Die “pop of red” stileertruuk

Vanjaar is helderrooi en donkerrooi gewilde skakerings in die modewêreld – maar meer as dit is die oorheersende tendens om ’n “pop of red” – net ’n tikkie rooi by jou uitrusting te dra. Hierdie stileertruuk word al hoe meer gebruik en is ’n modetrend wat nog ’n rukkie met ons sal bly. Ons dink die “pop of red” stileertruuk is maklik genoeg vir enige iemand om reg te kry en lyk super gesofistikeerd. Deur Justine Kroes

29/03/2024

Hoe werk die “pop of red” stileertruuk?

Met hierdie trend is die idee om een (of selfs twee) rooi items by jou uitrusting aan te trek sodat daar (soos die naam dit eintlik beskryf) ’n “pop of red” of tikkie rooi in jou uitrusting is. Kies ’n mode-item in rooi, of dit nou ’n handsak, broek, romp, skoene of selfs trui is, net daardie tikkie rooi maak ’n reuseverskil aan ’n andersins eenvoudige uitrusting.

Foto: @samira.sfiii op Instagram

Die “pop of red” was duidelik ’n gunsteling onder modekenners en stylikone wat AW 2024 se modeweke bygewoon het. Die bekende “street style” fotograaf @despi_naka op Instagram het dit met haar goeie oog vasgevang.

Foto: despi_naka op Instagram
Foto: despi_naka op Instagram

Hoekom ons daarvan hou

Hierdie truuk maak rooi dra meer toeganklik

Rooi word gewoonlik as ’n “ekstroverte” of meer gewaagde kleurkeuse gesien – maar om rooi op hierdie manier te dra maak dit meer toegangklik vir die meeste van ons.

Dit bly ’n minimalistiese manier om rooi as ’n kleur te dra.

Foto: @sandrinemrn op Instagram

Ideaal vir die wat nie rooi naby hul gesigte kan dra nie

Hierdie trend is ideaal vir die wie se gelaat of veltoon dit nie toelaat om rooi naby hul gesigte te dra nie. Skoene of ’n handsak sal byvoorbeeld vir jou die truuk doen.

Super maklik – meeste van ons het reeds iets rooi

’n Super maklike styltruuk wat byna geen moeite verg nie – die meeste van ons het reeds iets roois in ons klerekaste!

Foto: @cocobolinho op Instagram

Jy lyk blitsvinnig gesofistikeerd

Daardie tikkie rooi verhef dadelik enige uitrusting en laat jou sjiek, stylvol en gesofistikeerd lyk.

Alternatief vir helderrooi – donker rooi:

As helderrooi nie vir jou is nie, probeer gerus ’n dieper, donkerder rooi met jou “pop of red” stilering, loer hier:

Foto: @bellastovey op Instagram
Foto: @jeanne_andreaa op Instagram

Donker rooi bykomstighede:

Mango Stud Leather Bag (R2 299)
Zara Leather High Heel Shoes (R1 799)

Pop of red” stylinspirasie:

Vir ’n meer treffende “pop of red”-effek, stileer jou uitrusting met minstens twee rooi items, byvoorbeeld ’n rooi handsak en ’n paar rooi skoene”

Bind ’n rooi trui om jou skouers

Foto: @julialapiparis op Instagram
Zara Soft Knit Cropped Sweater (R769)

Kies ’n paar rooi tekkies, hakskoene of “pumps

Foto: @sandrinemrn op Instagram
Mango Satin Ballerinas with Studs (R1 299)
Zara Faux Patent Ballet Flats With Ankle Strap (R699)
New Balance Women’s CT302 Red/White Sneaker (R1 999,95 bash)

Dra ’n rooi broek of romp

Zara Midi Skirt With Slit (R769)
Zara ZW Collection Darted Masculine Trousers With Belt Loops (R1 299)

Kies ’n rooi baadjie

Foto: @marionstrachan_
Zara Cropped Double Breasted Blazer (R1 699)
Forever New Eloise Shacket (R1 399)

Rooi bykomstighede

The Fix Women’s Multicolour Sunglasses (R79.99)
Poetry Luella Warm Handle Scarf (R449)
Zara Wool Beret (R499)
Call It Spring Red Handbag (R699)
Woolworths Twill Peak Cap (R199)
Mango Stud Leather Belt (R899)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lyk stylvol; hier is 13 wenke
error: Content is protected !!