Hannah Lavery
Hannah Lavery

Hannah Lavery, 10 jaar van klassieke styl en kwaliteit

Hannah Lavery beskryf haar ontwerpstyl as die ontmoeting tussen pajamas en pakke. Een van ons gunsteling dinge omtrent haar ontwerpe is ook hoe veelsydig dit is. Deur Suzanne Kotzé

Hannah Lavery oor haar ontwerpstyl

1. Dit is veelsydig

“Ons bied ’n veelstydige uniform vir vroue wat hulle toelaat om sterk (kragtig), gemaklik en vol selfvertroue op te daag. Dit is ’n reeks wat eenvoudige klere- oplossings bied vir besige vroue,” sê Hannah.

Nova Wrap Dress (R999, Hannah Lavery)

Ons is self mal oor hoe ons oorvourokke (Nova wrap dress) agerstevoor gedra kan word. Jy kan dit met die V voor dra (soos Justine) of agter (soos Suzanne).

Nog ’n manier is om dit oor ’n broek te dra en dit losser vas te bind. Trek ’n swart polonek onder die rok aan saam met stewels (Hannah se Low Rider Boot is van die gemaklikste stewels wat ek nog ooit gedra het) en jy is reg vir herfs.

Die Dame Dress van agter. Jy ka ndit ook met die V voor dra.

2. Neutrale skakerings

Hannah fokus op neutrale skakerings wat saamwerk; van vars wit linne, tot steenkleure soos botterkaramel en kaneel, klassieke swart en donkerblou. Dit beteken dat jy die romp wat jy twee jaar gelede gekoop het uit jou kas kan haal en weet dit pas by die bo-stuk wat jy vandag gekoop het. 

3. Klassieke ontwerpe

Die ontwerpe is klassiek, sodat jy jou klere jare lank kan dra sonder dat jy in ’n dekade of trend vasgevang voel.

4. Goeie kwaliteit materiaal

Al die materiaal wat gebruik word, is van plante afkomstig. Dit laat jou vel toe om asem te haal en dit voel ook gemaklik aan. “Ek dink my eerste liefde sal altyd suiwer linne wees, maar ons gebruik ook bamboes, katoen, rayon en tencel,” vertel Hannah.

Hoogtepunte gedurende die eerste dekade

“Ons het soveel wonderlike oomblikke gehad om te vier die afgelope dekade. Die opening van elke winkel was uitdagend, lonend en die moeite werd om te vier. Om saam as ’n span ons jaarlikse groei by personeelfunksies te erken en te vier, is beslis ook ’n hoogtepunt.

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sandale
Gemaklike tuisbly sandale en plakkies
error: Content is protected !!