8 Winter-modebykomstighede wat nou trend

Hierdie 8 winter-modebykomstighede trends het dadelik ons aandag gesteel. Of jy nou syserpies, gordels of ’n reuse sonbril verkies, hier is iets vir jou! Ons deel die top 8 winter modebykomstighede op ons stylradar wat jou doodgewone uitrusting na ’n 10/10 uitrusting sal omtower. Deur Justine Kroes

Die maklikste manier om met min moeite, modieus te lyk (en te lyk sof jy weet wat in die modewêreld aangaan) is om met jou bykomstighede te eksperimenteer. Dit is ook ’n lekker sakpas manier om in die modekollig te bly.

25/04/2025

1. Syserpe

Syserpe is in maar ons praat nie hier van jou Ouma se serpies nie. Vergeet van daardie lang serpe wat jy om en om jou nek draai (veral daardie met allerhande katte, lettertjies en windpompe op) en kies ’n kleiner “neckerchief”-styl serp.

Hierdie klein veelsydige serpie-styl kan jy rondom jou nek, poniestert, handsak en selfs om jou pols bind vir uitstaan effek.

Dra dit in jou hare so:

Foto: @despi_naka op Instagram

Dra dit om jou nek so:

Foto: @despi_naka op Instagram

Bind dit vas op jou handsak:

Foto: @despi_naka op Instagram

Of dra dit om jou lyf so:

Foto: @despi_naka op Instagram

Hier’s ‘n paar om van te kies:

Zara Scarf Polkadot Print (R499)
Ayana Banele Mono Satin Scarf (R250)

2. Meng jou metale

Zara Mismatched Geometric Earrings (R499)

Beslis nie nuut nie, maar hierdie tendens waar twee of meer metaal juweelskakerings saam gedra word is ’n eenvoudige tendens wat altyd ’n onverwagse, tog stylvolle stelling maak. Dra jou goue en silwer juwele saam – die tendens meen nie net gemenge metale in een juweelstuk nie – juis die mode-vryheid om jou gunsteling metale saam te dra.

Zara Metal Link Necklace (R499)
Zara Combined Geometric Ring (R499)  
Zara Necklace with Metal Pieces (R499)

3. Sonbrille wat ’n stelling maak

Foto: Vogue Runway Miu Miu Spring 2025 Ready to wear

Van reghoekige dun sonbrille verlede seisoen tot reuse groot en amper “gogga” oë sonbrille hierdie seisoen. Indien jy hierdie seisoen wonder; vra jouself – maak hierdie sonbrille ’n stelling? As die antwoord ja is, dan weet jy dit is die regte paar vir hierdie winter seisoen.

Foto: Vogue Runway Miu Miu Spring 2025 Ready to wear
Foto: @despi_naka op Instagram

4. Boheems-sjiek

Foto: Vogue Runway Zimmerman Fall 2025 Ready To Wear

Dink enige bykomstigheid in sweedsleer hetsy dit jou skoene of handsak is (fraaings in die geval is altyd welkom), lang halsnoere en groot metaal 70’s styl sonbrille. Enige bykomstighede wat jou boheems-sjiek laat lyk is vanjaar groot mode.

Foto: Vogue Runway Zimmerman Fall 2025 Ready To Wear

Loer net hier, gordels en serpe met fraiings alles so saam. Onthou dit beteken nie daardie tossel fraiing oorbelle nie. Dra jou fraiings eerder aan jou handsak, gordel of kledingstuk hierdie somer om meer 2025 en minder 2018 te lyk!

Foto: @streetstylespy.dk op Instagram
Foto: Vogue Runway Zimmerman Fall 2025 Ready To Wear

5. Gordels

Foto: @streetstylespy.dk op Instagram

’n Gordel bly een van daardie modebykomstighede wat die krag het om ’n hele uitrusting te transformeer. Dit definieer nie net jou middel nie maar bied ook ’n gepoleerde, netjiese, sjiek en afgeronde voorkoms.

Foto: Vogue Runway Ready to Wear 2025 Spring

Hierdie seisoen is dit die fokus op gordels wat aandag trek – van ketting gordels, tot groot gespes en selfs ’n hele klompie gordels onder mekaar af om jou middel gestapel.

Foto: @despi_naka op Instagram

Nog ’n manier waarop gordels gestileer word vir die winter is bo-oor jou baadjie of wintersjas. Ons hou natuurlik hiervan, dit gee lekker definisie aan ’n oorgroot baadjie of wintersjas en is boonop ’n lekker manier om tekstuur by jou uitrusting te voeg.

6. Mussies en balaklawa’s

Foto: @despi_naka op Instagram

Hierdie “om jou hele kop kappie, hoed, mussie- balaklawa” besigheid was eers vir ons vreemd – maar nou is ons 100% in op die trend.

Foto: @despi_naka op Instagram

Nie net is dit prakties nie (koebaai kroes reën hare!) maar wanneer die diep donker yskoue winteroggende eers arriveer sal ons nie omgee om hierdie outjies reg bo-oor ons koppe te trek nie. Warm ore, wange en nek! ’n stylvolle warm wen!

Zara Animal Print Balaclava (R599)
Desray Charcoal Scarf Beanie (R490)

7. Uit die see modebykomstighede

Hierdie een is al ’n ruk met ons, maar steeds, groot nuus. Bykomstighede van seester en skulpie-oorbelle tot koraalarmbande en hangertjies met reuse skulpe rondom jou nek. ’n Gunsteling Stylvol trend – dalk omdat ons die see so baie geniet! Hier is g’n reëls nie – kies eenvoudig ’n see-juweelontwerp wat die beste by jou stylpersoonlikheid pas – hetsy dit ’n klein skulpoorbel of n reuse seester rondom jou nek is.

Zara Multi-Charm Necklace (R599)
Pichulik Shellestial Pendant (R1 650)
Spicy Ava Nizza Freshwater Pearl Necklace (R1350)

8. Borsspelde

Mango Metallic Flower Brooch (R429)

Maar ook nie jou Ouma se tipe borspelde nie, dink blink, met interessante sterk ontwerpe.

Die “brooch” is terug en ons is opgewonde oor dié een! Op modeloopplanke, insluitend Johanna Ortiz en Miu Miu se 2025 modevertonings, is die nederige borsspeld besig om ’n terugkeer te maak.

Foto: Vogue Runway Miu Miu Fall 2025 Ready To Wear

Van klein na reuse oorgroot borsspelde is dit tyd dat daar weer iets interessants op jou borskas pronk.

Ayana Zintle Brooch (R150)
Zara Pack of 3 Rhinestone Flower Brooches (R549)  

Lees ook: 9 Tekkie-trends op ons radar

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kersgeskenke vir modeliefhebbers
error: Content is protected !!