Dra pastelkleure so:

Hierdie seisoen bly pastel skakerings groot nuus, veral skakerings van pistasiegroen, laventel, liggeel, rooskwarts (sagte pienk/millenniale pienk) en hemelsblou. Die grootste trend met pastelle hierdie seisoen? Dra gerus die verskillende skakerings saam of selfs dieselfde pastelkleure van jou toontjie tot jou kroontjie. As dit dalk vir jou te uitdagend voel, probeer dalk vir eers jou pastelkleure in bykomstighede dra. Deur Justine Kroes.

Maar eers ’n kenner se raad:

Bekende besigheidsvrou en voorkomskonsultant Aletté-Johanni Winckler verduidelik vir ons hoe pastelkleure tegnies gedra kan word: Elke persoon, man of vrou – maak nie saak watter ras nie, val in ’n sekere kategorie wanneer dit kom by kleur.

Jou oog-, vel- en haarkleur saam bepaal wat kleure jou die beste pas. Dit is die eintlike rede waarom sekere mense besonders lyk in helder skakerings en ander weer in pastel skakerings.

Aletté sê: “Daar is nie ’n reël dat net blondines met blou oë gaan mooi lyk in pastelle nie (hoewel dit  meestal so is). Die wat as “koel, gedemp en lig” beskryf word (blonde hare, blou of ligter kleur oë met ‘n koeler vel ondertoon) lyk meestal baie mooi in pastelkleure.” “Daar is dan ook daardie dames wat ’n warmer vel ondertoon het wat mooi lyk in helder kleure sowel as pastelle – en daardie koeler, gedempte dames lyk weer nie so goed in helder skakerings nie.”

Aletté sê die verskillende kleurprofiel-groepe raak baie tegnies (daar is altesaam 12 verskillende kleur- groepe). Daarom is dit beter om mense individueel te klassifiseer volgens oogkleur, velkleur, haarkleur en selfs persoonlikheid, wat beslis ook ’n rol speel.

Aletté deel die goeie nuus:

Wanneer jy graag pastelkleure wil dra soos wat nou in die mode is, maar jy is nie seker of dit by jou pas nie, moet liefs dan nie ’n pastel skakering naby aan jou gesig dra nie.

“Pastelkleure is moontlik vir enigiemand om te dra, hetsy dit nie langs jou gesig gedra word nie, so as jy graag ’n pastel-item wil dra maar jy is nie seker oor jou kleurprofiel nie, dra die pastelkleurige item in die vorm van ’n romp, broek, skoene of selfs handsak, ver van jou gesig af”.

Aletté-Johanni Winckler

Leer meer oor Aletté se voorkomskonsultant dienste hier en volg haar op Instagram hier.

Kleurblok jou pastelkleure

Die kleurblok metode is dalk oud maar nog glad nie koud nie (en gewoonlik meer algemeen met helder kleurskakerings). Dit is beslis die modieuse opsie vir mode-liefhebbers hierdie seisoen – dit sorg vir ’n vars en prettige modestelling. Dit gee jou ook die geleentheid om met verskeie kleure en skakerings te eksperimenteer.

Wenk: Kies mode-opsies met sterk, moderne silhoeëtte soos ’n getailleerde blazer (netjiese baadjie), ’n regaf broek en moderne halslyne. So lyk jy meer gesofistikeerd, stylvol en sjiek maar minder soos ’n gekleurde paaseier.

MMXMS Clothing Arfah Tracksuits (R2040 per stel – bestel vooruit); Bloes Haniya combination t-shirt (R750 links); Jasmine shirt (R1500 regs)

Pastelkleure van kop tot toon

Dra van kop tot toon een pastelkleur. Die reël hier is dat jy verskillende skakerings daarvan moet dra, ligter en donkerder skakerings van dieselfde kleur om diepte in jou uitrusting te skep of ten minste een neutrale kleur by te werk (wit t-hemp of bloes).

Selfs al is dit net effense kleurverskille skep dit meer definisie en jy kan hierdie metode gebruik om jou figuur te vlei.

Witchery Double Breasted Blazer (R2299)
Witchery Single Breasted Blazer (R2299)
Witchery Relaxed Double Breasted Blazer (R2299)

Pastelkleure saam met neutrale skakerings

As jy huiwerig is vir pastel skakerings in oormaat, kombineer dit met neutrale klere-items soos grys, beige, wit, swart of selfs denim. Gebruik die neutrale skakering as jou hoof skakering (die grootste gedeelte van jou uitrusting sal dus neutraal wees) en kombineer met tikkies pastel skakerings totdat jy braaf genoeg voel om verdere skakerings te probeer.

Trenery Linen Yarn Dyed Shirt (R899)
Trenery Linen Yarn Dyed Shirt (R899)

Pastelkleurige bykomstighede

Die eenvoudigste manier om te toets of die pastelkleur-trend vir jou gepas is, probeer ’n paar pastelkleurige bykomstighede. Handsakke, oorbelle, haarserpies, scrunchies, sonbrille – die opsies is eindeloos.

Pastelkleurige handsakke is nog ’n prettige manier om hierdie trend te dra – kies ’n handsak in ’n moderne vorm en styl as jy pastelle kies – lomp en vormlose handsakke mag dalk outyds lyk.

Oorbelle in pastel skakerings is vleiend omdat daar sagte skakerings van kleur naby jou gesig is – kies skakerings wat by jou veltoon pas en sodoende jou gesig ophelder en varser laat lyk. Onthou Aletté se raad hier bo.  

Pastelkeurige naels is die nommer een manier om te toets watter skakering jou gunsteling is – pistasiegroen, ligpienk, laventel, liggeel of hemelsblou. As jy die dag braaf genoeg voel, dra sommer al die skakerings saam vir reënboog-gekleurde vingerpunte.

Lees ook: Maak jy hierdie modefoute?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sequins: stileer, sorg en stoorwenke plus blinkerfoute om te vermy
error: Content is protected !!