Kies die regte swembroek vir jou lyfvorm

Kies die swembroek wat jou bates die beste gaan vlei hierdie somer. Swembroek-inkopies is vir die meeste van ons ’n uitdagende uitstappie, maar dit hoef nie te wees nie, maak net seker jy weet watter van hierdie vier liggaamsvorms jy het en pas jou swembroek-kopie daarby aan. Deur Justine Kroes.

Die driehoekige/ peeervormige lyfvorm:

Jou liggaamskenmerke

Jou bloesgrootte is meestal kleiner as jou broekgrootte.

Skouers is smaller as jou heupe

Jy het ’n gedefinieerde middel.

Jy het voller bobene en heupe.

Die doelwit:

Kies eenvoudige broekiedele wat nie aandag trek na die groter onderste deel van jou lyf nie, en kies bo-stukke wat die illusie van volume skep romdom jou borste met ’n verlengde skouerlyn.

Kies jou swembroek so:

Kies eenvoudige broekiedele wat nie aandag trek na die groter onderste deel van jou lyf nie, en kies bo-stukke wat die illusie van volume skep romdom jou borste met ’n verlengde skouerlyn.

  • Wye bandjies skep die illusie van ’n verlengde skouer-lyn, kies ook ’n bo-stuk met opgestopte kussinkies wat verder jou boonste gedeelte uitbalanseer.
  • Swempakke met valle of versierings op die bo-stuk of boonste gedeelte van die swembroek trek die aandag na jou boonste gedeelte terwyl eenvoudige donkerder skakerings op die onderste gedeelte jou uitbalanseer.
  • Kies ’n swembroek of broekie wat hoog gesny is rondom jou bene, en vermy ’n horisontale snit wat te veel toe maak. Dit kan jou boude groter laat lyk as wat dit werklik is. Die hoër snit rondom die been laat jou heupe ook nie te wyd voorkom nie.

Die reghoekige lyfvorm

Jou liggaamskenmerke:

  • Jou middellyf, heupe en skouers is ewe breed.
  • Jy het nie ’n duidelike middel nie.
  • Jy dra dieselfde grootte bo en onder.

Die doelwit:

Kies swembroeke wat die illusie van kurwes sal skep.

Kies jou swembroek so:

  • Swembroeke met lig-kleurige bo-stukke, wye bandjies, en opgestopte kussinkies, al hierdie elemente skep kurwes rondom die bo-deel van jou lyf.
  • Weereens swembroeke met valle en versierings trek die oë op en skep volume vir jou bolyf.
  • Swembroeke met rompies, patrone en ligter skakerings rondom jou onderlyf sal help om kurwes te skep rondom jou heupe.
  • Kies laaggesnyde swembroeke wat reguit sit rondom jou heupe, dit laat jou onderlyf voller lyk wat weereens die illusie van kurwes skep.
  • Ideaal is ’n eenstuk swembroek wat kruis aan die voorkant met versierings op die heupe en bors area wat sodoende kurwes skep.

Die uurglas figuur

Jou liggaamskenmerke:

  • Jy is dieselfde grootte bo en onder.
  • Jy het ’n goed gedefinieerde middellyf.
  • Jou kurwes lyk vleiend op al die regte plekke.
  • Jou skouers en heupe is in verhouding met mekaar.

Die doelwit:

Jy lyk fantasties in byna enige swembroek, die belangrikste om te onthou – hou jou borste in proporsie met jou heupe.

Kies jou swembroeke so:

  • Swembroeke met valletjies, versierings of plooie onder lyk die beste as daar soortgelyke versierings aan die bokant ook is.
  • Eenstuk swembroek wat oorvou rondom die middel of met ’n band ontwerp rondom jou middel sal verder jou uurglas-figuur beklemtoon.
  • Eenvoudige broekies wat reguit oor jou heupe gesny is, lyk fantasies by eenvoudige bo-stukke.
  • Paar eenvoudige broekies met eenvoudige bo-stukke en dieselfde vir versierings en plooie – hou dit eenders bo en onder.
  • Hou die kleurskakerings en patrone om jou borste en heupe ook dieselfde.

Die omgekeerde driehoek

Jou liggaamskenmerke:

  • Jou skouers is wyer as jou heupe
  • Jou skouers is reguit, vierkantig en lyk sterk, daarom lyk jy meer atleties.
  • Jy het nie ’n gedefineerde middellyf nie. Min definisie tussen middellyf en heupe.
  • Jou onderlyf is klein en jy dra meestal jou gewig rodom jou middel, arms en borste.

Die doelwit:

Met die omgekeerde-driehoek-lyfvorm is jy op soek na swembroeke wat jou atletiese bo-lyf sal uit balanseer met jou kleiner onderlyf, en so ook die illusie van ’n middel probeer skep.

Kies jou swembroek so:

  • Eenvoudige, halternek bo-stukke. in effekleur
  • Donker en eenvoudige driehoek-bo-stukke is ook ’n goeie opsie mits dit genoeg dekking en ondersteuning aan jou borste gee (kyk altyd vir wye bandjies).
  • Versierings en plooie aan broekies met eenvoudige bo-stukke balanseer weer proporsies en trek aandag na jou kleiner heupe en onderlyf eerder as wat dit aandag trek na jou groter bo-lyf.
  • Eenstuk-swembroeke met kante wat uitgesny is, versierings op die heupe en diep v-nek halslyne skep die illusie van ‘n gebalanseerde figuur met kurwes en ’n middel.
  • Bly weg van patrone bo en een soliede kleur onder.   
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Modetrends vir die manne, dit is in, en daardie is uit
error: Content is protected !!