Dis g’n geheim dat denim steeds vanjaar ’n groot modetendens is nie. Vanaf denimrompe, hemde, skoene (ja skoene!) en soldatejasse – denim is is hier om te bly – en dit maak ons bly! Loer na 14 van die coolste denim-items tans op ons modewenslysie: Deur Justine Kroes
15/03/2024
Denim bykomstighede
Hierdie is ideaal as jy nie ’n kop tot tone denimuitrusting wil aanpak nie maar steeds in die kol wil bly met jou modekeuses. Jy sal nie glo watter verskil ’n modieuse bykomstigheid kan maak aan ‘n itrusting nie.
Hier is ‘n paar gunsteling denim bykomstighede:
Die denimromp
’n Denimromp is dalk nie vir almal nie – maar vir die van ons wat gewoonlik ’n rok of romp bo broek dra verkies is die denimromp ’n bestiering!
Denim rompe gee dieselfde effek as ’n paar denims maar 100% meer gemaklik om te dra vir sekeres van ons.
Kies ’n donkerder skakering vir werk of ’n meer formele voorkoms, altans ’n ligter skakering vir ’n meer gemaklike voorkoms.
Denimrompe nou beskikbaar:
Die denimrok
Ok as die denim romp nie vir jou is nie – probeer dan die denimrok. Die perfekte rok vir hierdie tussenin herfsweer. Ook ‘n veelsydige kopie wat jy meer of minder formeel kan stileer.
In die winter kan jy jou denim rok “layer” met ’n polonek onder jou denimrok, kouse en ’n paar stewels daarby.
Ek het onlangs hierdie denimrok gekoop en dra dit meer gemaklik met ’n paar tekkies, en meer formeel met stewels of ’n paar hakskoene.
Denim Trench (soldatejas)
Verlede jaar het Witchery ’n pragtige soldatejas in Suid-Afrika vrygestel en in binne ’n paar uur is die droomjas byna uitverkoop. Ons is dankbaar – selfs ’n seisoen later is daar nou ’n hele paar beskikbaar (en heelwat meer sakpas).
Hierdie denim soldatestyl jas sal nog jarelank ’n stapeljas in jou klerekas bly. Selfs dalk ’n plaasvervanger vir jou uitgewasde denimbaadjie?!
Hier is ’n paar op ons wenslysie:
Lees ook: 7 Wenke vir Fraiings dra