Versace

Helderkleurige bykomstighede; dra dit so

Hierdie seisoen is daar nie ’n tekort aan helder skakerings in die modewêreld nie – van loopplanke tot trendy street style uitrustings is dit duidelik – helderkleurige bykomstighede is groot nuus, en ons verstaan hoekom. Kleur is ’n onmiddellike gemoedsversterker. Van fuschiapienk skoene tot neongeel handsakke – voorkomskonsultant Susra Matthee deel wenke oor hoe om hierdie trend soos ’n modekenner foutloos aan te pak. Deur Justine Kroes

25/06/2022

Wenke om jou helderkleurige bykomstighede te stileer

Voorkomskonsultant en kleurkenner Susra Matthee se wenke vir helderkleurige bykomstighede

1. Dra dit monokromaties

Anders as onlangse seisoene – waar meestal botsende helder skakerings gesien was – is monokromaties (skakerings van dieselfde kleur) hierdie seisoen ook groot nuus. Jy kan ’n blou handsak of skoene by ’n blou broek, baadjie en hemp in verskillende skakerings dra.

Country Road Recycled Polyester Crossbody Bags (R699)

2. Vergeet van ou modereëls

Dit is immers nie die einde van die botsende kleure nie en onthou daar is nie meer reëls as dit kom by kleure meng nie. Pienk en rooi, pers en sonskyngeel, groen en kobaltblou—die opsies is eindeloos.

Foto: Depositphotos

Jy hoef ook nie te voel jy moet die helderkleurige bykomstigheid by iets anders in jou uitrusting te laat pas of die kleur weer te herhaal nie.

3. As jy huiwer kies komplementêre skakerings

Dit bly wel wys om jou komplementêre (kleure oorkant mekaar op die kleurwiel en analogiese kleure (lanks mekaar op die kleurwiel) in ag te neem. Komplementêre kleure sal mekaar helderder laat vertoon. Indien jy baie blou dra, is ’n oranje handsak ’n goeie opsie – die twee kleure sal mekaar komplementeer (blou en oranje is oorkant mekaar op die kleurwiel) Dit gee jou ook die kans om iets oranje in jou kas te hê, indien dit ’n kleur is waarin jy nie gewoonlik goed lyk nie, aangesien dit nie naby jou gesig gedra word nie.

Jy kan ook ’n groen handsak of skoene by blou dra – analogiese kleure (blou en groen is lanks mekaar op die kleurwiel). Analogiese kleure skep die meeste harmonie, die kleurkombinasies is nie so oorweldigend nie.

Foto: Depositphotos

4. Of kies neutraal

Indien jy nie mal daaroor is om verskillende kleure saam te dra nie – kies dalk eerder neutrale kleure soos room en beige, selfs wit en swart patrone lyk fantasties by ’n helder kleur. Jy kan ’n roomkleurige uitrusting of rok met swart en wit patrone by enige helder kleur handsak of skoen dra.

Hier is ’n paar gunsteling helderkleurige bykomstighede:

Handsakke

Superbalist Tumi Clutch Bag Pink (R349)
Country Road Branded Camera Bag (R699)
Mango Leather Handbag (R2999)
Witchery Caroline Smooth Crossbody (R1799)
Colette by Colette Hayman (R730)
Zara mini city bag (R450)

Skoene

Mango Croc Finish Pumps (R799)
Puma Cruise Rider fizzy melon (R1699)
Call It Spring Zaydan Heel (R649)

Sonbrille

Mango Clear Frame Sunglasses (R499)
Mango Acetate Frame Sunglasses (R499)
Mango Acetate frame sunglasses (R599)

Oorbelle

Pina Jewels Heart Charm (R99 Superbalist)
Mango Assymetric Earrings (R299)
Mango Ceramic Floral Earrings Blue (R299)

Hoede en serpe

Country Road Knitted Scarf (R899)
RUBI Paige Beanie Bright Green (R179)
Zara Wool Beret (R419)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Steel die klassieke, luukse styl van ‘Anatomy of a Scandal’ se Sophie
error: Content is protected !!