Ons het die nuwe ghd Rise warmborsel getoets wat spesifiek ontwerp is om meer volume te skep. Ons toets dit op lang en korter hare. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotzé
So werk die ghd Rise op lang hare
Justine
Ek het die ghd Rise (R2900) borsel getoets by Tosca Salon. ’n Kenner van ghd het vir my al die wenke en truuks van hierdie nuwe borsel gewys. Ek het superfyn hare en het tans nie haarverlengings in nie, daarom is ekstra volume net wat ek nodig het. Ek gebruik graag ’n krultang en hierdie is ’n goeie plaasvervanger. Die eindresultaat daardie golwende krulle skep wat my hare voller laat lyk. Dit neem ’n bietjie oefenwerk om die ghd Rise te bemeester, maar dit is beslis die moeite werd.
Jy kan ook gratis die borsel uittoets by enige Tosca haarsalon. Klik hier vir ’n lysie van al die salonne in die Wes-Kaap.
Doen dit so
- Spuit altyd die ghd Root Lift Spray (R320, Labelle) aan jou haarwortels vir ekstra volume.
- Onthou hierdie borsel kan net op droë hare gebruik word.
- Die metode wat die beste vir langer hare werk, is om die borsel by jou haarpunte te hou en van onder af jou hare om die borsel te draai na bo.
- Wanneer jy jou hare om die borsel gedraai het, hou dit vir 6 tot 8 sekondes en draai weer jou hare los. Jy kan jou vingers gebruik om die krul mooi in plek te draai en seker te maak dit val reg.
- Die punt (en kammetjies) van die borsel word nie té warm nie so jy kan met jou ander hand maklik die hare omdraai en vashou sonder om jou vingerpunte te brand.
- Vir meer volume op jou wortels, kam van onder af opwaarts so naby as moontlik aan jou haarwortels. Hou ook vir 6 tot 8 sekondes in plek, daar waar jy meer volume wil hê.
- Die omvang van die borsel is 32mm – ghd het gevind dit is die perfekte grootte om volume te skep vir kort en langer hare.
- Die borsel word blitsvinnig warm en neem altesaam 25 sekondes vanaf aanskakel totdat dit reg is om te gebruik. Perfek vir haastige mammas.
- Daar is net een hittestelling – 185˚C – wat die optimale hitte is vir veilige en effektiewe stilering.
- Die slimborsel skakel self na 30 min af as dit nie opgetel en gebruik word nie.
So werk die ghd Rise op korter hare
Suzanne
Vir my bob haarstyl het hierdie ghd Rise baie lekker volume gegee. Dit het dit nie soseer gekrul nie, maar omtrent daardie 1970’s volume geskep.
- Ek het my hare in seksies verdeel en met die onderste hare begin.
- Omdat my onderste hare korter was, het dit nie veel gekrul nie, en ek het dit bloot vir ekstra volume gebruik. Moenie te veel tyd afstaan aan die onderste laag nie.
- Ek het gekonsentreer op die boonste deel van my hare en meer tyd hieraan afgestaan.
- Die metode wat vir my die beste gewerk het is om die handvatsel deel bo my kop te plaas en die tang diagonaal na onder te hou. Draai die hare eers bo-oor die tang en dan onder toe.
- As ek gewoonlik my hare krul met ’n krultang, wissel ek dit deur een seksie na voor te krul en die ander na agter. Met die ghd Rise het ek egter beter resulate gekry deur dit net na een kant te doen; eers bo-oor die borsel gedraai.
- Alhoewel dit aanvanklik gelyk het of my hare krul, sak die krul taamlik vinnig uit.
- Vir korter hare soos myne is die ghd Rise ideaal om volume en beweging te skep. Sommige haarkappers kan ’n soortgelyke effek skep met ’n droogblaas-tegniek , maar dié tegniek ko nek nog nooit self bemeeester nie.
- Ek het eers ’n bietjie gesukkel om die tegniek te bemeester, maar toe ek dit eers regky was dit maklik.
- Ek gebruik dit ook net op my wortels vir daardie tweede-dag-na-jou-was-pap-hare. Dit gee wonderlike volume op jou wortels. Selfs as ek nou en dan my hare self laat droog word, druk ek net die borsel op my wortels (na dit droog is) vir ekstra volume.
Geskenk vir Stylvol vriendinne
Kry 10% afslap op jou ghd glide en ontvang ’n om ‘n ghd Root Lift spray (R320) gratis by alle Tosca salonne. Klik hier om dit sien waar Tosca salonne geleë is. Tosca salons is die enigste plek in die Wes-Kaap waar jy tans die ghd Rise kan koop. Gebruik die code RISE2021
Lees ook: Stylvol toets die ghd Glide