Chanel Holiday Collection
Chanel Holiday Collection

CHANEL vakansiegrimeerversameling; met die glansryke maan gepla

Dis vir ons elke jaar ’n hoogtepunt op ons ‘grimeerkalender’ om te sien waarmee CHANEL vorendag kom vir hulle vakansieversameling. Nes ons dink dit kan beslis nie mooier nie, dan word ons verras met ’n nuwe versameling wat nie mooier kan nie. Vir die Chanel HOLIDAY 2022 versameling is die skitterende maan en al sy fasette en kleure die inspirasie. Deur Suzanne Kotzé.

04/11/2022

Ons wens ons kon vir jou sê dat jy hierdie mooi grimering op jou Kerslysie moet skryf (sodat iemand anders jou kan bederf daarmee), maar die versameling vlieg elke jaar van die rakke af. So moenie wag as jy hierdie regtig wil hê nie.

Die MAANinspirasie agter die CHANEL vakansiegrimeerversameling

CHANEL se grimeerskeppingstudio wou elke fasset van die maan vasvang. Dink aan die skaduwee en lig, die eenvoud, maar ook die oordaad en skakerings van amber, rooi en goud. Oë, wange, lippe en naels kry hemelse glans terwyl die vel met heerlike gegeurde olie met goue en pêrelagtige deeltjies gloei, amper soos ’n CHANEL sterreruim,

Die CHANEL vakansiegrimeerversameling bestaan uit:

Éclar Lunaire Oversize Illuminating Face Powder

CHANEL Oversized Illuminating Face Powder beskikbaar in Cuivdre Dore of Rose (R1540, Woolworths.co.za of CHANEL boetieks in Sandton City, V&A Waterfront, Menlyn, Gateway)

Kyk net hoe pragtig is die ontwerp! So asof die simboliese N°5 ingeklad is op die maan- oppervlak in ’n satynagtige poeie deurdrenkr van fyn brons sprankel. Die algehele effek van die poeier skep ’n mooi pêrelagtige glans. Gebruik dit op jou gesigkontoere soos die onderkant van jou wangbene, bo jou lippe en op jou slape.

Les 4 Ombres – Ombres de Lune

Hierdie CHANEL Les 4 Ombres – Ombres de Lune palet (R1190) is beskikbaar by Woolworths.co.za of CHANEL boetieks in Sandton City, V&A Waterfront, Menlyn, Gateway)

Ons weet nie van jou nie, maar ons het dikwels met ’n oogpalet een skakering wat vinnig opgebruik word en die res bly soms nog vir jare vol. Dit gaan beslis nie die geval wees met hierdie een nie (tensy jy dit bloot eenvoudig nie wil gebruik nie omdat dit so mooi is). Die vier skakerings wissel van pêrelagtige koper en goud tot satynagtige brons en mat bruin om jou oë van grimeervreugde te laat sprankel.

Foto; CHANEL Beauty
Wend dit so aan

Gebruik die koper of brons skakering op jou ooglid en die mat brons skakering op die buitehoeke van jou oog en meng dit uitwaarts. Wend die bruin ook onder jou onderste wimpers aan. Tik die goue kleur in die binnehoeke van jou oë.

Duo Lumière

Die jel formule en sprankelende kleur kan gebruik word om jou wenkbroue subtiel te laat skitter, of op jou wimpers en ooglede.

Wenk; wend ‘n tikkie bo-oor jou maskara aan vir eksta skitter.

Rouge Allure L’Extrait

Hierdie mooi skakerings is Brun Lunair (warm bruin) Rose Invincible (bruinerige rooshout), Rouge Sélène (oranje rooi) en Rouge Royal (kersie rooi) Dit is R1130 elk en is beskikbaar by Woolworths.co.za of CHANEL boetieks in Sandton City, V&A Waterfront, Menlyn, Gateway)

Gee warm glansryke kleur aan jou lippe.

Le Vernis

Van links na regs: CHANEL Le Vernis in Clare de Lune (R575 elk) en Super Lune en Shimmering Amber Top Coat (R575, Woolworths.co.za of CHANEL boetieks in Sandton City, V&A Waterfront, Menlyn, Gateway)

Die koperige amber skakering Shimmering Amber Top Coat gee ‘n pragtige pêrelagtige glans aan jou naels en kan bo-oor enige kleur aangewend word.

Wenke

Foto: CHANEL Beauty

Doen eers jou ooggrimering en dan jou onderlaag

Glo ons, hierdie spaar soveel tyd. Veral as jy lus het om bietjie te ekserimenteer en rond te speel met die mooi skakerings. As jy dalk mors (hierdie fyn oogskadu is wel minder geneig om te mors), hoef jy nie weer onderlaag aan te wend nie. Mors eerder klaar, vee af en wend onderlaag aan.

Dra jou rooi lipstiffie met selfvertroue

Daar is net iets omtrent rooi lipstiffie wat jou selfvertroue ’n hupstoot gee. As jy egter rooi lippe dra, dra dit met houding. En ons is dalk nie altyd lus vir aandag trek nie, of jy verkies dalk bloot ’n meer natuurlike voorkoms, dra dan een van die meer natuurlike lipstiffie- kleure. En dis ook oukei. Soms wil ’n mens nie uitstaan nie.

Wees kreatief met jou oogpalet

Speel rond met verskillende skakerings en probeer iets nuuts. Jy hoef nie die heeltyd dieselfde grimeervoorkoms te skep met dieselfde kleure nie. Hoekom nie die ligste skakerings sommer op jou kupido-bogie aanwend om jou lippe te beklemtoon nie? Of die bruin as oogomlyner ook te gebruik nie?

Beskikbaar by die CHANEL grimeer- en parfuumboetieks in Sandton City, V&A Waterfront, Menlyn, Gateway

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
pixie haarstyle
Die koelste inspirasie vir pixie-haarstyle wat jy nou moet probeer
error: Content is protected !!