Sukkel jy ook elke winter met ’n droë wintervel wat net nie gehidreerd wil bly nie? Hier is 5 maklike stappe om jou wintervel sag en soepel te kry, met behulp van Ruah se natuurlike produkte. Omvou jou behoorlik in ’n winterkokon met Ruah lyfprodukte propvol essensiële olies, botaniese bestanddele en hemelse geurkombinasies! Deur Justine Kroes
03/06/2022
1. Gooi badmelk in jou bad
Om ’n hidrerende olie of badmelk te gebruik is ons nommer een wenk vir soepelsagte vel (en ’n verfrisde gemoed daarby!). Onthou om nie jou badwater te warm te maak nie – oormatige temperature kan jou vel nog meer uitdroog.
Ruah Badmelk (R297 vir 500 ml)
’n Badmelk verryk met Ruah se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Die badmelk beloof om jou vel se vogbalans te herstel, te voed en kalmeer. ’n Lekker skeut hiervan verander jou badwater in ’n wasige bederf. Kies uit geure van laventel, wildevy en suurlemoen; roosmalva, bergamot en tiemie of roosmaryn en akasia.

As jy eerder ’n badsout verkies, probeer dalk:
Ruah Badsout (R124 vir 1 kg)
’n Badsout saamgestel uit die Kalahari Woestynsout, verryk met Ruah se bekende botaniese geure. Ons week graag ons moeë lywe in hierdie badsout. Die formulasie met essensiële olies daarby laat ons vel lieflik sag voel.
2. Was met ’n wasolie
’n Stort of wasolie, is presies dit, ’n oliegebaseerde wasmiddel in plaas van ’n seep gebaseerde formule wat sekere veltipes kan laat uitdroog.
Ruah Wasolie (R180 vir 200 ml)
Die Ruah wasolie dien as ’n veeldoelige seep wat ook dien as ’n badskuim, lyfwas of skeermiddel wat glad nie jou vel uitdroog nie. Kies jou gunsteling uit drie verskillende botaniese geure.
3. Moenie vergeet om te skrop nie
Om ’n afskilferaar te gebruik is ’n belangrike stap om droë wintervel vry te spring. ’n Lekker skrop raak blitsvinnig ontslae van enige dowwe dooie velle, dit bevorder selvernuwing en laat jou lyfroom beter absorbeer en ordentlik sy werk doen.
Ruah Soutskrop (R198 vir 340 ml)
Vryf hierdie soutskrop mildelik oor jou hele lyf aan en fokus veral op die ekstra droë gedeeltes (hallo elmboë en knieë!). ’n Lekker skrop raak blitsvinnig ontslae van dooie vel selle en dit bevorder selhernuwing.
4. Smeer lyfbotter aan terwyl jou vel nog klam is
Het jy geweet jy het omtrent ’n drie tot vyf minute periode vandat jy uit die bad klim om jou vel te hidreer met ’n lyfroom of lyfbotter. Om so vinnig as moontlik na jou bad of stort lyfbotter aan jou effe klam lyf aan te smeer verseker dat jou vel vog beter absorbeer en behou.
Ruah Lyfbotter (R172 vir 200ml)

Hierdie luukse lyfbotter is verryk met essensiële olies en botaniese bestanddele wat jou omhels met hemelse geure! ’n Romerige formulasie wat maklik absorbeer en vir ure lank jou vel gehidreerd hou.
Loer hier vir al die lieflike geure wat beskikbaar is:
5. Moenie van jou hande en voete vergeet nie
Die droë winterlug is hard op ons hande (en voete!) en as jy (soos ons!) bly vergeet om room aan te smeer – hou jou naelvliesolie, handeroom en voetbalsem op jou bedkassie. As ons saans al ons produkte so op ’n ry sien staan, is dit moeilik om te vergeet om jou hande en voete goed in te smeer voor slaaptyd.
Ruah Hand en Nael (R82 vir 75 ml)
Hierdie handeroom absorbeer blitsvinnig, ’n moet vir ons! Sagte gehidreerde hande vir ure lank!
Ruah Voetbalsem (R205 vir 200 ml)
Wat ’n bederf om hierdie voetbalsem saans aan jou voete te smeer – die beste ritueel om ’n besige dag af te sluit. Die voetbalsem bevat roosmaryn, wat dien as ’n antiseptiese middel, dit bevorder bloedsirkulasie en speel klaar met daardie gebarste hakke. Wend voor bedtyd aan en voel ’n duidelike verandering die volgende oggend!

Ruah Slaapsag (R48 vir ml)
Psst hou hierdie ook langs jou bedkassie; ’n formulasie spesiaal ontwikkel vir jou kopkussing. Die Lavandula help jou om te slaap – ’n paar spuite oor jou linne net voor jy in die bed klim!

Meer oor Ruah
Ruah is ’n droom gebore in die hart van Trudi en Rina Kasselman – vandag ’n sukesvolle handelsmerk wat nou al meer as 12 jaar gelede in die Noordwes provinsie ontstaan het. Elk van die bestanddele in die Ruah produkte word plaaslik geplant, geoes, distilleer en vervaardig.



Ruah se wekroep “Wees gekoester” is Ruah se kreet vir elke vrou. Die produkte het die allermooiste boodskappe op die verpakking –
Hier wil ons met elke woord wat jy op ons produkte raaklees vir jou weer rus gee, vrede gee, tyd gee! Ruah glo dat Gees-geïnspireerde woorde die krag het om gedagtes te verander.”
Trudi Kasselman.
Ons sien dit duidelik raak – Ruah is natuurlike skoonheidsprodukte geskep uit ’n liefde vir die aarde en sy mense.