Ons het ’n klompie oulike geskenkidees vir kinders, groot en klein, raakgesien op soek na geskenke vir ons eie kinders. Ons deel graag ons lysie van 38 oulike geskenke vir seuns, dogtertjies, vir babas en kleuters en selfs handige speelgoed vir kinders met ADHD. Ons hoop dit help jou, Kersvader (aka Mamma!). Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze
25/11/2022
Swem, see en strand:
Spray and Splash Outdoor Garden Sprinkle Mat (R268) Geen swembad of see? Geen probleem! Hierdie “splash pad” koppel maklik aan jou tuinslang vir eindelose waterpret!
Hierdie handoeke is altyd so wonderlik om koue lyfies warm te maak en die rits ontwerp vanjaar is so slim!
Duik in en uit – hiermee sal kinders vir ure lank in die swembad besigbly!
Mooiste slaapklere:
Almal hou tog van mooi slaapklere en hierdie prettige ontwerpe is perfekte kerskousvullers!
Met hierdie oulike persoonlike kersfees pajamas, by Cotton On het jy die opsie om ’n naam of voorletters op jou kerspajamas te laat druk of borduur!
En die is net so oulik!
Vir Dogters
Want elke dogteritjie wil prinses, prinses speel!
Maak jou eie juwele
Hierdie oulike Myo Jewellery Set van Cotton On Kids (R169,99) sal enige klein dogtertjie se hart gelukkig maak!
Vir ouer kinders wat van rolskaats hou – kyk net hoe mooi is die stel:
Holster Kids Tropical Clear Fuchsia Sandal (R599,99) jelly sandale soos in die ou dae!
Bak en brou met hierdie besonderse mooi voorskootstelletjie van Maxwell & Williams Wild Planet Apron & Hat Set Fennec Fox (R399). Die oorspronklike Fennec Fox ontwerpe is deur kunstenaar Marini Ferlazzo. Moet nie skuldig voel om die voorskoot in die wasmasjien te gooi nie – jy kan gerus!
Edu-Science Deluxe Bath Bomb Lab Kit (R349) Maak jou eie badbomme!
Seuns
Oulike Kaleidoskoop wat met elke draai ’n ander prentjie skep – stimuleer kreatiwiteit en verbeelding!
’n Audible subskripsie. Dit is iets lekker wat die hele familie saam kan geniet. Dit kan ’n lang pad korter maak, kinders minder laat baklei in die kar en selfs kinders aanmoedig om vinniger in die kar te klim vir skool sodat hulle audio book kan luister.
Ek en my seuns luister graag na die Wings of Fire reeks deur Tui. T Sutherland (Suzanne)
Vir seuntjies (en dogterjies) wat bekoor word deur drake.
Watter seun geniet nou nie so ’n bal nie – hierdie gepantenteerde bal kan op water hop!
En hierdie “disc” vir rondgooi in die aand wat skoon soos ’n UFO lyk met sy 3 verskillende LED lig skakels.
Ons sien sommer reeds hoe hierdie boogskiet stel die hele gesin vir ure lank sal besig hou!
Vir babas en kleuters
Vir snoesige klein lyfies! Penguin Hoodie Ribbed Gown (R279)
Kyk net hoe oulik is die iKids Lion Bubble Maker Bath Toy (R329), water vloei deur die speelding en die leeu leer kleuter meer oor tande borsel en maak boonop borrels om mee te speel!
As kleuters van een ding hou is dit Cocomelon en die saam sing liedjies – druk op hierdie oulike Cody Doll se magie en hoor hoe sing Cody en speel musiek.
Joy Joy Sneakers is die eerste uitruilbare tekkies in SA waar jy die bandjies kan verander om by jou styl of bui te pas. Skoene ontwerp deur Ma’s wat graag wou hê hul kleuter moet self hul skoene kan aantrek! Pryse vanaf R799. Ook vir ouer kinders beskikbaar.
Besigbly idees:
Beki-sakke
Kyk net hoe oulik is die besigbly-aktiwiteitsakkies van Beki.co.za Hierdie idee is ontwikkel deur ’n Ma en Dogter duo wat hul dogtertjie (en kleinkind) wou besig hou gedurende ’n lang reis per motor. Daar is ’n sakkie vir ouderdomsgroepe 1 tot 7. Hou jou Beki-sakkie in die motor vir lang ritte, neem saam op die vliegtuig of selfs na ’n restaurant toe. Jy kan ook jou eie “beki-bag bou. Pryse wissel van R200 tot R750.
Kiki pops vakansiedagboeke
Ons het vir ’n onlangse vakansie in die Kruger Wildtuin hierdie oulike dagboeke gebruik – daar is ’n plekkie om elke dag ’n joernaal te skryf oor jou dag in die wildtuin plus ’n daaglikse nuwe bladsy om af te tik watter diere jy daardie dag raakgesien het. Dit was die kinders se hoogtepunt van elke dag om daardie lysies af te merk.
Daar is ook boeke beskikbaar vir die Kalahari, Addo Olifant Park, Plianesberg, die Kruger Wildtuin en selfs ’n Laeveld weergawe. 10 uit 10 kopie om kinders besig te hou op ’n bosvakansie! Pryse wissel van R75 tot R185)
Hout speelgoed
Ons hou so baie van die houtspeelgoed, dit is meer omgewingsvriendelik, breek nie so maklik nie, hou vir jare en jare en boonop is dit sommer net mooi! Ons hou van die gedagte dat jy jou kinders se speelgoed kan wegbêre en hou vir hulle eie kinders eendag. Kyk net hoe oulik is die:
Geskenke vir kinders met ADHD
Hoe oulik is die geskenke spesifiek uitgekies vir kinders met outisme en ADHD – ons dink selfs ons sal daarvan hou om met die geskenke te speel!
Aromadough
Hierdie oulike klei/stresbal is spesifiek gegeur met essensiele olies om jou te help om te fokus, ontstres en selfs kalm te voel – ’n klei vir elke bui! Loer hier na die verskillende geure en ontwerpe beskikbaar:
Sensoriese swaai
Sensory Swing (R849) Hierdie slim sensoriese swaai is ’n gewilde item in die meeste terapeute se spreek/speelkamers. Een vir tuis is dalk ’n goeie idee vir ’n sensoriese kind. Die swaai kan tot 150 kg se gewig neem en is skakerings van pienk, pers, grys en blou beskikbaar.
LavaLamp
Lavalampies het ’n wonderlike kalmerende effek op kinders met ADHS. Hierdie lampies neem ’n rukkie om op te warm maar sal na een tot twee uur optimaal heen en weer vloei. (skakel hom vroegtydig aan!)
Flippy Chain
Vir kinders en grootmense – hierdie “fidget” speelding hou vingers besig en omdat dit so klein is, is dit minder sigbaar en klein genoeg om in jou broeksak te te druk vir wanneer jy angstig voel.
Stresbal
Sensory Textured Stress Balls (R79), die tekstuur maak dit effens ander as ander stresballe, veral op die punte en knoppies van die balletjie. Ons het self die balletjie getoets en kon nie ophou daarmee speel nie!
Vir sensoriese ontwikkeling
EDX Education Multi-Coloured Dinosaur Counters &Tweezers (R179) help kinders om te leer tel, kleure uitken, sorteer asook met hul fyn motoriese vaardighede met die knyp aksie van die tangetjies.
Soettand bederf
Hier is ’n paar lekker kerskous vullers, yum!