5 Mode-bykomstighede wat jou voorkoms blitsvinnig afrond

Die regte mode-bykomstighede is nie net pragtig nie, maar kragtig daarby! Met die regte bykomstighede in jou stylarsenaal kan jy blitsvinnig ’n uitrusting bymekaar trek. Jy kan met min moeite vol selfvertroue by die deur uitstap in ’n uitrusting wat afgerond lyk en aandag op jou vestig.

Hier is 5 van ons staatmaker bykomstighede wat ons op rotasie gebruik om ’n uitrusting af te rond. Deur Justine Kroes

15/08/2025

5 Mode-bykomstighede om jou voorkoms te verhef

1. ’n Handsak met struktuur

Niks sê gesofistikeerd so goed soos ’n sterk en goed gestruktureerde handsak nie. Die tipe handsak wat sy vorm behou, duur lyk en jou hele uitrusting netjies afrond.

Zara Shopper Bag (R899)

Die feit dat al jou besittings netjies inpas en jy nie slordig rondkrap in jou sagte handsak nie, skep dadelik die indruk van iemand wat meer georganiseerd en agtermekaar lyk.

Zara Braided Tote Bag (R1399)
Zara Braided Tote Bag (R1399)

Wenk: Wanneer jy jou handsak met struktuur kies, kies een met verskeie afdelings – en  ’n ritsluiter wat die afdelings verdeel sodat jy goed georganiseerd kan wees met  ’n plek vir elkeen van jou besittings. Sodat jy te alle tye weet waar jou sleutels, lipglans en beursie is, g’n meer gejaagde rondkrap onder in jou handsak wanneer jy in die ry staan om te betaal nie.

2. Sjiek minimalistiese juwele

Woolworths Two Tone Link Chain Necklace (R179)

Fyn en elegante juwele werk by enigiets van denims tot kragpakke, dit bied  ’n subtiele blink sonder om jou voorkoms te oorheers. Fyn hangertjies en armbande lyk nie net vroulik nie, maar die regte hangertjie kan jou net daardie tikkie meer intensioneel afgerond laat lyk. Dieselfde geld vir oorbelle – moderne ontwerpe wat nie oorheers nie, is aan die orde van die dag hier.

Wenk: Kies vlekvrye metale soos goud of vleklose staal of waterdigte juwele wat nou oraloor maklik verkrygbaar is. Hierdie is belangrik sodat jy maklik elke dag jou minimalistiese juwele kan dra sonder die gesukkel van aan en afhaal met stort, slaap oefen en swem.

Witchery Anya Cuff (R449 Woolworths)
Witchery Layla Huggie (R349 Woolworths)
Witchery Athena Necklace (R799)

3. Klassieke sonbrille

Justine en Suzanne dra die kat oog sonbril wat by elke gesigvorm pas! RS Sunglasses The Original One, gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou sonbril kopie.

Die regte paar sal die paar wees wat jou gesig goed raam en jou voorkoms stylvol laat lyk. Onthou as jy  ’n vroulike rokkie of kragpak vir werk aan het is hierdie nie die plek vir jou oorgroot spieёl-effek lens sonbril nie of jou fietsry sonbril terwyl ons hieroor gesesls!

Klassieke vorme soos ’n katoog of groot rame in swart of subtiele bruine skree elegansie en gesofistikeerd.

Wenk: Dit mag dalk die moeite werd wees om in gepolariseerde lense te belê, dit maak  ’n reuse verskil en beskerm jou oë teen die skerp sonlig. Styl en veiligheid sommer so in een.

RS Sunglasses The Original One (R3997) Gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou sonbril kopie.
RS Sunglasses The Stylish One (R4997) Gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou sonbril kopie.

4. ’n Kwaliteit leergordel

As ons die afgelope seisoen iets geleer het, is dit dat die nederige leergordel die krag het om jou hele uitrusting te verander. Die regte leergordel definieer jou silhoeët en beklemtoon al jou goeie bates. Hierdie winterseisoen dra ons gordels bo oor ons jasse en blazerbaadjies vir ekstra definisie rondom ons middel en om ons kurwes te vlei.

Wenk: Wees op die uitkyk vir ’n veelsydige gordel wat omkeerbaar (reversible) is. Swart aan die een kant en room of bruin aan die ander kant.

Witchery Olivia Slim Belt (R799)
Hannah Lavery Reversible Belt (R699)

Ons het ook gevind dit is soms veel makliker om ’n egte leergordel te stileer omdat dit meer buigsaam is en maklik is om te vou.

5. ’n Syserp

’n Bykomstigheid wat jy deesdae op meer as net een plek kan dra en stileer. Jou syserp is nie alleenlik net vir ’n knoop om jou nek nie, (hoewel dit tydloos en altyd stylvol lyk!). Maar dra nou jou syserp as ’n gordel (loer bietjie hier), bind dit om jou handsak met struktuur of dra dit selfs in jou hare.

Woolworths Print Square Scarf (R239)
Foschini FF Bold Stripes Square Scarf (R199)
H&M Patterned scarf – dark brown floral (R199)

Wenk: As jy graag ’n syserp wil koop – wees op die uitkyk vir een wat groot genoeg is sodat, indien jy dit om jou middel sou wou bind, jy dit sal kan doen.

Hou jou syserp om jou handsak vasgebind – ideaal vir wanneer jy  ’n “aan die gang” voorkomsverandering wil maak en om jou nek bind of in jou hare dra.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stileer slim; 14 truuks om slanker te lyk
error: Content is protected !!