Het jy al gewonder of jy die regte breekware kies? ’n Kenner deel haar breekware wenke, plus die grootste breekware trends van die oomblik. Ons deel natuurlik ook die allermooiste breekware op ons inkopielysie. Deur Justine Kroes
18/11/2022
Breekware trends
Volgens Shiereen Ridgway, verkope- en bermarkingsdirekteur van Mervyn Gers Ceramics is verskillende kleurkombinasies van breekware ’n groeiende tendens.
Kliënte raak meer selfversekerd met hul dekor-keuses asook die skakerings van hul breekwarekeuses. Die kombinasies van bloue, groene en neutrale skakerings is veral gewild.
Shireen, Mervyn Gers Ceramics
Dit is ook interessant om op te merk dat skakerings van bruin ook tans trend – kombineer dit met groen vir ’n vars voorkoms verduidelik Shireen.
Vergeet van jou doodgewone wit stel – sedert Covid bring die meeste van ons nou meer tyd by ons huise deur as vorige jare en ons wil omvou word met dekor (en breekware!) wat ons gelukkig maak en goed laat voel. Die kleurvolle breekware byvoorbeeld gee dadelik die “dopamine dinnerplate” effek,
Daar is ook baie belangstelling in breekware met patrone, die Delft patroon is ook ’n gewilde keuse op die oomblik verduidelik Shireen.
Meng jou breekware skakerings so:
Shiereen Ridgway van Mervyn Gers Ceramics sê “daar is nie reëls wanneer dit kom by die meng en pas van skakerings van jou breekware nie, as jy huiwerig is, stel ek die volgende voor:
- Bepaal heel eerstens ’n kleurpalet waarvaan jy hou – sluit altyd ’n neutrale skakering ook hierby in.
- Speel rond met die vorm en teksture van jou borde.
- Wees op die uitkyk vir iets unieks soos byvoorbeeld borde met goue versierings op.
- Kies ook ’n paar unieke en eksentrieke soorte breekware wat jy op jou tafel kan gebruik tussen die res van jou breekware stel.
Hou dit in gedagte wanneer jy breekware koop;
Let op na die grootte
Shireen sê “Jou breekware moet skottelgoedwasser- en mikrogolfoondveilig wees, ons leef in die 21ste eeu!” Ja daardie oorgroot borde is pragtig, maar jy gaan beslis nie so baie van hul hou wanneer dit nie in die skottelgoedwasser of selfs in jou kombuiskaste gaan pas nie.
Moet liefs nie stelle koop nie
Verby is die dae van toe bokse vol borde in stelle koop – wees op die uitkyk vir “open stock”, dit beteken breekware wat jy een vir een kan kies, meng en pas en jou eie unieke stel van begin tot einde opbou en versamel.
Koop genoeg
Koop genoeg borde vir ’n ete met al jou vriende of familie, glo ons jy sal nie spyt wees nie.
Meer as een stel is nie nodig nie
Een stel is genoeg. Verby is die dae waar jy ’n “elke dag” eetstel en ’n “spesiale geleenthede” eetstel moet hê. Spandeer eerder jou geld op een ordentlike breekwarestel waarvan jy werklik hou en gebruik dekorelemente soos tafeldoeke en lapservette om die meer formele etes op te kikker.
Kies tydlose patrone
As jy wel breekware met patrone kies, kies liefs ’n tydlose patroon wat nog jare lank stylvol sal bly soos die Delft patroon byvoorbeeld wat tans ’n dekor trend is.
Onthou breekware is ’n belangrike aspek in jou eetervaring, dit gaan oor meer as net die kos, dit gaan oor die sensoriese ervaring, daarby die visuele ervaring en soveel meer.
Shireen, Mervyn Gers Ceramics
.
‘n Paar gunstelinge:
Neutraal
Meng en pas dopamien “dinner plates”
Patrone
Lees ook: Kersboominspirasie