Die INOAR Hair Therapy-reeks is ’n ware redding, veral as jy gereeld jou hare bleik of kleur of gereeld hitte-stilering doen. Die beste omtrent die reeks is dat dit geskik is vir alle haartipes en jou hare voed (en blink maak) sonder om dit swaar en pap te laat hang. Deur Suzanne Kotzé
Ek is onlangs genooi vir ’n was en droogblaas om die INOAR Hair Therapy reeks te probeer. As ‘blondine’ wat gereeld (elke ses tot 8 weke my wortels laat bleik) is INOAR se Speed Blonde reeks al jarelank my staatmaker om geelheid te beveg. Omdat die bleikproses (en gereelde hittestilering) baie skade aanrig, het my hare alle sorg en ekstra aandag nodig.
Redes waarom ek so baie van die INOAR Hair Therapy-reeks hou
- Dit ruik ongelooflik (amper soos vars appels en groen bloeisels)
- My fyn hare voel glad nie swaar nie.
- My hare voel sag
- Minder wegvlieghaartjies
- En dit blink. As jy blonde hare het, sal jy weet dat blonde hare nie sommer so mooi blink (soos ons donkerkopsusters s’n) nie!
- My hare voel ook sterker. (Veral daardie eerste week nadat ek gebleik het. Daai eerste was na die bleik is altyd die ergste.)
- Dit is veganisties en word nie op diere getoets nie (soos alle INOAR produkte).
- Die groot bottels (500ml!) hou lank
Ek was werklik so beïndruk met die Hair Therapy reeks (en ek toets baie produkte!) dat ek net meer moes uitvind oor hoekom dit so goed werk.
Meer oor INOAR Hair Therapy
Karen Botha, bemarkingsbestuurder van INOAR in Suid-Afrika verduidelik.
Vir watter haartipes werk INOAR Hair Therapy?
Die reeks is vir alle haartipes, van krulle en kroes tot fyn en pap.
Wat doen dit?
Die reeks bevat gepatenteerde aminosuur tegnologie (by name Kerastystem 3) wat op jou hare se eie boublokke werk om jou hare van binne op te plomp. Deur dit op te plomp help met die volgende
- Kroesheid en wegvlieghaartjies
- Gladder hare
- Blinkheid
- Sagtheid
- Volume
Die reeks voed en versterk ook jou hare en verbeter ook jou hare se elastisiteit, wat help dat jou hare minder breek en moedig ook groei en volume aan.
“Dink as volg daaraan; die aminosure word ‘uitgetrek’ uit elke haartjie deur chemiese prosesse, kleur, haardroërs, hittestilering (soos haarysters en krultange) en omgewings-omstandighede (soos besoedeling). En dan kry ons dikwels ook nie genoegsame aminosure deur ’n daaglikse gesonde dieët in nie. Daarom is dit nodig om ons hare met ekstra amino-sure te voed en dit is juis hoekom INOAR hierdie formule ontwikkel het; om aminosure direk terug te sit in elke haar.
Sorg, sonder die swaar
Karen verduidelik hoe hierdie produkte so goed kan werk sonder om jou hare pap en swaar te laat voel. (Die meeste ander produkte wat jou hare voed, is geneig om dit swaar en pap te laat hang).
“Die rede waarom dit so goed werk en nie swaar voel nie, is omdat dit die heel eerste amino gebaseerde nasorgproduk is. Aminosure bou die keratien (waaruit 98% van jou hare bestaan) op. Keratien maak jou hare sterk en vul jou hare wat dit meer plomp laat voel.
Alle bestanddele word direk geabsorbeer om binne-in elke haar se kern weer te herstel. Hierdie kern bestaan uit keratien (wat jou hare sterk en gesond maak).
Die INOAR Hair Therapy reeks
Al die produkte in die reeks bevat die gepatenteerde Kerastystem 3 en Arginine (’n aminosuur wat help om protïene te bou).
INOAR Hair Therapy Shampoo (R850 vir 500ml, inoar.co.za en uitgesoekte salonne)
Die sjampoe bevat ook arganolie en pantenol (’n bekende bestanddeel in wondhelingprodukte) wat jou haarvliesies help seël, sitroensuur, wat help om die kopvel se pH te reguleer en gliserien vir glans.
INOAR Hair Therapy Conditioner (R850 vir 500ml, inoar.co.za en uitgesoekte salonne)
Die opknapper bevat ook soet amandelolie (help met bevogtiging), glycine (’n boublok vir kollageenproduksie wat help met haargroei) en kreatien (wat hare sterker maak).
INOAR Hair Therapy Mask (R650 vir 500ml, inoar.co.za en uitgesoekte salonne)

Die masker bevat ook gehidroliseerde mielieblom (corn starch) wat volume aan dun of fyn hare gee. Kameliasaadolie help vir vog en versterk die hare en verbeter elastisiteit, volheid, volume en glans. Die masker voed ook jou hare en help om kleur beter te laat hou.
Die INOAR Revolution Smooth Perfection Oil (R1100 vir 100ml, inoar.co.za en uitgesoekte salonne)

Hierdie is nie deel van die Hair Therapy reeks nie, maar dit werk ook wonderlik saam met hierdie reeks. Ek wend dit aan my klam hare midlengtes tot punte voordat ek my hare stileer. En ook sommer daarna ook om enige wegvlieghaartjies te tem. Dit laat glad nie my hare (wat geneig is om pap te hang) olierig of swaar voel nie.