Fool Me Once; die TV-reeks kapsuleklerekas van jou drome

Ons weet nie of jy al die nuwe beperkte TV-reeks “Fool Me Once” op Netflix gesien het nie? Indien jy nog nie het nie, is hierdie jou teken om vanaand in te skakel. Gebaseer op die Harlan Coben boek “Fool Me Once”, is die naelbyt-episodes amper so indrukwekkend soos die hoofkarakter Maya Stern (vertolk deur Nichelle Keegan) se klerekas.

Hierdie vrou het styl – die perfekte voorbeeld van ’n kapsuleklerekas wat reg gedoen is. Ons het bietjie meer in diepte gaan loer na Maya Stern se uitrustingkeuses en hoe als so perfek bymekaar gepas het. Plus ’n paar plaaslike koop-opsies vir jou eie Maya Stern klerekas; Deur Justine Kroes

26/01/2024

Wat maak Maya Stern se uitrustings so perfek?

Foto: Netflix

Als pas nommerpas

Elke uitrusting het vir die karakter Maya Stern soos ’n handskoen gepas, elke broek, trui en baadjie was die perfekte grootte en het haar petite liggaamsbou gevlei. Wyepyp broeke het haar langer laat vertoon en elke jas net lank genoeg maar ook nie te lank nie.

Foto: Netflix

Minimalisties sjiek

Indien jy dalk self ’n kapsuleklerekas wil aanpak is die goue reël minder, maar beter gehalte klere-items. Jy koop goeie kwaliteit stapel-items wat jy weet lank gaan hou. Hierdie items is ook minimalisties en veelsydig, wat beteken jy gaan die items afsonderlik of bymekaar kan dra, wat boonop nog vir lang jare in jou klerekas tydloos bly. Die karakter Maya Stern se klere is presies dit – goeie gehalte items wat sjiek maar steeds tydloos bly.

Foto: @Netflixuk Instagram
Foto: Fool Me Once se Stilis @jackylevy25 Instagram

Die jasse – oe, die jasse!

Dit is duidelik dat Maya Stern se “outerwear” (jasse) kas een van elke stapeljas het, van ’n klassieke “trench” (soldatejas)tot ’n swart leerbaadjie en selfs ’n netjiese vlootblou militêre blazer. Die room en swart lang jasse was natuurlik ewe mooi. Sy het selfs ‘n pofjas laat stylvol lyk.

Hierdie jas- en baadjiestyle bly tydloos en kan in enigiemand se klerekas pas. Ons probeer onsself natuurlik oortuig dat ons elke liewe een van die Maya Stern jasse nodig het!

Fotos: @Netflixuk Instagram

Klassieke wit tekkies

Vir Maya is gemak belangrik, sy is ’n Ma en natuurlik op die spoor van haar man se moordenaar, so praktiese skoene is ’n noodsaak. Sy dra graag minimalistiese skoon wit tekkies wat goed by al haar uitrustings pas. Hier is jou herinnering om jou eie paar aan te skaf, of jou ou vuil en uitgewasde paar te vervang.

Truie

Nes Maya se jasse is haar truiversameling iets om oor huis toe te skryf. Van ’n kraakvars wit polonektrui tot ’n room ritsluiterkraag trui, en natuurlik die swart en wit ontwerper “Rag & Bone” trui wat byna dadelik uitverkoop het nadat dit op televisie gesien is.

Foto: Fool Me Once se Stilis @jackylevy25 Instagram

Goeie kwaliteit broeke

Maya se denims en swart broeke sit perfek aan haar lyf. Ons kan vir Maya gebruik as ’n goeie voorbeeld dat ons elkeen ten minste een denim en een swart broek wat goed pas in ons klerekaste nodig het. Albei ’n moet-hê in jou kapsuleklerekas versameling.

Steel haar styl:

Foto: @Netflixuk Instagram
Mango Faux Shearling Lined Jacket (R2 299)
Foto: @Netflixuk Instagram

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
6 Wenke vir pajamas kies plus winterslaapklere op ons wenslysie
error: Content is protected !!