Hierdie bykomstighede wil ons nou dra

Hierdie bykomstighede is groot nuus. Van uitstaan assimmetriese oorbelle tot drie-dimensionele blomme. Deur Suzanne Kotzé

Uitstaan assimmetriese oorbelle

Ons is mal oor hierdie bykomstighede trend. Dit is interessant, en maak ’n stelling sonder om te oordadig te wees. (Alhoewel dit ewe mooi in oordaad ook kan wees). Wees gewaarsku, jy moet hierdie met hope selfvertroue dra, want daar sal beslis ’n tannie of oom of twee wees wat vir jou sê: “Het jy dalk per ongeluk onpaar oorbelle ingesit vanoggend.”

En ja jy kan gerus jou eie oorbelle ook meng en pas. ’n Maklike manier om dit te doen is om by dieselfde metale te hou en bv. ’n klein indrukoorbel (stud) en een hang oorbel saam te dra.

Relier Isabelle Earrings (R2 200, Relier Design) Die verskillende blomme van hierdie handgemaakte oorbelle het 22k goue glans op). Ons is mal oor Suid-Afrikaanse ontwerper Chantel Wirth se mooi bykomstighede wat meer soos kuns vir jou ore is!

Gold & Black Mismatch Celestial Earrings (R270, Lovisa)

Drie-dimensionele blomme

Na al die drie-dimensionele rokke van Mei-maand se Met Gala en ook op die loopplanke, is drie-dimensionele blombykomstighede ook weer groot nuus. Van oorbelle tot 90’s styl ‘chokers’.

Balmain se liefde vir rose was duidelik by die Hers 2024 vertoning.
Relier Milana Earrings (R1 800, Relier Design)
Sarafana Sequin Aliceband (R349, Poetry)
Poppy Red Enamel Earrings R180 Lovisa
Fabric Flower Necklace (R499, Zara)

Strikke

Strikke is al lank groot modenuus en dit is nie sommer aan die verdwyn nie. Van in jou hare tot om jou nek.  En selfs op jou sokkies.

Judy Bejewelled Velvet Bow Clip (R249, Poetry)
Bow Necklace with heart (R399, Zara)
Fashion Fishnet Socks with Bow Detail (R129 takealot)

Bonkige silwer

Bonkige silwer juwele à la die negentigs maak beslis modestellings. Hou jou voorkoms minimalisties deur dit saam met ’n wit hemp en jeans te dra (en bonkinge tekkies of selfs Docs).

Pack of Bracelets with pieces (R499, Zara)
Minki Chunky Chain Necklace Silver (R2 499, minki.co.za)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
smuktassies
Mooiste smuktassies
error: Content is protected !!