stewel
stewel

7 grootste stewel-trends vir die winter

Die yskoue weer is hier om te bly, en jy is dalk ook (soos ons) op soek na ’n paar nuwe winterstewels. Wat ook al jou persoonlike stylkeuse, is daar beslis ’n stewel-trend vir jou daar buite. Hier is die 7 grootste steweltrends vir die winter. Deur Justine Kroes

1. Stewels met patrone

Stewels met patrone is een van die maklikste maniere om kleur en tekstuur by jou monokroom-uitrusting te voeg. Dra dieremotiewe soos slangvel of selfs blomme, wat ook al die beste by jou stylpersoonlikheid en die res van jou klerekas pas.

Mango Berry Boot (R1499 Superbalist)
That Shoe Lady Jeffrey Campbell Cabarrelos Boots (R3699)
ALDO Aurellane Boot Yellow and Black (R1499)

2. Trekkerband stewels

 Die dramaties-bonkige “tractor-tread” stewel is een van die gewildste stewels hierdie seisoen. Die “Tractor tread” stewel se faam is afkomstig van die Prada AW19 loopplank en in die loop van die afgelope paar jaar het al hoe meer ontwerpers die bonkige skoenontwerp in hul modereekse ingesluit. Die stewel word gekenmerk deur groot bonkige sole wat amper soos ’n trekker se buiteband lyk, selfs groter en bonkiger as Doc Martens.

Country Road Peyton Gusset Boot (R1799)
Country Road Tully Gusset Boot in Nude (R1799)
Public Desire Tractor Sole Knee High Boot (R1099 Superbalist)

3. Vierkantige-toonstewels

Uit is ronde-toonstewels, in is die vierkantige-toonstewel. ’n Groot somerskoentrend wat beslis oorgespoel het na die modes vir die koeler wintermaande. Hierdie skoentrend word meestal gesien in neutrale skakerings van bruin, wit en swart, wat dit natuurlik maklik maak om by enige uitrusting te laat pas. Dit is dalk die moeite werd om vanjaar jou puntstewel of ronde-toonstewel te verruil vir ’n meer minimalistiese en modieuse ontwerp!

Mr Price Project Nude Ankle Boots (R249,99)
Mr Price Block Heel Ankle Boot (R249,99)
Zara Square Toed Leather Ankle Boots (R2099)

4. Kousstewels (sock boots)

As jy nie weet hoe ’n kousstewel lyk nie, dink aan ’n noupassende stewel wat styf om jou enkels sit, nes ’n kous. Hierdie styl is vanjaar weer terug in die mode en ons kla nie, ’n sjiek stewelkeuse wat jou uitrusting blitsvinnig meer stylvol sal laat lyk. Dra dit by jou opgerolde denims of midi en mini rompe om daardie noupassende gedeelte, veral om die enkel, te beklemtoon.

Country Road
Edith Stretch Boot (R1399)
Z Code Z Banu Sock Boot (R799 Superbalist)
Missguided Stacked Heel Ankle Boot (R999 Superbalist)

5. Slonsige stewels (Slouchy boots)

Is presies dit, stewels met ’n effense kreukel-effek. Die styl is lospassend met taamlike plooie en die slonsige steweltrend is een van die moeilikste stewels om te stileer. Onthou om altyd die balans van jou uitrusting in ag te neem wanneer jy jou slonsige stewels dra. By noupassende, getailleerde broeke en minirompe of-rokke werk die styl goed.

Z Code Z Vanda Slouchy Knee Boot (R899 Superbalist)
Mango Salma Leather Boot (R3999 Superbalist)
That Shoe Lady Jeffrey Campbell Red Suede Boot (R3699)

6. Bo-oor die kniehoogte-stewels

Dis al jarelank ’n mode-gunsteling, en as jy nog nie een van die stewel-stapelitems in jou klerekas het nie is dit dalk hierdie seisoen ’n mode-moet. Die bo-oor die knie styl is natuurlik nie net die warmste stewelstyl nie maar ook ’n tydlose styl wat keer op keer na die modewêreld terugkeer as ’n moet-hê stewel vir die seisoen.

’n Swart bo-oor die kniehoogte-stewel is dalk die veiligste keuse, dit sal by die meeste items in jou klerekas pas en boonop sal swart nie sommer oornag uit die mode gaan nie! Dra dit by jou denim, mini rompe en sykouse vir ’n trendy voorkoms.

Witchery Lisa Textured Boot (R3199)
Steve Madden Huntley Over The Knee Boot (R1899)
Woolworths Over The Knee Boot (R899)

7. Western stewels

Dis weer terug in die mode danksy Isabel Marant se FW 21 modevertoning met kleurvolle “western boots” en pragtige patrone daarby. Hierdie seisoen is dit verskillende teksture en skakerings wat die western stewel laat uitstaan. Kies gerus ontwerpe van wit, rooi of selfs goud met interessante afwerkings en versierings.

That Shoe Lady Jeffrey Campbell Tooney Western Boots (R3499)
Cotton On Marlie Minimal Western Boot (R599)
Plum Genesis Western Boot Tan (R799 Superbalist)

Lees ook: Die Snoesige “teddyjas” trend

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hierdie 9 handsakstyle is nou hoogmode
error: Content is protected !!