Stylkenners se gunsteling wintermodekopies

Ons het vir 5 stylkenners gevra om hul gunsteling wintermodekopies vir die winterseisoen tot dusver met ons te deel. Hulle verklap ook meer oor daardie kledingstukke wat hul laat gaan het of op ys gesit het vir hierdie seisoen. Ons hoop dit inspireer jou volgende styl-kopie – ons hardloop solank winkels toe! Saamgestel deur Justine Kroes

29/06/2023

Laudi Lee se gunsteling wintermodekopies:

@jen_x_style_beauty op Instagram

Samba Adidas tekkies

Ek is al vir ’n geruime tyd op soek na hierdie Adidas Samba tekkies.  Hierdie ‘soccer sneakers’ is ’n baie gewilde keuse op die oomblik. Jy kan dit maklik van ‘casual’ tot ‘smart casual’ stileer.  Die tekkies se silhoeët is ’n fyner tipe tekkie wat ’n goeie balans gee teenoor die meer lospassende modes wat nou gedra word.

Adidas Samba OG Shoes (R1799)

Cargo wyepypbroek

Die “cargo” wyepypbroek – ’n neiging wat teruggekom het uit die 2000’s is een wat ek graag dié winter dra. Die broek styl is so lekker vir elke dag se gemakdrag dat ek myne sommer gereeld dra. Ek kombineer dit met my balletpumps vir ’n meer vroulike effek of saam met my paar ‘samba’ tekkies. 

Loer hier vir ‘n paar uitrusting inspirasie idees.

Egte leer balletpumps

Ek dink ballet pumps is tans hoog mode maar tog ’n ware klassieke skoen wat elke vrou in haar kas hoort te hê.  Ek dra hulle in winter saam met sykouse en kombineer dit met my wye-pyp broeke en mom jeans.  Weereens gee dit meer ’n sagter en vroulike balans teenoor hierdie ander lospassende items. 

Dit het ek die seisoen laat gaan:

Definitief stywe low cut skinny jeans en jeggings. Ek weet die is seker die moeilikste vir ons Gen X’e en Millennials om te hoor, maar na COVID is hierdie styfpassende broeke ’n “outdated look”. Ek sê nie ’n mens moet elke seisoen ’n modeslaaf word nie, maar ’n mens wil darem jou kas so nou en dan aanpas om nie heeltemal “uit die oude doos uit”, soos my ouma sou sê, te lyk nie.  Jy kan nog steeds nouer denims dra, maar meer ‘straight cut’ en regaf gesny in plaas van die skin-tight denims. 

Jeanine Theron se gunsteling wintermodekopies

@transformed_by_jeanine op Instagram

Skoene, skoene, skoene

Ek het hierdie seisoen geld spandeer op goeie skoene. Ek hou van gemak, daarom is gemaklike skoene vir my ’n moet.

’n Groot modegier vir 2023 is clogs en die Adidas Samba tekkie. Ek dra beide hierdie gunsteling kopies van my met kouse in die winter. Dit is altyd interessant hoe ou modes weer hulle verskyning maak.

Denimrompe

Ek is ook mal oor die denimrompe wat orals te sien is, ek weet ek sal die een nog baie dra.

Dit het ek die seisoen laat gaan:

“Skinny” denims en “tights/leggings”. So mal soos wat ook dit was, verouder dit ’n mens se uitrusting deesdae.

Dit werk wel as jy lang “bulky” of bonkige stewels bo-oor dit dra. So, my raad sal wees om dit nie uit te gooi nie, maar net nie meer so gereeld te dra nie.


Susra Matthee se gunsteling winterkopies

@susra_matthee_image_consulting op Instagram

Pienk jas

Pienk jas van H&M (R899 uitverkoop)

Ek koop nie gereeld helderkleurige jasse of baadjies nie. Helder skakerings is net nie so veelsydig soos neutrale kleure nie. Ek sal eerder rokke of hemde (wat goedkoper is) in helder kleure koop. Maar aangesien helder pienk:

die kleur van die jaar is, 

’n kleur is waarin ek goed lyk

my gemoed ophelder

en dié jas nie so ’n duur kopie was nie,

het ek myself toestemming gegee om dit te koop. Die jas maak ’n stelling en ek voel goed wanneer ek dit dra.

‘n Shacket

H&M Oversized Shacket (R629)

Dit is ’n item wat ek vir lank vermy het.  Ek het gedink ek is nie cool of jonk genoeg om dit te dra nie. Nadat ek besef het dat ek die een is wat my beperk, het ek van plan verander en myself as jonk en cool genoeg geag. En nou is dit een van my gunsteling items, ek koop sommer nog!

Nike tekkies

Alhoewel new balance trainers die gewilde keuse op die oomblik is, het ek besluit om dié nike trainers aan te skaf (’n gunsteling van ’n vorige seisoen) My athleisure uitrustings is nou eindeloos. En soos jy kan sien het ek dit by elke uitrusting hier bo gedra, dit werk feitlik by alles!

Dit het ek hierdie seisoen laat gaan:

Iets wat ek minder hierdie winter gaan dra – my skinny jeans. Lospassende jeans het oorgeneem en die skinny word deesdae gesien as “uit die mode” Dit beteken nie jy kan dit glad nie meer dra nie, dit is net nie die “trendy” keuse van die oomblik nie. Wanneer jy dit dra, probeer die res van die uitrusting lospassend te hou, vir beter proporsie en balans in jou uitrusting.

Simone Lombard se gunsteling winterkopies

@simlombard_image op Instagram

Denimromp

My denim romp (die een is van Cotton On) – is ’n slim kopie want dit kan oor al vier seisoene gedra word. Jy kan dit infomeel dra met sneakers en ’n T-hemp, en formeel maak met ’n blazer, kraaghemp en stewels.

Bruin stewels

Nog ’n gunsteling is bruin/tan leerstewels – dis tydloos en pas by verskeie items, ’n goeie aanwins vir my klerekas.

Dit het ek die seisoen laat gaan:

Ek het die winter bonkige stewels en satynrokke gegroet. 

Lizanne Anderson se gunsteling winterkopies

@hellobeautiful_imageandstyle op Instagram

Leer clogs

Clogs het ’n moderne “makeover” ondergaan en ’n baie gewilde terugkeer gemaak. Daar is soveel verskillende style om van te kies, so as hulle dalk effe intimiderend is, kies ’n paar wat dalk ’n verfynde voorkoms het.  Een ding is verseker, hulle voeg ’n opwindende element tot elke wintersuitrusting en is so gemaklik!

Soldatejas (trenchcoat)

Nie net is ’n soldatejas lekker warm nie, maar dit is ook so ’n veelsydige klerekas-item wat ek by elke liewe uitrusting kan dra, meer deftig of by gemaklike kledingstukke. Ek hou veral van hoe die soldatejas dadelik elke uitrusting verhef.

Monokromatiese stelle (een kleur van kop tot tone)

Ek geniet hierdie monokromatiese wintermode baie op die oomblik. Ek dink dit reflekteer sommer dadelik ’n self-versekerde uitrusting. Daar is so baie stelle opsies daarbuite op die oomblik. Alle skakerings van bruin is veral nou gewild en die lekker ding is, jy kan ’n bruin kies wat by JOU pas.

Dit het ek die seisoen laat gaan:

Ek het groter handsakke ingeruil vir kleiner kruislyf-sakke (“crossbody bags”). Dit is ’n gerieflike ontwerp en alles wat ek nodig het pas gemaklik daarin (my beursie, selfoon en paar kleiner items, soos ’n lipstiffie of twee). 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 grootste modefoute volgens kenners
error: Content is protected !!