Dié 5 mode trends is nou hoogmode, sal jy dit dra?

5 mode trends – van dramatiese krae en oorgrootte kledingstukke tot skoene met vierkantige punte, gebreide somer truitjies tot ’n klein onder-die-arm-handsakkie. Hierdie 5 mode trends is nou volop in die winkels beskikbaar en maklik genoeg om by jou klerekas in te werk – maar watter een van hierdie trends sal jy werklik dra? Deur Justine Kroes.

1. Vierkantige voorpunt-skoene

Of jy nou hierdie mode trend haat of daarvan hou is dit beslis een van die grootste mode trends wat oorgespoel het van 2020 af. Die bonkige tekkie was in 2019/2020 die top skoenkeuse maar 2020/2021 het die vierkantige voorpunt skoen die plek as top-skoentrend ingeneem.

Hierdie skoenstyl van die 90’s is deur ontwerper Bottega Veneta weer teruggebring en daarna het dit vlamgevat op loopplanke en aan mode-bloggers se voete. Ons sien dit meestal in hakskoene en selfs sandale vir die somer, maar ons weet sommer hierdie winter gaan die vierkantige voorpunt-stewelstyle volop wees.

Foto: Shutterstock

Dra dit so:

Hierdie skoen sal beslis enige uitrusting opkikker, dra dit by jou gunsteling somersrok, of by jou gunsteling denim en oorgroot baadjie.

Wenk: hierdie trend is een van daardie mode-items wat beslis gesien moet word, so moet nie huiwer om selfs ’n helder- of pastelskakering of kwiltafwerking te kies nie!

Country Road Yasmin Heel (R1599)
Mr Price Strappy Block Heel (R159,99)
Country Road Ava Heel (R799)
mode trend
Mr Price Slip on heel (R120)
mode trend
RUBI Abbie Scrunchie Heel (R599)
mode trend
Mr Price Plaited Block Heel (R199.99)

2. Dramatiese krae

Dramatiese, groot nek- en kraagdetail is ’n moet-hê item hierdie seisoen. Hierdie groot krae is eerste op die looplanke gesien by modehuis Chanel en daarna by Ganni. Die mode trend laat ons beslis dink aan die stilering in die gewilde Netflix reeks Queens Gambit.

Die verskillende kraagstyle voel soos ’n kombinasie van die prairie styl maar ook effens Viktoriaans met afwerkings van kant en frille, maar dan is daar ook die wat meer 70’s lyk met skerp punte.

mode trend
Mr Price Peterpan Collar (R50)

Nie net is die trend maklik om aan te pak nie, maar as jy nog in eindelose Zoom vergaderings sit, is die kraagdetail ’n vinnige manier om modieus te lyk van jou middel af boontoe.

Dra dit so:

As jy huiwerig is en eers wil toets of jy werklik hierdie trend sal kan aanpak – kies ’n los kraag wat jy maklik om jou nek kan vasbind. Dra dit by jou rokke of selfs bo oor ’n T-hemp. Jy kan dit selfs bokant ’n trui dra sonder dat die hemp bonkig sit en plooie maak onder jou trui.

Country Road Bib Ruffle Shirt (R1199)
Me & B The Maddie Collar Shirt (R545)
Cotton On Lulu Frill Blouse (R499)
Mango Ruffle Blouse White (R799 Superbalist)
Forever New Suzzie Pintuck Collar Blouse (R799)
Me & B The Gracie Collar Shirt (R545)

3. Oorgroot boyfriend baadjies

Staan opsy, noupassende, netjiese gesnyde baadjies – die oorgroot, lospassende boyfriend baadjies is terug in die mode. Vergeet van styf en ongemaklik – die “shacket” (shirt+jacket) styl asook die meer gedetailleerde baadjies met skouerkussinkies is terug in die mode.

Dink terug aan die lospassende (maar steeds netjiese) pakke van die 80’s wat oorgespoel het na die 90’s toe met die oorgroot-trend. Hou dit vanjaar modern en kies leer en interessante kleurskakerings en afwerkings vir jou oorgroot mode-stuk.

mode trend
Foto: Shutterstock

Dra dit so:

Selfs al is die oogroot (oversized) trend van kop tot tone groot nuus, is dit beslis nie vir almal nie. Ons raad – balanseer altyd jou proporsies. Dit beteken as jy ’n groot, lospassende baadjie dra, maak seker dat dit wat jy aan die onderste gedeelte van jou lyf dra, noupassend is. Kombineer jou boyfriend blazer met noupassende of regaf denims, ’n potloodromp of selfs ’n fietsry-styl kortbroek.

Country Road Wool Double Breasted Blazer (R2499)
Mr Price RT Double Breasted Blazer (R299,99)
Factorie Oversized Blazer (R599 Superbalist)
Forever New Sadie Double Breasted Blazer (R1499)
Country Road Blazer (R2499)
Glamour Idol Jacket (R799 Superbalist)

4. Onder die skouer handsak

Moet hê handsakke vir 2020 is hoe kleiner hoe beter. Daardie (amper reguit) handsakkies wat net-net om jou skouer en onder jou arm inpas is tans weer groot mode. Behalwe nou is hulle nie net reguit nie maar rond en half-sirkel style ook. Ek onthou ek het in die 90’s ’n soortgelyke neongroen handsak gehad … as ek hom maar net gehou het! Nylon en blinkleerafwerkings is veral vanjaar gewild.

Foto: Shutterstock

Dra dit so:

Kies ’n neutrale skakering soos swart of bruin as jy veilig wil speel en onthou pastel- en neonskakerings is in vir 2021 – indien jy meer uitdagend wil wees.

Wenk: Kyk uit vir ’n goedkoper opsie as jy nie honderde rande op hierdie seisoenale trend wil spandeer nie, veral as jy ’n helder skakering of bont ontwerp gaan kies.

RUBI Abby Angular Bag (R449 Superbalist)
Country Road
Poetry Plaited Handbag (R1199)

Mango Nastri Bag (R599 Superbalist)
RUBI Nylon Underarm Bag (R249 Superbalist)
Country Road

5. Gebreide somerbloese en -truitjies

Hierdie trend voel beslis vintage, maar met ’n luukse en moderne aanslag. Die geribde en eenskouer silhoeëtte sorg vir daardie moderne gevoel en die kortmoutruitjies met borduurwerk voel weer meer vintage.

Dra dit so:

Kombineer jou gebreide bloes of kortmoutruitjie met jou luukse sweetpakbroek vir ‘n atletiese “athleisure” voorkoms. Of dra dit by ’n midi-romp met tekkies of hakskoene vir ’n moderne voorkoms. Kies ’n kamisool in ’n bypassende kleurskakering as jou truitjie.

Cotton On Embroided Cami (R279)
Witchery Asymmetric Knit Top (R499)
Mango Selena Light Beige (R599)
mode trend
Zara Embroided Beads Crop top (R499)
Country Road Wool Silk Short Sleeve Knit (R899)
Zara Pointelle Knit Top (R419)

Lees ook: Lieflikke linne; al jou linne vrae beantwoord

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die nuwe blompatrone – dra dit so:
error: Content is protected !!