Toe ek hoor van die (pynlose!) behandeling waar jy gelykstaande aan 20 000 situps in 30 minute doen terwyl jy salig op jou rug lê om spiere te bou sonder die swoeg en sweet, het ek geweet hierdie is een behandeling op die “moet toets” lysie. Lees gerus meer oor die BTL Emsculpt behandeling wat Justine die afgelope ses weke by Body + Skin Clinic getoets het, en daarby ook altesaam 12cm om haar middel verloor het. Deur Justine Kroes
16/06/2023
Maar eers wat is Emsculpt?
Emsculpt verwys na ’n nie-chirurgiese behandeling wat gebruik maak van slim hoë intensiteit gefokusde elektromagnetiese energie (HIFEM High Intensity Focused Electromagnetic Energy). Die slim masjien wat op jou maag, heupe, boude, arms en selfs bobene geplaas kan word, gebruik spierkontraksies wat spierweefsel aktiveer en sterker te maak (meer as enige ander oefening) en stimuleer so ook die liggaam om nuwe spierweefsel te ontwikkel. Hierdie proses breek ook natuurlik dan vetselle af.
Dit is ’n mondvol – maar basies is een behandeling van 30 minute gelyk aan 20 000 situps. Om herhaaldelik die spiere deur hierdie kontraksies te sit moedig dit daardie spiere aan om groter en sterker te groei en in ruil word vetselle ook afgebreek.

Die masjien se slim ontwerp maak dit ook maklik om gedeeltes wat jy dink ’n probleemarea op jou lyf mag wees, te teiken en ferm te maak.
Daar is verskillende gebruike vir die BTL Emsculpt masjien, hier is ’n paar gewildes:
Jy kan die masjien gebruik om maagspiere te definieer.
Gebruik dit om armspiere te definieer,
Ook gewild vir fermer boude en bene.
Justine sê:
Ek moet eerlik wees, ek was aan die begin maar huiwerig oor die behandeling, en of dit regtig sal werk, maar ek was nog nooit so verkeerd nie. Ek het oor die afgelope ses weke altesaam 2 cm om my bo-middel verloor, 5 sentimeter om die middelste gedeelte van my maag (rondom my naeltjie) en NOG 5 cm om die onderste gedeelte van my maag – 12 cm altesaam!


Ek het die proses begin deur ’n konsultasie met terapeut Zanele. Ek en Zanele het saam besluit dat my maag, meer spesfiek my “lower abdomen”- ek noem hom sommer my “mom pouch”- die area is waarop ons wil fokus. Na twee kinders, maak nie saak hoeveel ek oefen nie, hierdie deel van my lyf is die moeilikste om kleiner en ook fermer te kry.
So verloop die Emsculpt behandeling
Zanele neem eers my mates en fotos voor ons met my ses week behandeling afskop. Vir die volgende ses weke besoek ek een keer per week Body + Skin Clinic vir ’n blitsvinnige 30 minute, pynlose Emsculpt sessie.
Die masjien word om die area vasgebind wat jy graag wil teiken (in my geval om my middel en maag). Dan begin die terapeut die kontraksies op die masjien by 5 of 10% intensiteit. In die begin is dit ’n vreemde gevoel, amper iets soortgelyk aan “pins en needles”. My maag- en bobeenspiere het saamgetrek en ek het vreeslik gegiggel. Hoe meer gemaklik jy raak met die intensiteit, hoe hoër stel die terapeut die persentasie van die kontraksies. Ek het met elke sessie vroeg in die sessie tot 100% intensiteit ingeskakel.

Die slim masjien tel ook op wanneer spiere moeg raak, dit staak dan die kontraksies en vervang dit met ’n “tapping” gevoel. Zanele het verduidelik hierdie aksie word gebruik om van moontlike melksuur ontslae te raak om te verhoed dat jy styf voel na die behandeling.
Ek het met elke sessie vir 30 minute op my rug gelê en afgeskakel, dit was partykeer die hoogtepunt vn my week, ’n 30 minute timeout.
Zanele het ook vir my verduidelik die behandeling maak spiere sterker, ek kan getuig dit doen, ek het in byna 6 maande geen maagoefeninge gedoen nie, en na ’n onlangse gimklas kon ek maklik al die maagoefeninge doen sonder om te kreun en steun soos vantevore.
‘n Minimum van 4 tot 6 sessies word voorgestel vir die beste resultate.
Kontak vir Skin + Body Clinic
Besoek gerus die dinamiese en uiterse hulpvaardige span by Body + Skin Clinic in Kaapstad (daar is ook ’n kliniek in Johannesburg dames!) vir ’n konsultasie van die BTL Emsculpt pasgemaak vir jou persoonlike behoeftes. Klik hier om te bespreek.