Hierdie Lente-trends wil ons nou dra

Van die loopplank tot die winkels; hierdie maklik-om-te-dra Lente-trends is nou modenuus en beskikbaar by Woolworths. Deur Suzanne Kotzé

1. Bottergeel

Bottergeel bly een van die jaar se grootste kleure en dit is ideaal vir lente en somer. Dit voel vars en lig. Bottergeel is ook ’n geel skakering wat as vleiend vir alle veltone bestempel word. Dit het ’n meer neutrale ondertoon en werk ewe goed met warm (gelerige) veltone en koue (pienkerige) tone. Ons was so verbaas hoe goed it aan ons albei lyk.  

Dink aan bottergeel as jou neutrale kleur vir somer en dra dit saam met alles waarby jy gewoonlik bv. wit sou dra.

Wenk: As jy huiwerig is vir die kleur, begin met ’n serpie of handsak.

Tiered Flutter Sleeve Textured Wrap Dress (R449, Woolworths)
Linen Blend Shirt (R599, Woolworths)
Buttoned Cotton Blouse (R499, Woolworths)
Split Collar Linen Blend Tunic Dress (R599, Woolworths)

2. Poeierpienk

Vergeet van laasjaar se skel Barbiecore pienk, in 2025 is sagte poeierpienk díe pienk skakering om te dra. Dink aan neutrale pienk, eerder as suikersoet spookasem pienk. Dra dit saam met sterk kleure soos swart of bruin, of neutrale soos wit en ecru. Glo ons, selfs al het jy nie noodwending ’n ‘girly’ styl nie, gaan hoe jy pienk dra alles oor die stilering en kleurkeuses wat jy daarmee saam dra.

Vermy te veel sagte pastelle saam, wat maklik kinderlik kan lyk.

Wenk: As jou styl meer minimalisties is, kies poeierpienk mode-items met skoon lyne, soos baadjies, kraaghemde en onderbaadjies.

Balloon Sleeve Tunic Dress (R799, Woolworths)
Viscose Blend Blazer (R999) en High Rise Curvy Slim Leg Pants (R549, Woolworths)

3. Sagte blou

Sagte blou skakerings werk goed saam met neutrale skakerings soos beige, taan, wit en ecru díe seisoen. Al word dit nie aanbeveel om die pastelskakering saam met ander pastelle te dra nie, is bottergeel die uitsondering hierby.

Belted Split Collar Poplin Cotton Tunic Dress (R699, Woolworths)
Gathered Waist Midi Dress (R699, Woolworths)
Tie Neck Blouse (R499, Woolworths)

4. Ecru

Jy wonder dalk wat op dees aarde is Ecru?! Die romerige skakering (met met ondertone van grys, liggeel en bruin) is afkomstig van die Franse woord écru en beteken ongebleik of rou. So dink aan ongebleikte linne of sy. Dit het ’n definitiewe klassieke en ‘ou geld’ gevoel. Woolworths se senior mode-aankoper, Courtney Lello, sê ’n paar jeans in Ecru, is beslis een van lente/somer se denimkleure om te dra.

High Rise Culotte Wide Leg Jeans (R699, Woolworths)

5. ‘Tailoring’

Dink aan die items van tradisionele manspakke; onderbaadjie, kraaghemp en ’n broek en dink dan pasgemaak. ’n Onderbaadjie wat stywer sit, hoë middelbroeke en baadjies, lospassend en stywer, hierdie is alles deel van die ‘tailoring’ trend. Die afelope seisoen of twee is daar ’n mengsel van oorgroot baadjies en broeke, tot meer gestruktureerd en noupassend met items soos uurglas baadjies wat hopelik binnekort ook volop in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.

Wenk: Jy hoef nie noodwendig die hele ‘tailoring’ voorkoms van kop tot tone te doen nie. ’n Onderbaadjie saam met denims of ’n romp is ’n maklike manier om dit te doen. Of ’n wyepyp pak tipe broek saam met ’n T-hemp (ingesteek) en tekkies of sandale. Of ’n oorgroot kraaghemp, ingesteek by ’n wyepyp hoë middelyf denim.

Viscose Blend Waistcoat (R649, Woolworths)
High Rise Pleated Wide Leg Pants (R549, Woolworths)
Belted Wide Leg Pants (R699, Woolworths)

6. Bypassende stelle

Van rompe, tot broeke en kortbroeke en bypassende hemde, sorg dat jy minstens een bypassende stel het vir die seisoen. Dit is ’n moeitelose manier van aantriek wat uiters sjiek lyk. En as jy moeg word vir dit saam dra, kan jy dit natuurlik ook meng en pas met ander kleure in jou kas.

