Ken jy al die jas- en baadjiestyle se korrekte name? Dit is nooit te laat om te leer nie – Hier is jou jas-en-baadjiegids sodat jy ook ’n bo-stukkenner kan wees! Wanneer jy weer klere-inkopies gaan doen, maak seker jy het ’n paar van dié staatmakers in jou klerekas. Ons deel ook graag ons gunsteling jasse en baadjies wat nou in die winkels en aanlyn beskikbaar is. Deur Justine Kroes
1.

Die pofferige jas lyk dalk swaar, maar is eintlik ’n veerligte jas. Hierdie jas (of die korter snit baadjie-weergawe) word in kompartemente gestik en gevul met sintetiese vesels of selfs donsvere wat ekstra hitte en insulering bied teen die koue.
Die lang pofferige jas is hierdie seisoen groot nuus in modekringe teenoor die korter baadjiestyle. Kies ’n pofferige jas in ’n gekwilte tekstuur of metaalkleure om ’n deftige modestelling te maak!
2.

Die “trench”-jas was eers bekend as ’n kleding stuk wat die Britse soldate tydens die eerste wêreld oorlog gedra het om hulself droog te hou. Hierdie jasse was gemaak uit ’n rubberagtige katoenmateriaal wat toegelaat het dat die water eenvoudig van die jas afloop. ’n Paar jare later het bekende modehuis Burberry die ikoniese jasstyl verder ontwikkel en deur die jare is die lang, stylvolle jas as ’n groot aanwins vir enige klerekas gesien.
Die tipiese loopgraafjas is lank, en word met ’n gordel om die middel vasgemaak, met “stormflappe” op die rug. Deur die jare is die materiale en skakerings gereeld verander, maar die styl en patroon van die trench-jas bly nog al die jare dieselfde.
Jou trench-jas is ideaal vir tussenin-weer, veral die oorgang van die winter na die lenteseisoen, beslis ’n stapel-item jas in ons boekies.

3.

Een van die gemaklikste jasse wat jy ooit sal besit – die oorvou jas. Die jas word soos jou japon rondom jou lyf gevou en met ’n gordel vasgemaak. Die krae is gewoonlik ekstra wyd en daar is ook geen knope op die jas nie. Die oorvoujas is beskikbaar in verskeie lengtes, skakerings en afwerkings.
Ons dink hierdie oorvou- amper kimono-styl jas is ’n gemaklike maar stylvolle jaskeuse wat jare lank ’n gunsteling in jou kas sal bly.
4.

Hierdie jas styl is mouloos en klok uit vanaf jou skouers af onder toe. Die meeste style word los oor die skouers gedrapeer met gate waardeur jy jou arms kan steek. Dra die kombers-agtige jas bo oor rokke, ontspanningsdrag en selfs by formele uitrustings.
Wenk: dra ’n gordel hierby om jou middel te beklemtoon as jy voel die styl lyk te groot en onvleiend.
5.

’n Windbrekerjas of -baadjie is gemaak van ’n ligte en dun tipe materiaal wat spesiaal ontwerp is om teen wind en reën te beskerm. Die baadjie se moue het gewoonlik ’n rekgedeelte om die pols en soms aan die onderkant ook om verder teen die wind en weer te beskerm.
6.

As jy in ’n area bly waar dit heelwat reën, is ’n stylvolle reënjas ’n moet hê vir jou klerekas. Dit word gewoonlik gemaak van ’n waterdigte materiaal met ’n kappie om jou kop droog te hou. Kies ’n groter nommer sodat jy gemaklik jou reënjas bo-oor ander jasse en baadjies kan dra wanneer dit koud is.
Wenk: Prettige kleure en patrone laat enige reënerige dag sommer stukke beter voel!
7.

