17 Mooiste teepartytjie rokke

Daar bly darem maar min dinge so mooi soos ’n stylvolle rok. Elke vrou se perfekte rok resep lyk natuurlik anders, party van ons verkies rokke wat onder die knie val, waar ander weer ’n rok bo die knie verkies. Sommige van ons voel selfbewus oor ons bo-arms en ander hou weer van assimetriese en skouerlose rokke. Hoe dit nou ookal sy, daar is ’n teepartytjierok vir elke stylpersoonlikheid en voorkeur. Loer gerus hier vir wenke, inspirasie en 17 teepartyjie rokke wat nou in die winkels en aanlyn beskikbaar is. Deur Justine Kroes

04/10/2024

Teepartytjie rokke, watter een is meer jy?

Helder, met sterk silhoeëtte

Die kanse is dat die res van jou klerekas ook ’n tikkie meer kleurvol is met uitrustings wat aandag trek. Jy hou van sterk simplistiese silhoeëtte wat jou lyf vlei op al die regte plekke. Jy is nie bang om ’n rok te dra wat uitstaan en aandag geniet nie.

Wenk: Indien jy hierdie styl verkies, onthou om bykomstighede neutraal en minimalisities te hou. Die rok doen die meeste van die praatwerk!

ERRE Fashion se rokontwerpe doen presies net dit!

ERRE Fashion The Torrent Set – Rose Quartz (R12,500)
ERRE Fashion Spring 2022 – Red Double Bow Dress
ERRE Fashion Spring 2022 – Red FLOUNCE evening dress

Blompatrone

Gunsteling blompatrone lyk anders vir elkeen, party verkies klein en fyn blompatroonrokke en ander weer groot en duidelike blomme. Hierdie seisoen is die groter blompatroon veral gewild.

Forever New Maggi Strapless Mini Dress (R1899)

Wenk: Let op waar die patrone van jou blompatroon teepartytjie rok op jou lyf sit. Onthou patrone het die krag om sekere gedeeltes van jou lyf te beklemtoon – maak net seker dit beklemtoon al die regte gedeeltes en plaas nie fokus op gedeeltes van jou lyf waaroor jy selfbewus voel nie.

Truworths Emily Moon Sage Green Floral Print Dress (R1 299)
Poetry Bella Printed Sateen Dress (R999)

Afskouer en asimmetries

’n Duidelike liefde vir ontwerp en unieke silhoeëtte as jy dit geniet om asimmetriese rokstyle te dra. Tans is ’n asimmetries rokstyl die nuwe moet-hê en is in die kol onder modeliefhebbers. Om een skouer toe en die ander skouer half oop te los is veral gewild.

Iconography Women’s Shoulder Tie Strap Maxi (R799)
Foschini Off Shoulder Balloon Sleeve Floral Print Dress (R799)

Wenk: Indien jy huiwerig is vir oop bo-arms dra maar jy wil steeds ‘n asimmetriese rok aantrek – kies ’n rok wat aan die onderkant asimmetries (skuins) gesny is en waar die bo-arms toe is.

Swart en wit

Indien jy ’n swart en wit nommer vir jou teepartytjie geleentheid verkies, is die kanse goed dat jy ‘n klassieke en tydlose modevoorkoms verkies. Onthou, namate ons ouer raak en swart naby aan jou gesig dra kan die skaduwee daarvan jou moontlik ouer laat lyk as wat jy werklik is. Maak net seker jou swart en wit rok het ’n goieie balans van albei skakerings. Of ‘n oop nekgedeelte sodat die swart nie te naby aan jou gesig is nie.

Wenk: Een van ons gunsteling stilleertruuks op die oomblik is om ’n tikkie rooi by jou uitrusting te dra. Kombineer jou klassieke swart en wit teepartytjierok met ’n rooi handsak of skoene om dit modieus en trendy te laat lyk.

Ada Contrast Linen Midi Dress (R1899)
Me and B Empire Collar Dress in Black Gingham (R1199)

Strepe

OG Designs Multi Summer Maxi Dress (R799)

Van fyn to breë strepe – strepe is terug! Hierdie seisoen is die strepe nie net die vervelige swart en wit streep kombinasies nie maar eerder kleurvol.

Wenk: Vlei jou lyfvorm met strepe en kies dalk ’n rok waar die strepe vertikaal en horisontaal loop. Let net op waar die strepe begin en eindig – dit is gewoonlik waar jou oë sal rus.

Mango Striped Asymmetrical Dress (R2599)
Me and B Linen Tunnel Shirt Dress in Red and White Stripe (R1399)

Midi vs Mini lengtes

Ons is baie dankbaar die mikro-mini rokkie het vir eers die modeloopplanke verlaat en dat midi en maksi lengtes terug is om te bly.

Forever New Mason Column Midi Dress (R2099)
Forever New Maggi Strapless Mini Dress (R1899)

Midi lengte – onder jou knieë en die rok eindig in die middel van jou onderbeen.

Mini lengte – korter rok, eindig bo die knie.

Wenk: Kies ’n roklengte waarin jy gemaklik en goed voel (as jy ongemaklik gaan voel sal dit wys).

Bont en helder

Hooked on Kinda Kate Dress Toucan Print (R1550)

Helder skakerings en bont patrone laat jou nie sommer skrik nie, jy drag raag verskillende skakerings en hou daarvan om patrone te meng. Die nuwe “eiland” styl patroon is bont, helder met reenboog skakerings sommer so saam. Hierdie nuwe rok tendens lyk so asof dit op ‘n eiland in hoort maar is net so gepas vir ‘n vrolike teepartytjie

Forever New Amari Midi Dress (R2499)
Zara Printed Dress with asymmetric hem (R1299)

Wenk: Dra ‘n helder lipstif hierby vir ekstra effek!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Op soek na ’n nuwe skootrekenaarsak? Hier’s 11 om van te kies
error: Content is protected !!