Die moderedakteur wat net swart dra; hier’s haar top swart-dra-styl-wenke

’n Uber modieuse klerekas, maar als net in swart? Dit is moderedakteur, inhoudskepper en kreatiewe direkteur Amy-Lee Steenkamp se kenmerkende styl, met haar alles in swart klerekas. Ons bewonder Amy se sjiek minimalistiese modestyl en moes eenvoudig ’n paar vrae vrae.

Indien jy graag swart dra, is hierdie ’n moet lees; Amy deel die voordele en nadele van ’n swart klerekas, plus wenke en raad vir jou eie swart uitrusting, of swart modeklerekas. Saamgestel deur Justine Kroes

02/05/2025

Amy, die moderedakteur wat net swart dra

Hoe sou jy jou styl beskryf? “Ek streef na ’n stille luukse (quiet luxury) mode estetika met my modekeuses” vertel Amy. “Met swart is my styl baie buigsaam, van gemaklik tot meer formeel. Om my styl te beskryf sou ek sê dit is elegant, sjiek en minimalisties.”

“Om swart te dra laat my so selfversekerd voel. Die proses van net swart dra, het my  dissipline en uithouvermoë na ’n ander vlak geneem, en ek voel baie trots daarop. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is baie lief vir kleur en om kleur te stileer op ander, net nie op myself nie”.

Waarom ’n swart klerekas?

Die besluit het gekom nadat ek baie gesukkel het my my stylidentiteit en my persoonlike styl. Omdat ek in die mode-industrie werk, het ek gesukkel om te vind wie Amy is binne die vinnige pas van die altyd ontwikkelende modewêreld.

Ek het tydskrif mode blaaie gestileer en ’n pragtige mode storie vertel, maar ek het gesukkel om my eie mode storie te vertel. Ek het verlore gevoel tussen al die modetrends wat byna daagliks verander

Terselfdertyd was die kleur swart besig om vinnig (veral in Engeland) in ’n reuse modetrend te ontwikkel, en dit was so verfrissend om modebekendes in swart uitrustings van kop tot tone te sien. Kort daarna het groot modehuise totale swart modereekse by modeweek bekend gestel.

Dit was daar en dan wat ek besef het – swart is my kleur, ek het dit probeer en ek het tuis en gemaklik gevoel in die swart, soveel so dat dit nou my trademark is. En mense ken my  as “Die moderedakteur wat net swart dra”.

“Met swart het ek nie net my persoonlike stylidentiteit gevind nie, ek het myself ook gevind – en hierdie is my weergawe van dopamine dressing

Amy-Lee Steenkamp

Nadele van ’n swart klerekas

Dit is ook nie altyd maklik nie – ek het (en ontvang steeds) gereelde kommentaar, van mense wat sê “swart is vervelig” of “jy het bietjie kleur nodig”

Jy moet besef – die mooiste ontwerpe en kledingstukke gaan nie altyd in swart beskikbaar wees nie, daarom is dit belangrik om jou styl nog meer vas te stel en ontwikkel.

Voordele van ’n swart klerekas:

Ek spaar tonne geld, omdat als nie altyd in swart beskikbaar is nie, gee ek nie so baie geld uit op klere nie – want ek het beslis ’n koop probleem!

Ek is nou so gelukkig met ’n minimale kapsule klerekas. Ek het klere-items wat ek op rotasie kan dra en stileer, sonder dat ek heeltyd dieselfde lyk – ek voel baie trots hierop.

Swart vir ewig?

Ek besit tans net swart klere. Maar ek het 5 of 6 mode-items wat nie swart is nie – spesiale kledingstukke wat gebêre word in ’n gedeelte van my klerekas wat ek die “museum” noem. Hierdie spesiale items was geskenke van vriende en kliënte wat ek nooit sal kan laat gaan nie.

Vir nou is ek super gelukkig met my swart klerekas, die volgende keer wat ek kleur sal dra sal moontlik op my troudag wees. Ek sal wit dra en al die gaste sal moet swart dra.

Amy se modewenke vir jou eie swart uitrusting of swart klerekas:

Wys ‘n tikkie vel

Wys ’n klein bietjie vel, selfs net ’n enkel of pols tydens koue weer. Swart kan vinnig swaar lyk, so balans is uiters belangrik.

Dieselfde swart

Probeer om dieselfde skakerings van swart te dra. Dit verhoed dat een kledingstuk nie meer uitgewas of ouer lyk nie.

Koop, ongeag die seisoen!

Wanneer jy iets in swart sien waarvan jy hou, koop dit! Maak nie saak wat die seisoen is nie. Swart kledingstukke is gewoonlik beperk, daarom koop ek somer-items in die winter en winterklere in die somer.

Ligter tekkies

Indien jy nes ek, kort is – stileer eerder ligte of wit tekkies by jou uitrusting. Ek vind swart tekkies sny my af rondom die enkels en laat my selfs nog korter lyk. Wit tekkies gee oë ’n breek en verleng eerder as om te verkort. In die winter dra ek wel swart stewels wat rondom my enkels gaan vir daardie aaneen voorkoms.

Swart is veelsydig

Geniet jou modekeuses – swart is ’n veelsydige skakering en daar is veel meer wat jy daarmee kan doen as wat jy dalk dink.

Swart kapsule klerekas

Maak dit vir jouself makliker en skep ’n kapsule klerekas met jou swart items, dit maak aantrek soveel makliker.

Kombineer teksture

Balanseer verskillende klerestyle en teksture om diepte te skep in ’n kop tot toon swart uitrusting.

Balanseer kledingstukke

Wanneer ek ’n oversized/oorgroot styl dra balanseer ek dit met ’n kledingstuk wat meer noupassend sit. Weereens omdat ek so kort is, moet ek lengte vir myself skep, en dit help ook daarmee.

Jy kan steeds strends dra

Moet nie huiwerig wees om sogenoemde “fast fashion” trends by jou swart voorkoms te stileer nie, dit is 100% moontlik.

Items wat waarde dra tot jou klerekas

Wanneer jy nuwe klere-aankope maak – wees op die uitkyk vir daardie items wat werklik waarde sal bydra tot jou huidige klerekas. Die reël is universeel tot swart- en kleur-klerekaste.

Vervang jou stapelitems (gereeld!)

Vervang ook gereeld jou stapelitems in swart – vir die winter is hierdie items perfek vir “layering”.

Effens deursigtig ‘n interessante stylelement

Stileer jou swart met ’n deursigtige (sheer) kledingstuk. Dit wys ’n klein bietjie vel en lyk so sjiek in swart mits jy dit reg stileer. En help ook om balans te skep in ’n kop tot tone swart uitrusting.

Moet nie jou swart in son laat nie

Moenie dat jou swart klere in die son lê na ’n was nie, dit kan jou swart klere dof en vaal laat lyk.

Lint rollertjie – ‘n moet!

Hou ’n lint rollertjie altyd byderhand – hierdie handige item sal nog jou beste vriend word. Swart tel baie vinnig wolletjies en stof op.

Lig binne jou klerekas!

Hang ’n lig binne-in jou klerekas – dit maak dit makliker om onderskeid te tref tussen al jou verskillende swart items.

“Life is a fashion show and don’t let anyone tell you differently.”

Vir nog inspirasie volg vir Amy-lee Steenkamp op Instagram hier.

Lees ook: 8 Modebykomstighede wat nou trend

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Minimalistiese mode; is dit vir my en hoe kry ek dit reg?
error: Content is protected !!