Die snoesige en beeragtige teddyjasse en -baadjies is lieflik warm, oorgroot en so gemaklik soos ’n kombers, maar in ’n jasvorm. Ons verstaan nou hoekom hierdie mode-item op almal se winter-wenslysie is. Die materiaal is destyds eers op verfrollers gebruik, en daarna in die 1920’s vir baadjies gebruik om motoriste teen die koue lug te beskerm.
Hierdie kombers-agtige jas van ‘n shearling-tipe materiaal het vanjaar die moet-hê item in bekender mode-ontwerpers se arsenaal geword van dat Max Mara in 2013 die ikoniese Teddyjas vrygestel het.
Wenk: Jy hoef nie noodwendig ’n bruin kleur te kies nie, blou, pienk en pers teddyjasse is volop en groot nuus!
8.

Hierdie jas-styl is vloeiend en lospassend, en word gemaak van ligte materiale sonder knope of enige ander versierings. Die lengte is minstens tot onder die knie en sommige “duster coats” eindig amper romdom die enkels naby aan die vloer, dit word ook meestal oop gedra.
Wenk: Die styl bly tydloos en ikonies en is perfek om bo-oor enige uitrusting te dra as ’n “layering” item.
9.

’n Jas-styl wat populêr is in die kouer winterweer. Dit is ook gewoonlik wind- en waterbestand en die meeste ontwerpe is te beskikbaar in kakiegroen of skakerings van bruin. Dit word ook gekenmerk deur die jaslengte wat gewoonlik net bo die knieë eindig. Die voering van ’n parka-jas word gewoonlik ook van warmer shearling of wol-tipe materiale gemaak en word met ’n ritssluiter toegemaak.
10.

Die denimbaadjie is oorspronklik in die 1880’s deur Levi Strauss ontwerp vir cowboys, mynwerkers en spoorwegwerkers as ’n ligte maar duursame baadjie. Deur die jare het hierdie baadjiestyl ’n ikoniese mode-item geword vir beide mans en vroue.
Wenk: Jou denimbaadjie is beslis een van die veelsydigste, gemaklikste klere-items in jou klerekas en kan by rokke, rompe en selfs jeans gedra word.

11.

Die “bomber”styl-baadjie is ook tydens die eerste wêreldoorlog deur vlieëniers wat met oop kajuite moes vlieg, ontwikkel om hul warm te hou. Die bomberstyl van destyds het bestaan uit leer aan die buitekant en ’n wolvoering aan die binnekant. Vandag lyk die styl nog soortgelyk, maar is beskikbaar in verskeie materiale en teksture.
Die gewildste styl wat nou bekend is, het ’n ronde kraag met rekbare materiaal om die moue (polse) en aan die onderkant van die baadjie. Die bomber-styl baadjie het nie knope nie, maar word met ’n ritssluiter toegetrek.
12.

Die naam beskryf hierdie trend-item perfek – die Shacket is ’n kruis tussen ’n shirt (hemp) en ’n jacket (baadjie) – perfek vir daardie tussen-in weer. Die Shacket, wat meestal bestaan uit wol, leer of katoen-kombinasies, is dikker en warmer as ’n gewone oopknoophemp, en nie so swaar soos daardie warm winterjasse en -baadjies nie. Die oorgroot, lospassende styl is natuurlik ook ’n groot tendens op die oomblik.
Wenk: Onthou om jou proporsies te balanseer. Met die lospassende Shacket aan jou bo-lyf, maak seker jy dra noupassender klere aan jou onderlyf.
13.

Dis beslis nie net vir motorfietsryers nie! Die baadjie is gewoonlik van swart leer (selfs faux leer) en eindig rondom die heupe. Baie ontwerpe is versier met blink knope en ritsluiters en wye lapel-styl krae. Veelsydig en sjiek – hierdie baadjie werk goed by jou formele uitrustings sowel as by gemaklike uitrustings.
Wenk: Vervang daardie ou nekserpie by jou nuwe tydlose biker-styl baadjie, drapeer hom oor jou skouers vir ’n stylvolle voorkoms.
Lees ook: “Athflow”, die nuutste gemakdrag-trend