Ons ken al reeds die positiewe voordele van kouewater terapie in die vorm van kouewater swem en ysbaddens, maar het jy al gehoor van krio(cryo)terapie op jou gesig? Ons het ’n yskoue Cryo gesigmasker getoets en was so beïndruk! Lees meer oor die yskoue moet-probeer gesigmasker en wat ons daarvan dink. Deur Justine Kroes
09/08/2023
Hoekom ons van die koueterapie Clarins Cryo-Flash Masker hou:
Dit is ’n ultrasensoriese ervaring
Die blou-groen tekstuur van die Clarins Cryo-Flash Cream Mask (R1200) voel glad op aanwending en gly soos ’n strelende ysblokkie aan, die koel sensasie skep ’n gevoel van ontspannende vertroosting op jou vel.” verduidelik Justine.
Fermer vel
Nadat ek die masker aangewend het, bly die koel sensasie vir ’n ruk lank, die beste gedeelte is dat ek dadelik kon agterkom dat my vel stywer en meer gladder voorkom. Hierdie gesig-lig-effek, is te danke aan die yskoue krioterapie wat vel opplomp en fermer laat vertoon. Tydens ’n Clarins-studie is daar bevind dat 87% van vroue na die eerste gebruik van die masker ’n gesig-lig effek kon raaksien. Ons het dit self getoets en stem 100% hiermee saam!
Gee ‘n glansende gelaat
Die masker laat jou ook met ’n pragtige glansende gelaat – wat beteken dit is die perfekte masker om te gebruik voor groot geleenthede.
Ideaal vir warm dae
“Na aanwending voel ek minuut na minuut hoe die gesigmasker kouer raak teen my vel, ek weet sommer al dié gaan my gunsteling gesigmasker wees op warm somersdae” sê Suzanne.
Kleiner porieë
Nog ’n voordeel is dat jou porieë ook minder sigbaar en kleiner in grootte is na gebruik van hierdie masker, en die vel se tekstuur kom gladder voor. Na 14 dae is daar aangeteken dat 88% van vroue sê hul porieë is minder sigbaar.
Die innoverende tegnologie agter die Clarins Cryo-Flash Cream Masker
Jacques Courtin-Clarins het destyds in 1954 reeds die vel-fermheid voordele daarvan raakgesien om met koue water jou gesig af te spoel. Die Clarins Laboratoriumspan het vir jare gewerk aan hierdie idee en met die innoverende “calcium flash” tegnologie vorendag gekom.
Wat is “Calcium Flash”?
“Calcium Flash” verwys na ’n natuurlike velmeganisme wat gebeur wanneer daar ’n vinnige invloei van kalsium jou velselle binnedring. Daar is bewys dat, wanneer jou vel in kontak kom met yskoue temperature, dan vind die “calcium flash” plaas.
Die velvoordele van die “calcium flash”; dit bevorder hernuwing van die epidermis (boonste) laag van jou vel en verseker ’n optimale vel sperfunksie (om seker te maak die vog in jou vel bly binne).
Evening Primrose is nog ’n bestanddeel ryk aan “oenothein” wat ook die “calcium flash”-proses aktiveer. (vinnige invloei van kalsium na velselle).
Effektiewe plantbestanddele
Clarins gebruik (soos altyd) net die beste plantbestanddele, en nou in die Clarins Cryo-Flash masker ook;
Evening Primrose
Beveg die tekens van velveroudering. Die Evening Primrose-plantjie met sy geel blommetjies is ’n plant wat kan oorleef in yskoue temperature van -25°Celsius. Ryk aan “oenothein”, aktiveer die bestanddeel die proses van die “calcium flash”.
Organiese Quinoa
hoog in proteïene en amino-sure, bied hidrasie aan die velselle en versterk verder ook die vel se sperfunksie.
Edelweiss
Nes die Edelweiss blommetjie se buitenste blare die blom teen die son en yskoue temperature beskerm, so werk die bestanddeel as ’n anti-oksidant en beskerm die vel teen vrye radikale wat veroudering van die vel veroorsaak.
Wildekastaiing (Horse Chestnut):
’n Bestanddeel bekend vir sy medisinale eienskappe om bloedsirkulasie te bevorder, word gebruik in die Clarins Cry-Flash masker om glans terug te besorg aan vel wat dof, vaal en droog lyk.