Katinka Oosthuizen, of Katinka die Kat soos die meeste van ons haar op Instagram sal ken, is nie net ’n stylvolle, sprankelende blondekop nie maar ook ’n sosiale media-beïnvloeder en inhoudskepper. Katinka deel haar 5 moet-hê winter mode items met Stylvol. Glo ons, hierdie raad gaan jy nie wil misloop nie! Deur Justine Kroes
So beskryf Katinka haar persoonlike styl;
Ek dink my persoonlike styl is SUPER RANDOM! Ek het nie ’n spesifieke tipe styl nie en wil graag elke dag iets anders aantrek. As ek dit moet probeer opsom, sou ek sê dat dit n mengsel is tussen “cool edgy vibes en kleurvol”.
“Ek voel op my mooiste wanneer ek my lippe bloedrooi maak en dalk ietsie dra wat my skouers wys, ek dink dis ’n mooi feature van enige vrou”.
Katinka Oosthuizen
Wat is die beste moderaad wat jy al ooit ontvang het?
Die heel beste moderaad wat ek al ontvang het, was van my ma af. Sy’t nogal ’n paar goeies, “Moet nie ’n slaaf wees van trends nie, wees eerder die trendsetter, not a follower”. Sy sê ook “skoene wat by die kleur van jou hare pas rond ’n uitrusting mooi af”.
Katinka se top 5 moet-hê winter mode-items
1. ’n Paar Doc Martens
As dit dalk nie iets is wat jy dink jy vir altyd gaan dra nie is daar baie soortgelyke style nou in die winkels beskikbaar. Hierdie skoen was20 jaar gelede cool en dit is vandag steeds cool! Dit pas letterlik by enige uitrusting, en as ek in hulle kon slaap sou ek. En boonop dink ek dit laat ’n mens se bene mooi lyk.
2. High waisted jeans.
Dit is verslankend en gee jou voorkoms ’n edge. Dit pas by alles en jy kan dit as gemaksdrag of selfs meer formeel dra, plus die broek is lekker warm. Bonus – dit druk mens se magie lekker plat!
3. ‘n Pofferige jas
Een wat ’n duidelike statement maak. Dan verdwyn ’n mens nie so tussen al die K-way styl-baadjies wat almal dra nie.
4. ’n Lekker trui
Een trui in ’n neutrale kleur wat by alles pas en een helderkleurige trui; tydlose items!
5. ’n Serp soos ’n kombers!
Daar is NIKS beter as ’n groot serp wat jou ore én neus én boude sommer terselfdertyd kan toemaak nie. Jy kan maar later vir my dankie sê!
Volg vir Katinka op Instagram hier.
Lees ook: 7 Grootste steweltrends vir winter