Wenk: kies ’n blinkerige materiaal, sonbrille en sandale met hakke vir ’n glansryke voorkoms.

Embroidery Scalloped Cotton Vest (R699) en Broderie Anglaise A-line Cotton Midi Skirt (R999, Woolworths)
Print Pleated Basque Maxi Skirt (R599) en Print Side Tie Wrap Viscose Blouse (R599, Woolworths)

Hierdie is so ’n groot trend dat jy selfs ’n ‘matching sets’ afdeling kry by Woolworths se aanlynwinkel. Loer gerus hier vir nog opsies.

7. Metaal versierings/afwerkings

Van gordels tot knope en selfs metaal details op skoene, hierdie gee ’n tikkie interessante ‘bling’ aan jou voorkoms.

Textured Knit Cotton Cardigan (R499, Woolworths) Behalwe vir die mooi knope is die moulose knooptrui ook ’n trend op sy eie.
Metallic Button Boucle Jacket (R1199, Woolworths)
Viscose Blend Wrap Blouse (R499, Woolworths)
Metal Detail Camisole (R329, Woolworths)
Metal Trim Toe Post Faux Leather Heel Mules (R499, Woolworths)
Large Link Chain Belt (R399, Woolworths)

8. Sjiek serpe

Van jou kop, tot jou middellyf en selfs jou handsak, ’n serp is een van somer se moet-dra bykomstighede en ’n maklike manier om jou voorkoms op te kikker. Serpe om jou middelyf gebind verander blitsvinnig jou voorkoms en neem werklik net ’n paar sekondes. Lees gerus hier: Serpe as gordels, die onverwagse 2025 modetrend

Print Satin Square Scarf (R199, Woolworths)
Geometric Lightweight Scarf (R259, Woolworths)
Print Square Scarf (R239, Woolworths)

9. Somerstrepe

Somer en strepe gaan nou maar eenmaal hand aan hand. Die somer is alle strepe, wyd en nou, skuins, diagonaal en sommer gemeng ook in. 

Wenk: As jy net een strepe item moet koop (reeds het) maak seker dit is ’n gestreepte kraaghemp.  Saam met ’n denim is hierdie ’n wenner.

Wenk: As jy meer avontuurlustig voel, meng gerus swart en wit strepe met ’n swart en wit polkakol item. Bv. ’n gestreepte bostuk met ’n kolle romp.

Belted Collarless V-neck Linen Blend Midi Shirt Dress (R699, Woolworths)
Frill Hem Drop Waist Cotton T-shirt Dress (R399, Woolworths)
Striped Cotton Maxi T-shirt Dress (R699, Woolworths)

Rib Knit Woven Midi Dress (R599, Woolworths)
Striped Tie-up Tiered Maxi Dress (R749, Woolworths)
Poplin Cotton Shirt Woolworths

Poplin Cotton Shirt (R499 Woolworths)

10. Denim en nog denim

Rokke, rompe, broeke, kortbroeke, hemde, baadjies; alles in denim en denim by denim is staatmakers wat díe seisoen groter nuus is as ooit. Met interessante style soos die vaatstyl en wyepyp denims wat tans trend. Lees gerus hier oor die nuuste denimstyle. Ons skaf beslis ook rompe en rokke in denim aan vir somer.

Wenk: bonkige sandale, ‘loafers’ en balletstyle skoene kan jou denimvoorkoms opdateer.

RE Mid Rise Denim Maxi Skirt (R599, Woolworths)
RE Zip Collared Denim Dress (R699, Woolworths)
RE Denim Jacket (R699, Woolworths)

11. Slagspreuk T-hemde

Slagspreuk T-hemde, met veral wêreldstede, is hoe jy jou T-hemp voorkoms nou kan opdateer.

Wenk: Rol jou moue een keer op vir ‘n netjiese voorkoms.

StayNew Slogan Cotton T-shirt (R199, Woolworths)
StayNew Striped Slogan Cotton T-shirt (R229, Woolworths)
StayNew The Perfect Pairing Cotton T-shirt (R199, Woolworths)

12. Pofmoue

Pofmoue kom elke seisoen of twee terug. Ons is veral mal oor die vasbind bloese wat jou middel vlei.

Wenk: Maak seker jou mou eindig waar die nouste deel van jou middel is

Balloon Sleeve Poplin Wrap Blouse (R599, Woolworths)
Cornelli Puff Sleeve Top (R399, Woolworths)
StayNew Embroidered Puff Sleeve T-shirt (R399, Woolworths)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Bonkige tekkies; ’n paar gunstelinge
error: Content is protected !!