Stylvol mode pantoffels en skoonmaakwenke
Stylvol mode pantoffels en skoonmaakwenke

Die pantoffel regeer; die mooiste pantoffels en skoonmaakwenke.

Ons het nog nooit so gereeld ons pantoffels gedra nie (die pantoffel regeer beslis!) en nou spandeer ons maar hakke-begroting aan gemaklike (en mooi) pantoffels. Hier is die mooiste nuwe pantoffels en skoonmaakwenke sodat jy jou ou en nuwe pantoffels reg kan was.  Deur Justine Kroes.

Die mooiste nuwe pantoffels (en skoonmaakwenke volg)

Donsige-slider pantoffel

Is nou groot nuus – selfs Kim Kardashian West dra graag haar skaapwol Ugg Sliders winkel toe. Ja hierdie kopie is dalk bietjie luuks, maar dit is gemaklik en veelsydig. Te danke aan die goeie kwaliteit rubbersool kan jy jou donserige slider dra met jou pajama-drag of saam met ’n denim vir ’n uber-gemaklike uitstappie-voorkoms. Ons hou van:

Aanglip-pantoffel

’n Aanglip-pantoffel is ideaal vir Mammas wat nog pajama-dril in die middel van die nag moet doen. Maklik om aan te glip en perfek vir warmer dae in die winter.

Stewel-pantoffel

Stewel-pantoffels is beslis die gewildste pantoffels, dalk omdat dit so lekker warm is, geen koue voete of enkels hier nie! Ons loop regtig heeldag in ons stewel-pantoffels rond.

Snoesige pantoffels

Hierdie pantoffels is lieflik warm, sag en gemaklik. ons hou van:

Wol- en sweedsleer (suede) pantoffels

Wolpantoffels is nog ’n gewilde pantoffel keuse. Het jy geweet wol absorbeer tot en met 15% van sy gewig in water, wat beteken wol absorbeer enige sweet en hou jou voete droog. Die vesel-struktuur van wol laat toe dat vog van binne af deur die pantoffel verdamp. Wol is ook bekend vir sy insulerende eienskappe en behou hitte vir langer.

Skoonmaakwenke: maak jou pantoffels so skoon

Sweedsleer-/wol-pantoffels

Wol binne:

  • Gebruik ’n klam (nie te nat) lappie en ’n druppel wasseep en vee die binnekante van die pantoffel skoon.
  • Plaas opgefrommelde papierhandoekies binne-in die pantoffel om die droogmaakproses te versnel (opgerolde koerantpapier sal ook die truuk doen).
  • Laat pantoffels eerder lugdroog word en moet nie in direkte sonlig plaas nie.

Wenk: Wenk: as jy nie ’n klam lappie byderhand het nie, kan jy ‘n “wet wipe” gebruik. Dit ruik ook gewoonlik lekker en die sweedsleer sal nie te nat word nie.

Suede leer buite:

Maak gebruik van ’n Sweedsleer-skoonmaakmiddel en borseltjie, hierdie kombinasie sal blitsvinnig jou pantoffels verfris.

Die-pantoffel-regeer
Arthur Jack Nubuck Cleaner (R120)
Die-pantoffel-regeer
Arthur Jack Suede Nubuck Brush (R120)

100% Skaapwol-pantoffels (soos die van Karoobaba)

Hierdie pantoffels kan jy maar net in die was gooi omdat dit van 100% skaapvelwol gemaak is.

Draai versigtig die pantoffel van binne na buite sodat sal die wol-gedeelte eerste droog word. Gebruik ’n borseltjie (’n troeteldierborseltjie werk goed) om die wol te pluis en weer lekker sag en donserig te kry.

Wenk: Maak seker jy was op ’n taamlike warm dag jou wolpantoffels sodat dit dieselfde dag nog kan droog word en nie klam bly nie.

Katoen pantoffels in wasmasjien

  1. Katoen word in die meeste pantoffels gebruik en gelukkig is dit heel maklik om skoon te kry.
  2. Gebruik die louwarm-wassiklusopsie vir jou wasmasjien, as die water te warm of te koud is, kan dit moontlik die pantoffel laat krimp.
  3. Kies ’n sagte was-siklus van tussen 20 tot 30 minute om seker te maak jou pantoffel hou sy oorspronklike vorm.
  4. Moet eerder nie in die tuimeldroër droogmaak nie, laat jou pantoffels lugdroog raak.

Handwas hierdie pantoffels eerder

  1. Die handwas metode werk goed vir katoen-, nylon-, satyn- en rubbersoolpantoffels.
  2. Plaas die pantoffels in ’n skottel (of wasbak) gevul met louwarm seperige water.
  3. Vryf die water en seep goed in.
  4. Laat die pantoffels vir ’n rukkie lê, jy sal verbaas wees om te sien hoe die water van kleur verander.
  5. Spoel nou jou pantoffels onder ’n kraan met lopende water af.
  6. Druk saggies die water uit (pasop om te veel te draai, jou pantoffels kan maklik hul vorm verloor).
  7. Gebruik ’n handdoek en druk die pantoffels liggies daarmee droog.

Lees ook: Die sagste en stylvolste slenter-drag

Hoop jy het gehoor van Die pantoffel regeer; mooiste nuwe pantoffels en skoonmaakwenke! Watter pantoffel is jou gunsteling?

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
15 Winter modetrends 2023
error: Content is protected !!