7 wenke vir fraiings dra

Beslis een van 2024 se grootste modetrends – fraai fraiings wil ons dra. Lees 7 wenke vir fraiings dra, hoe om dit te stileer en hoe om die regte fraiings te kies wat by jou stylpersoonlikheid pas. Ons deel ook van die mooiste fraiingrokke, -rompe, -baadjies en -bykomstighede nou beskikbaar. Glo ons, na hierdie artikel gaan jy ook fraai fraiings wil dra! Deur Justine Kroes

08/03/2024

1. Kies een fraiing fokuspunt

Tensy dit ’n bypassende “fringe” stel is, probeer liewer fraiings tot een kledingstuk per uitrusting beperk. Fraiings is ’n trend – maar ons hoef nie altyd trends te oordoen nie. Onthou jý moet die fraiings dra – nie andersom nie!

Zara Leather Skirt with Fringe Limited Edition (R5 599)

2. Wees versigtig met stilering

Fraiings ’n mode-aksent wat destyds gewild was onder “cowboys” en ook in die 1920’s, daarom is ons voorstel, wees versigtig met stilering. ’n Fraiing baadjie met ’n paar westerse stewels kan jou laat lyk asof jy na ’n temapartytjie op pad is. Net so kan ’n string pêrels by jou fraiingrok jou laat lyk asof jy op pad is na ’n Gatsby partytjie. Hou jou bykomstighede in gedagte wanneer jy stileer en kies eerder moderne en minimalistiese opsies.

3. Let op waar jy jou fraiings dra

Onthou fraings trek dadelik aandag – dra dit daarom op ’n area op jou lyf waarvan jy hou en wat jy graag wil beklemtoon.

As jy selfbewus voel oor ’n groter borsmaat of middle, moet liefs nie fraiings op daardie gedeelte van jou lyf dra nie – dit gaan eenvoudig net aandag trek soontoe. Beklemtoon byvoorbeeld eerder jou mooi bene en dra fraiings onderaan jou rok.

Zara Asymmetric Top Knit with Fringe Beads (R839)

4. Kies fraiings wat by jou stylpersoonlikheid pas

Ja, glo dit of nie, daar is baie verskillende tipes fraiings daar buite. Kies die wat jou persoonlike styl die beste komplementeer.

Byvoorbeeld, as jou styl meer boho of boheems is, kies ’n geweefde gehekelde tipe fraiing. As jou styl meer modern en minimalisties is, kies ’n super dun fyn en netjiese fraiing in ’n assimmetriese kledingstuk. As jou styl meer rocker is, kies ’n leerbaadjie met fraiings of ’n top met diamanté fraiings.

Zara Short Leather Cape With Fringing (R2 899)
Mango Knitted Dress with Fringe Design (R3 999)
Luella Asymmetrical Fringe Bodycon Dress (R999)

Daar is ’n fraiing daar buite vir elkeen van ons!

5. Moet nie bang wees vir kleur nie

Fraiings is dalk ’n buitegewone modekeuse vir die meeste van ons, maar dit beteken nie jy hoef fraiings net in swart, wit of bruin te dra nie. Dra ’n kleur wat by jou pas en jou gelukkig laat voel.

H&M Satin Cropped Top Yellow (R329)
Mango Knitted Dress with Fringe Design (R3 999)
Velvet Fringe Wrap Midi Dress (R899 Superbalist)

6. Begin klein

Indien jy huiwerig voel, en jy hou van fraiings maar is nie seker of jy ’n fraiingrok of -romp kan dra nie, begin klein. Kies ’n bykomstigheid met fraiings, ’n handsak, ’n hoed, ’n paar skoene of selfs piepklein fraiingoorbelle. As jy daarvan hou, is dit dalk ’n goeie idee om daarna met ’n fraiing t-hemp te volg en so aan.

Missguided Fringe Double Strap Mule Heel Cream (R699)
Zara Fringed Bucket Bag Limited Edition (R899)
Mango Fringed Shoulder Bag (R1 199)
Zara Fringed Leather Scarf (R1 699)
Superbalist Liz Fringe Shoulder Bag (R399)
Mango Natural Fibre Maxi Hat (R1 599)

7. Hê pret daarmee

Ons neem mode veels te ernstig op. Begin jou modebesluite as ’n kreatiewe manier sien om jouself uit te leef. Hê pret met jou modekeuses,en  waag ’n slag.

O, en moet nie vergeet om te swaai en draai in jou fraiings nie – dis immers hoekom hulle daar is -om te beweeg!

Mode-items op ons fraiing wenslys:

Velvet Fringe Kaftan Dress Teal (R799 Superbalist)
Zara Fringed Dress (R549)
Luella Bodycon Fringe Dress (R899)
Velvet Fringe Cropped Cami (R499)
DailyFriday Fringe Detail Biker Jacket (R999)
H&M Sequin Fringed Dress Light Beige (R1 099 H&M)
Velvet Halter Fringe Dress Black (R799)
Ateljee Beaded Sequin Mesh Fringe Dress (R1 495)
Foschini v Neck Trim Hem Tunic (R299)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
6 Vreemde wintertrends
error: Content is protected !!