Jou strandstylgids; Swembroeke, kaftans en strandpakkies op ons Desember wenslys

Ons deel vanjaar se grootste swembroek en stranduitrusting trends plus 20 items op ons vakansiewenslys. Swembroeke, kaftans en gehekelde rokke bly gemaklik, elegant en veelsydig vir jou somervakansie. Die fokus is vanjaar op tekstuur, hoe om laag-op-laag- items te stileer, en kombinasies wat jou van die strand tot skemerkelkies kan neem sonder moeite. Deur Justine Kroes

20 Items vir jou strandstylgids

Swembroeke

Die eenstuk:

Die nederige eenstuk is vanjaar volop en in allerhande interessante ontwerpe beskibaar, van assimetriese style, ‘cut-out’ detail en patrone. Jou eenstuk hoef beslis nie vanjaar ’n plein swart nommertjie te wees nie.

Swembroeke met tesktuur;

Hetsy jy nou ’n eenstuk of tweestuk swembroek verkies is die tekstuur van jou swembroek hierdie seisoen belangrik. Dink aan teksture soos gehekelde swembroeke, geribde materiale of swembroeke met borduurwerk vir ’n driedimensionele gevoel.

Patrone in jou strandstylgids

Daar is beslis ’n handvol gewilde patrone te sien op die winkelrakke. Van polkakolle tot abstrakte blaar- en plantpatrone tot selfs strepe.

Versierings:

Swembroeke met gespes of blink versierings is vanjaar groot nuus. Van groot en bonkige seesterre tot eenskouer swembroeke met ’n gespes vir ’n tikkie ekstra drama.

Kaftans en sarongs:

Jou kaftan of sarong is nie meer net ’n “cover up” wat jy alleenlik strand toe dra nie – dit is nou ’n styl-item wat jy enige tyd of plek kan dra, ’n volle uitrusting, nie net vir die strand bedoel nie.

Hier is ‘n paar van ons gunsteling style wat nou trend:

H&M Kaftan Dress (R1099 Superbalist)

Oorgroot kaftans in ligte linne, katoen of sy. Indien jy op soek is na ’n gemaklike styl waarin jy boonop koel gaan voel is ’n oorgroot kaftanrok in ’n natuurlike materiaal die een vir jou.

Jy kan natuurlik ook rompe stileer as jou “sarong” by jou een of tweestuk swembroek.

Gehekelde rokke en stelle

Ook bekend as crochet dresses, is hierdie somer ’n duidelike gunsteling onder mode- liefhebbers. Hierdie styl is nie alleenlik vir die boho-sjiek stylpersoonlikhede bedoel nie, daar is ook elegante en kleurvolle weergawes van die hekelrok beskikbaar.

Indien jy bekommerd voel oor te veel lyf wys, kies ’n hekelrok of gehekelde bypassende stel wat gevoer is.

Hierdie styl kan jy direk strand toe dra, of selfs vir ’n afspraak of ’n aand uit, mits jy die regte bykomstighede daarby stileer.

Hier is ’n paar gunstelinge:

Die bypassende stel

Hier is moontlik een van ons gunsteling trends vir die somer en strandseisoen daarby!

’n Bypassende stel is altyd ’n goeie idee, dit is veelsydig, jy kan elke item apart stileer of saam dra. Om ’n bypassende stel byderhand te hou beteken minder moeite en breinkrag om te dink wat jy moet aantrek. Jou voorkoms lyk boonop meer intensioneel en afgerond in jou bypassende stel.

Kies ’n ligte materiaal vir strand toe. Dra net jou romp of broek van jou bypassende stel oor jou swembroek en hou jou hemp byderhand vir wanneer dit later koeler raak.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Aandag onderwysers: 5 moet hê klere-items vir jou klerekas
error: Content is protected !!