Hierdie skoenstyle hoort in elke vrou se kas

Het jy (soos ons) ook ’n magdom pare skoene in jou kas wat jy nie eintlik dra nie? Ons wil dit graag vereenvoudig en net die noodsaaklikste skoenstyle identifiseer wat elke vrou in haar klerekas behoort te hê. Stylkenner en ikoon Jackie Burger help ons in die regte rigting en identifiseer haar top 4 skoenstyle wat in elke vrou se kas hoort. Deur Justine Kroes

“Jou skoenkeuse is iets wat mooi deurdink moet word, dit dra by tot die afronding van jou voorkoms en beklemtoon jou selfvertroue. ’n Goeie skoen balanseer jou proporsies, projekteer jou houding en is ’n staatmaker-item in jou klerekas. Jou skoenkeuse verklap eerstehands jou persoonlike styl en moet dus as een van jou fyndeurdenkte aankope beskou word.”

Jackie Burger

1. Tekkies (sneakers)

“Met ’n paar klassieke tekkies is jou stylopsies eindeloos. Ons kan bly wees dat die streetstyle-tendens ons aanslag tot aantrek “bevry” het met die aankoms van die allermooiste tekkie-ontwerpe. Wees bewus daarvan dat jou gym- en oefentekkies nie hierby inpas nie! ’n Paar sneakers kan jou persoonlike styl beklemtoon, wat natuurlik ’n belangrike oorweging moet wees wanneer jy jou paar uitkies,” Jackie se raad.

Jackie Burger

Hier is ‘n paar gunstelinge:

Country Road Kate Sneaker (R1199)
Nike Air MAX 90 (R2799 Superbalist)
Trenery Emma Gingham Sneaker (R1099)

2. Klassieke somersandale

Jackie sê “’n Paar jaar gelede het ek ’n klassieke paar leersandale wat met die hand gemaak is, gekoop. Die sandale het ‘n subtiele “stud” afwerking. Dis beslis ’n beleggingstuk wat by my hele klerekas pas, ek dra dit graag by my geplooide rompe, wyepypbroeke en hemprokke, selfs by my klassieke vintage tuxedo vir formele funksies. Ons spandeer te veel geld aan te veel verskillende sandale, kies eerder ’n klassieke tydlose paar, dit sal onskatbare waarde tot jou klerekas byvoeg en vir jou meer selfvertroue gee met jou uitrustingkeuses.”

Sweetpeas Handmade Ibiza Leather Sandal (R699)
Woolworths Espadrille Sandals (R599)
Mango Lucy Leather Sandal (R1199)

3. Balletskoene (ballet flats) of Loafers

“Hierdie is die tipe skoen waarvan elke vrou ’n klein repertoire in haar klerekas moet-hê, beslis ’n tydlose item. Die ballet flat is beide sjiek en ikonies en jy kan dit meer of minder formeel stileer. Ek laat altyd ’n “French sole” aan my pare aanwerk om te verseker dat hierdie skoene so lank as moontlik hou.” Jackie

Poetry Emma Shoe (R999)
Witchery Soft Leather Ballet (R999)
Mango Cambri Leather Ballerina (R799)

Loafers

Foto: Shutterstock

As balletskoene nie by jou persoonlike styl pas nie, kies dalk ‘n ander tipe plat skoen. Te danke aan Gucci is die “loafer” skoenstyl deesdae ‘n gewilde keuse, maar een wat vir lank nog tydloos sal bly.

Jackie in ‘n paar tydlose “loafers”

Hier is ‘n paar gunstelinge:

Witchery Addie Leather Loafer (R1199)
Country Road Simone Loafer (R1299)
Mango Leather Loafer Moca Natural (R1199)

4. ’n Hakskoen (Heeled pump)

“’n Signature heeled pump is ’n moet, een wat pragtig gemaak is, jou bene vlei en “makes you walk taller”. Hou aan soek totdat jy daardie paar vind wat by jou vlak van elegansie en gemak pas, bly eerder weg van seisioenale trends of modekopies wat op die ou einde jou voorkoms dated kan laat lyk” meen Jackie

Foto: Shutterstock

Ons stem hiermee saam, as jy dalk nog huiwerig is om hakskoene te probeer, oorweeg dalk ’n paar met ’n korter blokhak, dit is meer gemaklik en steeds ’n tydlose styl. Daar is eindelose opsies om van te kies, stiletto-style tot ‘n korter “kitten-heel”, vind ‘n hakskoen wat die beste by jou stylpersoonlikheid pas.

Hier is ‘n paar gunstelinge:

Mango Diana Leather Heel (R1299)
Glamorous Mule Sandal (R599)
Country Road Marley Slingback (R1099)

5. ’n Paar skoene wat ’n stelling maak

Foto: Shutterstock

Elke vrou se klerekas moet ’n paar skoene hê wat haar hart laat bokspring, daardie uitstaan paar wat haar heel gunsteling is. Hierdie spesifieke skoen sal verskil van individu tot individu, maar dit moet jou persoonlike styl verteenwoordig en weergee.

Hier is ‘n paar idees:

Poetry Tatiana Heel (R1699)
Sweetpeas Handmade Bahamas Leather Sneaker (R1299)
Madden Girl Honney Boot (R1499 Superbalist)

6. ‘n Paar enkelstewels

’n Goeie paar enkelstewels is ’n tydlose belegging. Kies ’n paar wat die beste by die res van jou klerekas gaan pas, swart as jy geneig is om meer swart te dra of bruin/tan as jy dit eerder verkies. Om ’n goeie paar te koop wat ’n paar seisoene lank kan hou is altyd ’n goeie idee. Kies ’n paar wat rondom die nouste gedeelte van jou enkel eindig, dit vlei jou bene en laat hul maerder lyk. Onthou jou enkelstewels is nie net vir die wintermaande nie, dra jou enkelstewels by jou somersrok vir ’n edgy voorkoms.

Witchery Clara Textured Boot (R799)
Poetry Kiera Boot (R1299)
Mango Nacho Boot (R1499)

7. Die binne/ buite pantoffel

Nee dit is nie ’n verskoning om jou ou uitgewaste pantoffels winkel toe te dra nie! Maar kom ons wees eerlik, met die inperking en die winter wat heers, leef ons werklik in ons pantoffels tuis. Die bonus deesdae is dat daar skoene beskikbaar is wat soos pantoffels lyk en voel, maar jy kan dit in die openbaar ook dra. Ons hou veral van ons UGG slides en dra dit graag by denims en rompe.

UGG Oh Yeah Strawberry Sorbet (R1899)
UGG Classic Mini in Chestnut (R2999)
UGG Fluff Yeah Slide Black (R2199)

Lees ook: 14 Modereëls wat jy gerus mag breek

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dit pak modekenners in hul vakansietasse
error: Content is protected !!