende patrone en skakerings, moet nie bang wees om patrone te meng nie. Meer is meer!

10. Truie sommer bo oor als

Dra jou truie oor jou jas/blazers sommer so oor jou skouers vasgebind of laat dit los hang.

As jy dalk sukkel hiermee, dink aan jou trui as ‘n tipe “serp”, glo ons hierdie is die trendy manier om tans te “layer”

Doen dit so

Die stylopsies is eintlik eindeloos – en jou “layering” voorkeur sal afhang van jou stylpersoonlikheid. Daar is nie ’n regte of verkeerde manier nie – vind ’n “layering” styl wat die beste werk vir jou. Indien jy ’n bietjie stylinspirasie nodig het – loer hier na ’n paar idees:

Rokke:

Dra t-hemde (lank of kortmou afhangend van die weer) onder slooprokke. Dra blazers of baadjies bo oor lospassende rokke om ekstra vorm aan die uitrusting te gee.

Baadjies, Jasse of Blazers:

Dra dit bo oor somersrokke, ligte rompe of selfs bo oor ’n sweetpakstyl-top en broek vir ’n netjiese athleisure voorkoms.

Jou kraaghemp

Dra ’n polonektrui onder jou kraaghemp by jou gunsteling sy-romp of selfs denims. Jy kan natuurlik ook jou kraag hemp onder jou gunsteling somersrok dra, rol jou moue op vir ’n stylvolle maar steeds gemaklike voorkoms.

Of dra jou trui, of vessietrui bo oor jou kraaghemp en ’n trench-styl jas bo-oor op ekstra koel dae.

Lees gerus ook: Winter 2026 se grootste mode trends

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
15 Foute wat vroue met ’n groter borsmaat maak (en oplossings)
error: Content is protected !!